Blou Bul Bloggers - Archives  

Programme for Saturday's Bok test
Posted on Monday, August 21, 2006 - 15:53
The fun aind games start early on Saturday when Loftus Versfeld plays host to the Springboks' Vodacom Tri-Nations test against the All Blacks.

The match-day programme is:

11:00: Deliveries close
12:00: Gates open
12:10: Blue Bulls v Pumas (provincial amateur competition)
13:00 - 14:15: First session at Vodacom Village with Hugo
(Vodacom Village shuts down half and hour before the game at 14:30)
15:00: South Africa v New Zealand
17:15 - 18:45: Second session at Vodacom Village with Jakkie Louw


Blue Bulls Blog
tsk, tsk, tsk...
where are the bulls?
when they are winning, they have bigger mouths than kimberley se gat. now that they are losing, they are gone.

province is winning at the moment, and our mouths are big. but WHEN we lose a game, we are not gonna dissapear...believe me.

(THIS IS THE WORD OF weepee man on superbru.com!

now i know why my dad hated the weepee for so long!!!!

 
Posted by BIGBLUE (Pretoria) on Monday, August 21, 2006 - 16:20
BIGBLUE
Het jy my e-mails gekry?
Posted by Terry (Pretoria ) on Monday, August 21, 2006 - 16:42
Ek gaan my Bulle try dra.
Posted by PotBlou (Pretoria) on Tuesday, August 22, 2006 - 09:14
BIGBLUE
Volgens die nuutste weervoorspelling is die oorstromings, vloede en baie reën omdat die WP vir die eerste keer weer in 5 jaar ordentlike rugby speel.
Hoop die bokke maak ons trots.
Posted by Karoobul (Beaufort West) on Tuesday, August 22, 2006 - 12:51
dankie Terry! ek het dit gekry.

en ja karoobul jy maak sin!
daai klomp mense daar onder mag dalk harde les leer van die bulle!!!
Posted by BIGBLUE (Pretoria) on Tuesday, August 22, 2006 - 13:03
Hey, Potblou,
Nie geweet jy kan 'n "try" dra nie. "Try" maar weer, of "try" al die ander wen. Nag ou Grote.
P.S. Check die "LOG!!!!!!!"
Terloops "Hoe verloor 'n Bul sy vrou?"
........."Hy, Cheetah!!!"
Posted by Kaapse Klong (Benoni) on Tuesday, August 22, 2006 - 16:42
hy kaapse klong! wat van jy bly by jou cheeter website en los die mense wat kan dink uit o.k?

oo ja as ek my nie misgis nie het die "slegte blou bulle span" die alle grote champs op hulle gronde ge looi!!!!!

gaan slaap!!!!!
Posted by BIGBLUE (Pretoria) on Wednesday, August 23, 2006 - 07:53
Môre Blou bul land. Van die os op die jas, wie van julle was laasnag op Loftus om die finaal tuseen TUT en Bobbies te kyk, wat 'n GAME
Posted by Carling BLOU label (Pretoria) on Wednesday, August 23, 2006 - 08:52
Bigblue,
Na hierdie naweek gaan jy jou "Screen" naam verander na "BIGBLUE & WHITE" en jy moet sommer jou sorge verdrink saam met "Carling BLOU label". Drink maar 'n paar Cape Town Lagers!!
Posted by Kaapse Klong (Benoni) on Wednesday, August 23, 2006 - 09:13
For all those going to watch the Boks vs the All Blacks this weekend, here is a little tid bit of info. There will be petitions to sign, protesting the governments interference in sports. I hope all will sign when you are there.
Posted by RichDG (Coopersville, MI.) on Wednesday, August 23, 2006 - 23:48
We all should be rooting on the Sharks this weekend. Yes, if the Sharks win, they will either be tied with us, or ahead by 1 point. But it keeps WP in range. They have 33 points and we have 30. A WP win moves them to either 7 or 8 points ahead. Since we play them next week, we want them with in 3, so we can by pass them. We can pass the Sharks by beating them next time around. The only team we can't catch on our own, is the FS. They should move 4 points or 5 ahead of us this weekend. The best we can do by ourselves is to tie. We need them to lose to someone else along the line.
Posted by RichDG (Coopersville, MI.) on Wednesday, August 23, 2006 - 23:57
Hallo alle grasvreters,

Die VF+ hou Saterdag n petisie teen politiek in sport.Gaan ondersteun dit asb.Hoop ons kan saamstaan teen hierdie teerpunt!!

Beste
Posted by Vrystaatboer (Nelspruit) on Thursday, August 24, 2006 - 09:53
Daai ou wat so kommentaar lewer oor die bulle,shame moet seker ou W.P ook n kansie gee om te voel hoe dit is om te wen.Always Blue in die buite land
Posted by always blue (Krugersdorp) on Thursday, August 24, 2006 - 17:48
Was ek nou bly om te sien Marius Joubert kom nie na die Bulle toe nie.
Posted by Terry (Pretoria ) on Friday, August 25, 2006 - 08:07
Ek sien op Keo,iemand wat ek altyd gedink het is negatief oor die Bokke,dat hy reken ons gaan met 7 punte wen more.Ek hoop hy is reg!
Posted by Marcel (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 08:07
Koning Blou - 23 vs 19
Blou&blou - 31 vs 26
Marcel - 33 vs 24
Hennie - 26 vs 23
Terry - 21 vs 17
Bloumal - 24 vs 20
Carling BLOU - 27 vs 25
Posted by Koning Blou (Centurion) on Friday, August 25, 2006 - 08:07
Hi Terry

Is jy nog steeds by die werk?
Posted by Marcel (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 08:08
More Marcel
Ja ek werk nog steeds, en ek werk die hele blerrie naweek ook.
Posted by Terry (Pretoria ) on Friday, August 25, 2006 - 08:10
Is dit net ek of is daar nie regtig nuwe nuus nie. Dalk is dit omdat die Bulle nie die naweek speel nie. lol
Posted by Terry (Pretoria ) on Friday, August 25, 2006 - 08:12
Jis my maat my innige simpatie,weet nie hoe kry jy dit reg nie.

Was ook baie bly om te hoor MJ kom nie na ons toe nie,dit sal beteken ons beweeg in die verkeerde rigting.
Posted by Marcel (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 08:14
Yes Marcel, ons het klaar begin verkeerd gaan met Hottie en Brosnihan .......
Posted by Koning Blou (Centurion) on Friday, August 25, 2006 - 08:18
Goeie môre Blou Bloggers,

Jissie maar julle het al vanmôre geblog. My score as volg:

Bokke - 29 vs AB's - 17
Posted by BLOU MAMBA (Johannesburg) on Friday, August 25, 2006 - 08:21
Net so KB,kyk net wat gebeur met Kuun.Daai outjie moes lankal sy plek in die begin 15 verseker het.

Terloops,die jonges waaroor jy gister gepraat het.Daai Watemeyer seun het baie talent,maar dink jy nie hy is bietjie van 'n showboat nie?In die cravenweek finaal het hy darem bietjie te erg vir die kamera ge-pose vir iemand so jonk.
Posted by Marcel (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 08:24
Ek sien die bulle is op soek na 'n Binne senter en nie Buite senter nie.
Wie dink julle kan die Bulle probeer in die hande kry, ek kan nie nou aan iemand dink nie.
Posted by hennie (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 08:25
Goeie more BLOU MAMBA.
Posted by Marcel (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 08:25
Marcel,

Watermeyer is nog jonk. Hy sal wel gou terug kom aarde toe as hy in die groot liga speel. Geeneen is groter as die game self nie. Hy het baie talent, maar moet net nie grootkop kry nie.
Posted by BLOU MAMBA (Johannesburg) on Friday, August 25, 2006 - 08:28
Marcel ek dink as jy soveel rekords gebreek het kan jy dalk bietjie grootkop kry maar ek dink daardie ouens sal baie vinnig terug kom aarde toe as hulle in die Blou Bul setup kom.
Posted by hennie (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 08:29
Ek hoop so Hennie,dat hy goed is is nie te betwyfel nie.Maar jy weet hoe gaan profesionele sport deesdae.Die spelers se ego's word groter as die game.
Posted by Marcel (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 08:31
More BlOU MAMBA
Ons praat die selfde taal.
Ek het daardie Willis outjie gesien die naweek met die Beeld Trofee hy is nogal baie dodgy met sy voetwerk ek dink hy kan dalk 'n groot aanwins wees vir die bulle op vleul.
Posted by hennie (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 08:32
Môre Hennie,

Dit is nes jy daar sê. Ek het hom al baie games sien speel maar net op TV. Is hy 'n groot senter. Hy lyk vir my so bietjie aan die ligte kant. Alhoewel die BULLE sal hom gou kondisioneer.
Posted by BLOU MAMBA (Johannesburg) on Friday, August 25, 2006 - 08:33
So ietsie op suparugby oor JW se "B" span.Dink dit som die situasie nogal goed op.

Smit kaptein van White se B-Bokke - André Bester << Back
2006-8-24

Jake White is doodreg. Hy speel wel met ‘n B-span. Die probleem is, hy het nog bitter min die A-span gekies. En was dit nie dat ‘n span verlede jaar met die Aussie-toets op Ellispark vir hom gekies is nie, het sy B-span hom al ingehaal.

White soek die publiek se simpatie dat hy nou met ‘n Springbok B-span teen die All Blacks opdraf, maar dit is ‘n rookskerm.

Wat wel baie nader aan die waarheid is, is dat hy van meet af B-span-spelers gekies het en dat dié manne nog sy ondergang gaan bewerkstellig.

Hoe lank het hy byvoorbeeld met Jaco van der Westhuyzen aangehou voordat hy besef het hy is nie ‘n internasionale losskakel nie.

Toe Jaco vanjaar wéér nie aan die verwagtinge voldoen nie, het hy die verskoning gebruik dat die provinsiale keurders die losskakel uit posisie uit speel. White moet egter besef dat die provinsiale afrigters gewéét het Jaco is NIE ‘n losskakel nie.

En dan karring White nog steeds aan met John Smit – ‘n tipiese voorbeeld van sy B-span spelers.

Schalk Brits is wel beseer, maar daar is nie ‘n vergelyking tussen hom en Smit nie.

En met voorverlede jaar se Ellispark-toets het hy soos ‘n steeks donkie aangehou met De Wet Barry en het Brian van Rooyen hulle nie toe gedwing om Ricky Januarie en André Pretorius en Jean de Villiers en Jaque Fourie saam te kies nie, het hy dalk nooit hierdie skuiwe gemaak wat hom verlede jaar sukses laat behaal het nie.

Voor die Ellispark-toets was Barry en Marius Joubert sy senterpaar en het De Villiers vleuel gespeel en Fourie net af-en-toe uit posisie gespeel.

Toe het hy ook met Danie Rossouw op flank volhard en was Jacques Cronjê – soos nou – sy agtsteman.

Nodeloos om te sê het Rossouw aan die kant van die skrum op hom geboemerang. Net soos Cronjé wat steeds nie as ‘n internasionale agtsteman vertroue inboesem nie.

En oor Luke Watson is daar al genoeg geskryf. Die ironie is indien Pieter de Villiers ooit die afrigtingspos kry, word die einste dalk die kaptein!

So, ja, hy speel waarskynlik met ‘n B-span, want hy kies ‘n B-span."


 
Posted by Marcel (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 08:35
Yes Hennie,

Nou praat jy. Ek wou nog so ietsie van die Wynand Willis noem, maar kon vir 'n wyle nie sy naam onthou nie. Daai ou gaan nog groot rugby speel. Hy sal dalk nog die nuwe Mametsa word van die Bulle.
Posted by BLOU MAMBA (Johannesburg) on Friday, August 25, 2006 - 08:36
Koning Blou - 23 vs 19
Blou&blou - 31 vs 26
Marcel - 33 vs 24
Hennie - 26 vs 23
Terry - 21 vs 17
Bloumal - 24 vs 20
Carling BLOU - 27 vs 25
BLOU MAMBA - 29 VS 17
Posted by Koning Blou (Centurion) on Friday, August 25, 2006 - 08:37
Ek sien Conrad Jantjes gaan Kaap toe. Wonder net waar gaan hy speel.
Posted by BLOU MAMBA (Johannesburg) on Friday, August 25, 2006 - 08:39
Koning Blou - 23 vs 19
Blou&blou - 31 vs 26
Marcel - 33 vs 24
Hennie - 26 vs 23
Terry - 21 vs 17
Bloumal - 24 vs 20
Carling BLOU - 27 vs 25
BLOU MAMBA - 29 VS 17
B B Franklin - 20 vs 18
Posted by Koning Blou (Centurion) on Friday, August 25, 2006 - 08:41
Nou kan JW sien dat al sy opmerkings op hom begin boemerang en dit doen meer skade as iets anders.
BM dit is moeilik om Watermyer se groote te skat as ek nou net kan bespiegel is hy omtrent Jean de Villiers se size.
Posted by hennie (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 08:47
Nou waar is almal nou?
Posted by BLOU MAMBA (Johannesburg) on Friday, August 25, 2006 - 08:47
Goeiemôre al die Bulle ondersteuners

Het hier ook lekker reën gehad, maar gelukkig geen storm nie.

Wie het gisteraand Supersport geluister. Toe daar aan Naas die eerste vraag gevra word oor die baie beseerde spelers. Het hy sommer dadelik die vraag afgeskiet deur te sê ons moet ophou om agter daardie skerm weg te kruip.

Man ek wens die politiek in die rugby wil ent kry, want ek kan nie wag om hom as springbok afrigter te sien nie. Maar ek weet ook hy sal nie eers daaraan dink, voor al die nonsens met die rugby nie uitgesorteer is nie.

In elk geval sal ons maar môre vir die bokke skree en vir die beste hoop.

Koning Blou - 23 vs 19
Blou&blou - 31 vs 26
Marcel - 33 vs 24
Hennie - 26 vs 23
Terry - 21 vs 17
Bloumal - 24 vs 20
Carling BLOU - 27 vs 25
BLOU MAMBA - 29 VS 17
B B Franklin - 20 vs 18
Nog altyd Blou Bul - 25 vs 18

 
Posted by Nog altyd Blou Bul (germiston) on Friday, August 25, 2006 - 08:47
Koning Blou - 23 vs 19
Blou&blou - 31 vs 26
Marcel - 33 vs 24
Hennie - 26 vs 23
Terry - 21 vs 17
Bloumal - 24 vs 20
Carling BLOU - 27 vs 25
BLOU MAMBA - 29 VS 17
B B Franklin - 20 vs 18
NDB - 26 vs 21
Posted by Koning Blou (Centurion) on Friday, August 25, 2006 - 08:51
Koning Blou - 23 vs 19
Blou&blou - 31 vs 26
Marcel - 33 vs 24
Hennie - 26 vs 23
Terry - 21 vs 17
Bloumal - 24 vs 20
Carling BLOU - 27 vs 25
BLOU MAMBA - 29 VS 17
B B Franklin - 20 vs 18
NDB - 26 vs 21
Nog Altyd Blou Bul - 25 vs 18
Posted by Koning Blou (Centurion) on Friday, August 25, 2006 - 08:52
KB,

Die bloggers hou jou lekker besig nê?
Posted by BLOU MAMBA (Johannesburg) on Friday, August 25, 2006 - 08:53
Bokke 20 - All Blacks 18

Terry ek sien jy se jy het 'n groot party aan vanaad, dit is nie dalk by Silverton Rugbyklub se lapa nie?
Posted by Blou (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 08:54
Wat het geword van Gio Cronje, speel hy nou glad nie meer rugby nie?
Posted by BLOU MAMBA (Johannesburg) on Friday, August 25, 2006 - 08:54
Ja BM, ek probeer maar bybly soos ek kan!! Gaan egter nie heeldag op die blog wees nie so dan sal iemand maar moet oorneem!
Posted by Koning Blou (Centurion) on Friday, August 25, 2006 - 08:55
Koning Blou - 23 vs 19
Blou&blou - 31 vs 26
Marcel - 33 vs 24
Hennie - 26 vs 23
Terry - 21 vs 17
Bloumal - 24 vs 20
Carling BLOU - 27 vs 25
BLOU MAMBA - 29 VS 17
B B Franklin - 20 vs 18
NDB - 26 vs 21
Nog Altyd Blou Bul - 25 vs 18
Blou - 20 vs 18
Posted by Koning Blou (Centurion) on Friday, August 25, 2006 - 08:55
Hallo julle - ek is maar skaars deesdae (daai krieket mense hou my besig)

'n Naweek is maar nie dieselfde as ons Bulle nie speel nie.

Ek dink ons Bokke gaan Saterdag kook! 'n VOL Loftus gaan hulle help tot 'n 28-20 pakslae!
Posted by Anon (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 08:57
Goeie more Nog altyd Blou Bul
lank laas met jou gesels. Bly om te hoor jy het nie weg gespoel nie, ons het vreeslik haal gekry.
Posted by Terry (Pretoria ) on Friday, August 25, 2006 - 08:59
Koning Blou - 23 vs 19
Blou&blou - 31 vs 26
Marcel - 33 vs 24
Hennie - 26 vs 23
Terry - 21 vs 17
Bloumal - 24 vs 20
Carling BLOU - 27 vs 25
BLOU MAMBA - 29 VS 17
B B Franklin - 20 vs 18
NDB - 26 vs 21
Nog Altyd Blou Bul - 25 vs 18
Blou - 20 vs 18
Anon - 28 vs 20
Posted by Koning Blou (Centurion) on Friday, August 25, 2006 - 08:59
Hallo Anon,

Jy is omtrent skaars ou maat!!
Posted by Koning Blou (Centurion) on Friday, August 25, 2006 - 09:00
Blou
Ongelukkig nie, dit is iewers op 'n lodge anderkant Heidelberg.
Posted by Terry (Pretoria ) on Friday, August 25, 2006 - 09:00
More Anon
Is jy dalk iemand nuut op ons blog, wil jou net baie welkom heet. lol
Posted by Terry (Pretoria ) on Friday, August 25, 2006 - 09:02
Welkom Anon,

Het al vergeet jy was op die blog.
Posted by BLOU MAMBA (Johannesburg) on Friday, August 25, 2006 - 09:04
Môre Terry

Ja was die week vrek besig. Maar het darem gereeld ingeloer en die blog gelees.

Ja ek het ook 'n gevoel oor môre, maar as die okke nou vir ons 'n ding of twee wil wys, moet hulle dit op ons geliefde veld vir ons wys. Ons waardeer dit dalk net meer.

Dis inelk geval baie lekkerder om op Fort Loftus te speel en rugby te kyk as op enige ander plek
Posted by Nog altyd Blou Bul (germiston) on Friday, August 25, 2006 - 09:07
LOL
Posted by Anon (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 09:07
Terry

Jy het nog altyd 'n goeie sense vir humor gehad
Posted by Anon (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 09:09
Het aan 'n blink plan gedink as ons Curriebeker ten einde se kant toe staan en ons in die semis gaan speel. Ons moet 'n Blou Bulle getekende bal (die spelers) gee aan die persoon wat die naaste is met die 1st semi Bulle vs WP game is

Wat dink julle
Posted by Anon (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 09:12
Anon
Wat hou hulle jou so besig, is dit al di parties wat hulle hou. Wat jou van die blog af hou, of werk jy maar net hard.
Posted by Terry (Pretoria ) on Friday, August 25, 2006 - 09:14
Dit klink nie sleg nie, of dalk 'n trui. Weet nie of ek jou al gevra het of jy ons join by Fanies Place in Centurion vir die Bulle vs Wiepie game nie.
Posted by Terry (Pretoria ) on Friday, August 25, 2006 - 09:16
Ek sien in vandag se "Waarheid" bladsy 26 so 'n ou klein wegsteek beriggie oor Polisie se wen teen TUT.
En die BBRU swyg in sewe tale op die webwerf.
Posted by Blou&blou (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 09:16
Waar is almal nou?
Posted by Terry (Pretoria ) on Friday, August 25, 2006 - 09:26
Hi Anon

Jis maar jy is omtrent skaars my maat!Soos Terry se wil ons volgende week bymekaar kom vir die game,hoop jy gaan dit maak.
Posted by Marcel (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 09:27
More almal

HALLO ANON!!! JIPEE!!
Ek het gewonder of jy dalk gedink het die Bul ondersteuners kry ook af oor die Bulle af is vir die week!!!

My telling is 26 -21 vir die Bokke.
Hulle moet uithelp, ek kan nie weer teleurgesteld van Loftus af ry nie.
(dis te ver om te ry en depressief te wees)
Posted by NDB (Johannesburg) on Friday, August 25, 2006 - 09:28
Koning Blou - 23 vs 19
Blou&blou - 31 vs 26
Marcel - 33 vs 24
Hennie - 26 vs 23
Terry - 21 vs 17
Bloumal - 24 vs 20
Carling BLOU - 27 vs 25
BLOU MAMBA - 29 VS 17
B B Franklin - 20 vs 18
NDB - 26 vs 21
Nog Altyd Blou Bul - 25 vs 18
Blou - 20 vs 18
Anon - 28 vs 20
 
Posted by Koning Blou (Centurion) on Friday, August 25, 2006 - 09:30
Baie goeie idee Anon. Jammer ons kan nie iets soos 'n getekende foto van die span in die hande kry nie ......
Posted by Koning Blou (Centurion) on Friday, August 25, 2006 - 09:31
Nee Terry

As ons so design dan sit die mense langs my by die rekenaar - sien al julle mails deurkom, maar verder kan ek nie veels doen nie. Laas Vrydag met die Bulle Game was daar 'n klient tot 20h30 langs die rekenaar

 
Posted by Anon (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 09:35
KB

Niks is onmoontlik nie - onthou jy nog! Ons Bloggers, as ons dinge doen dan doen ons dit mos groot. Sal bietjie navrae doen

Al moet ek die fotos plaas en uitdruk en hulle dit net teken - og hoe?
Posted by Anon (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 09:37
NDB - LOL
Posted by Anon (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 09:39
Goeie idees wat na vore kom alweer.

Dit sal great wees.
Hoeveel tellings mag mens raai Anon? (lol)

 
Posted by NDB (Johannesburg) on Friday, August 25, 2006 - 09:43
Terry

Sal kyk - klink goed 95/5 kans dat ek kan gaan
die 5% is vroulief se sê (LOL)
Posted by Anon (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 09:44
Anon/KB,

Een van my kliente se buurman is Ruan Vermeulen (bly in Moreleta park). Ek sal bietjie met hom gesels om by Ruan te hoor of daar 'n moontlikheid is dat ons handtekeninge op ' bal/trui of foto's kan bekom. Ek is goed bevriend met Lourens Campher wat nie so lank terug nog vir die Bulle stut/haker gespeel het en sal by hom hoor of hy vir ons kan help. Laat weet julle teen Maandag laatste. As ek regkom dan koop ek sommer 'n bal.
Posted by BLOU MAMBA (Johannesburg) on Friday, August 25, 2006 - 09:44
So daar is eenparig besluit dat die Bulle in die Semi's teen die WP speel - neem ek aan!

Bloggers, ek hou van die manier hoe julle dink!
Posted by Anon (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 09:46
BLOU MAMBA dit klink goed - ek sal jou back up wees indien nie. Ek dink ons moet 'n R10 inskrywings fooi vra, wat ons kan gebruik vir die koop van die bal of trui, so NDB, jy mag jou 100 inskrywings maak LOL
Posted by Anon (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 09:47
Of dalk was dit net `n minor detail Anon. (lol)
Posted by NDB (Johannesburg) on Friday, August 25, 2006 - 09:49
Kwalifiseer ek nie vir `n afslag nie?
Posted by NDB (Johannesburg) on Friday, August 25, 2006 - 09:51
Skuus Marcel 9:44 was vir jou
Posted by Anon (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 09:51
NDB Afslag?

'n Rugby trui sonder moue?
Posted by Anon (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 09:52
Ja ek ken Basil Carzis wat die Bulle se fiksheid ghoeroe is se broer ook goed. Sal by hom hoor of hy nie iets kan reel nie ......
Posted by Koning Blou (Centurion) on Friday, August 25, 2006 - 09:52
Anon,

Dan maak on so. Miskien laat ek julle teen einde van die dag nog weet of dit gedoen kan word.
Posted by BLOU MAMBA (Johannesburg) on Friday, August 25, 2006 - 09:52
Ek is so bly die sonskyn weer want om more op daai paviljoen te gaan sit in die reen, weet ek darem nie so mooi nie. Sal nog daar sit as ek beslus geweet het ons het 'n kans om te wen.
Posted by BlueBullFranklin (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 09:55
Kyk net daar! Hier gaan ons bloggers weer! Wat van die geld wat oorbly in die kitty kan ons gebruik vir 'n Wissel Trofee aan die Blogger met die beste gemiddeldes op AL die voorspellings. Myler hou mos rekord
Posted by Anon (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 09:56
ANON LOL

Wel wie weet, n getekende trui sonder moue is dalk volgende jaar se "BIG THING"
Posted by NDB (Johannesburg) on Friday, August 25, 2006 - 09:56
Het jy gesien hoeveel kos truie deesdae Anon, ek twyfel of daar geld sal oorbly!!
Posted by Koning Blou (Centurion) on Friday, August 25, 2006 - 09:59
Anon
Of 'n trui wat ons pensies wys.
Posted by Terry (Pretoria ) on Friday, August 25, 2006 - 09:59
Hi daar almal!

Jissie, maar julle is omtrent op ''roll'' vanoggend, baie impressive!
Posted by MORNE FAN. . . (PRETORIA) on Friday, August 25, 2006 - 10:02
Koning Blou
Veral as dit 'n BUL trui is, die ander gee hulle op state hoek uit.
Posted by Terry (Pretoria ) on Friday, August 25, 2006 - 10:03
More MORNE FAN
Posted by Terry (Pretoria ) on Friday, August 25, 2006 - 10:03
KB - eks mos in die bedryf - sal 'n plan kan maak man
Posted by Anon (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 10:04
Anon,

My klient geskakel. Hy gaan met vanaand met Ruan gesels en ons laat weet wat is wat. Hy reken dit sal nie 'n probleem wees nie.
Posted by BLOU MAMBA (Johannesburg) on Friday, August 25, 2006 - 10:04
Hallo Terry!
Posted by MORNE FAN. . . (PRETORIA) on Friday, August 25, 2006 - 10:05
Ek dink nie ons gaan regkom met die handtekeninge op wat ook al nie. Ek het probeer om, deur 'n baie goeie kontak, die spelers se handtekeninge op 'n bal te kry maar die antwoord was dat SPORTORIA die habdelsreg hou en as 'n span mag hulle dit nie doen nie.
Individueel is daar blykbaar nie 'n probleem nie maar dit is 'n groot storie om elkeen op te soek en keer jy hom vas kap hy jou met 'n "ignore"
Posted by Blou&blou (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 10:05
Blou&blou,

Kom ons kyk wat ek kan reg kry.
Posted by BLOU MAMBA (Johannesburg) on Friday, August 25, 2006 - 10:07
Net so lank julle laat weet ek dra 'n medium
Posted by BlueBullFranklin (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 10:08
BlueBullFranklin
Ha ha ha
Posted by Terry (Pretoria ) on Friday, August 25, 2006 - 10:09
Mooi Blou Mamba
Posted by Anon (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 10:10
More MORNE FAN
Posted by Koning Blou (Centurion) on Friday, August 25, 2006 - 10:10
Wat van as hulle so handtekeninge uitdeel na die tyd, die hele span kom tog uit? Of as hulle dinsdag by die skou is?! Of die naweek in Hatfield?! (Is dit nou Hatfield?!)
 
Posted by MORNE FAN. . . (PRETORIA) on Friday, August 25, 2006 - 10:11
'n Goeie more aan Koning Blou ook!
Posted by MORNE FAN. . . (PRETORIA) on Friday, August 25, 2006 - 10:12
Ek hoop werklik jy kan dit regkry BLOU MAMBA want ek is normaalweg baie gelukkig met sulke dinge en ek sal graag 'n hemp van die Bulle wil hê, met al die handtekeninge op. :-)
Posted by Blou&blou (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 10:15

Ek myself Blou & Blou, maar net ou Mornè se handtekening kan ook doen! :-) Ha ha ha
Posted by MORNE FAN. . . (PRETORIA) on Friday, August 25, 2006 - 10:19
Joke van die dag.

Vraag: Wanneer weet jy het die Rand werklik sy waarde verloor?

Antwoord: Wanneer die prostitute begin vas uitgaan.
Posted by Terry (Pretoria ) on Friday, August 25, 2006 - 10:20
Goeie een Terry!
 
Posted by MORNE FAN. . . (PRETORIA) on Friday, August 25, 2006 - 10:23
Vir interressantheid

Ek het 2 baie groot banners met al die bulle se handtekening daarop vanaf 2002tot 2004. Die enigste een wat ek nie het nie is Ettiene sin want hy was nie die dag daar toe die res geteken het nie. Hy het 'n skouerbesering gehad en soos ons almal weet sal ek dit nou nooit hê nie.
Julle kan handtekenings Maandae kry na die oefeninge van die Bulle op die B veld by loftus. Dit is waar ek en Blou ons handtekeninge gekry het
Posted by Bloumal (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 10:24

Wow Bloumal! Wat vertel jy ons nou!!!
Posted by MORNE FAN. . . (PRETORIA) on Friday, August 25, 2006 - 10:27
Nog èèn:
Di skooljaar is weer in volle swang & dis Jannie se 2de dag op skool.Tot sy ma se verbasing is hy 10uur di oggend al terug by di huis.Waarom
is jy nou al terug?" vra sy ma. "Di meneer & juffrou het gaan braai" vertel Jannie."Gaan braai, op 'n Dinsdag oggend wanner hulle moet werk? Hoe
weet jy dit?" vra sy ma. "Meneer het vir juffrou oor di interkom geroep & gesê sy moet haar rooster bring, toe kom ek maar huistoe want ek weet hoe
lank vat 'n braai!"
 
Posted by MORNE FAN. . . (PRETORIA) on Friday, August 25, 2006 - 10:30
Nou kyk nou net, hier is nou ook die antwoord op my probleem. Dankie Bloumal!
Posted by Blou&blou (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 10:31
Yip hulle oefen Maandae daar vanaf so 14:00. Die coach (Heinecke) het selfs met ou Gavin Passens geraas toe hy nie wou teken nie want hy sê vir hom dis ons wat hulle dra. Blou jy moet my net help met die regte tye want ek kan dit nie so lekker onthou nie.
Posted by Bloumal (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 10:32
MORE,MORE ALMAL; net vrek besig kry nie tyd om te kuier, net iets vinnig wie het gister aand boots & all gesien ,[mof myburg party]dit is nou bokke en bulle, ek verstaan nie hoekom jw se b span so baie op die oefen veld beseer word, daar is duidelik iets fout met sy afrigting ,wat nog as hulle sat moet speel en kontak maak land die helfte in h.f.verwoerd ,dit is tyd dat hy na homself en na sy afrigtings span kyk [klom idiote]
Posted by phillip (STRAND) on Friday, August 25, 2006 - 10:32
Hoop nie julle gee om nie maar ek dink hierdie is 'n goeie grappie.

Raas maar as ons nie sulke dinge mag doen nie.

A SMILE FOR TODAY

I think you're the father of one of my kids.

A guy goes to the supermarket and notices a beautiful blond
woman wave at him and say hello. He's rather taken aback,
because he can't place where he knows her from. So he says,
"Do you Know me?"

To which she replies, "I think you're the father of one of my
kids."

Now his mind travels back to the only time he has ever been
unfaithful to his wife and says, "My damn, are you the stripper
from my bachelor party that I laid on the pool table with all
my buddies watching, while your partner whipped my butt with
wet celery???"

She looks into his eyes and calmly says, "No, I'm your son's
math teacher."
 
Posted by Blou&blou (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 10:33
O ja en my en Blou se vrouens wou tog net aan Derick raak toe staan hy selfs vir fotos saam met hulle en die kinders. Die gees daar is wonderlik en ontspanne.
Posted by Bloumal (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 10:35
Môre phillip,

SARU het blykbaar nou opdrag gegee dat die duiksakke nie so geniepsig moet wees nie. Dit sal hopelik minder beserings tot gevolg hê!!!!! :-)
Posted by Blou&blou (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 10:37
Nog een:

A Polish man moved to the USA and married an American girl. Although his English was far from perfect, they got along very well until one day he rushed into a lawyer's office and asked him if he could arrange a divorce for him.

The lawyer said that getting a divorce would depend on the circumstances, and asked him the following questions:

Have you any grounds? - Yes, an acre and half and nice little home.

No, I mean what is the foundation of this case? - It made of concrete.

I don't think you understand. Does either of you have a real grudge? - No, we have carport, and not need one.

I mean. What are your relations like? - All my relations still in Poland.

Is there any infidelity in your marriage? - We have hi-fidelity stereo and good DVD player.

Does your wife beat you up? - No, I always up before her.

Is your wife a nagger? - No, she white.

Why do you want this divorce? - She going to kill me.

What makes you think that? - I got proof.
What kind of proof? - She going to poison me. She buy a bottle at drugstore and put on shelf in bathroom. I can read, and it say: "Polish Remover".
 
Posted by Koning Blou (Centurion) on Friday, August 25, 2006 - 10:39
Bloumal
Ek is bly om te hoor dat Heineke so erg is oor die ondersteuners, hy weet oor wat dit gaan en hy soek die beste vir die bulle.
Posted by BlueBullFranklin (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 10:45
BBF
Dit is soos jy daar sê, terselfte tyd hou dit die ondersteuners ook gelukkig- dis dan asof hulle almal sommer plat op die aarde is!
Posted by MORNE FAN. . . (PRETORIA) on Friday, August 25, 2006 - 10:51
Goeie een Blou&blou ,LOL.

Jou posting van 10:37
Posted by Marcel (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 10:59
Morne Fan
Ja ek dink Heineke het groot aandeel dat die ouens so plat op die aarde bly. Sal nooit sien dat die ouens showboat as hulle drie gedruk het nie. Doen nooit vlieende dyk rolle en allerhande sulke dinge nie.
Posted by BlueBullFranklin (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 11:00
BBF en Bloumal

Heyneke is great wat die ondersteuners aanbetref. Ons het hom verlede jaar op die strand in George raakgeloop. Hy het saam met ons gepose vir `n foto (dit was in die SA Rugby magazine), en ons uitgenooi na die Bulle se oefening by Outeniekwa Hoerskool.
Daar het ek saam met Danie Rossouw (my hart het amper gaan staan) en my sus saam met Fourie du Preez gepose vir foto’s.
Die ouens was great!
Julle moes sien hoe moes Anton Leonard ook pose vir foto’s daar in sy koffiewinkel
 
Posted by NDB (Johannesburg) on Friday, August 25, 2006 - 11:01
NDB

Sjoe, jy's baie bevoorreg ne! Anton Leonard was darem 'n great kaptein!
Posted by MORNE FAN. . . (PRETORIA) on Friday, August 25, 2006 - 11:04
Dit is waar wat Bloumal se, Heyneke is erg oor die ondersteuners, as 'n mens net mooi vra oor die handtekening dan laat hulle dit toe.
Posted by Blou (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 11:07
MORNE FAN

Ek kon my luck nie glo nie!! Dit was die beste vakansie ooit!
Ons het heeltyd toe ons daar in die mall rondgeloop het in die spelers vasgeloop, en hulle was maar te gretig om te praat.

Jy sou dit gelove het - Morne was lekker grappig op die oefenveld!
Posted by NDB (Johannesburg) on Friday, August 25, 2006 - 11:09
MORNE FAN
Ek onthou toe ek so paar jaar terug op Loftus die game tussen die Bokke en Ozies gekyk het, hoe nice die bulle in die bok span was. Bobbie was 'n regte aap, eintlik al die Wiepie spelers wou nie fotos saam ons neem nie.
Posted by Terry (Pretoria ) on Friday, August 25, 2006 - 11:11
Ek stel dan voor as julle die bal of Trui wil laat teken dan gaan julle daar die beste regkom. Reel net met Pote dat die manne nie na die oefening weghol nie en as Pote weet waarvoor die bal of trui is sal hy al die manne laat teken.
Posted by Bloumal (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 11:13
NDB

Jy maak my skoon jaloers jong! Laat jy nou sommer my hart 'n ''beat skip''! Ha ha ha
Mornè is rerig 'n hunk (jammer ouens)! :-)

Ek mis hom ALTYD, vriende van my het hom al orals raakgeloop- ek was gelukkig om EEN keer 'n foto & handtekening van hom te kry! :-(
Posted by MORNE FAN. . . (PRETORIA) on Friday, August 25, 2006 - 11:19
Hallo mede bul ondersteuners!!!

Hierdie is my eerste post op die blog. Ek lees nou al so rukkie wat almal te se het en het uiteindelik besluit om ook te join.

Ek is bly om te sien dat daar soveel mense is wat net so passievol voel oor bul en/of SA rugby soos ek!!!

My score vir more –

Bokke 23 – AB 20
 
Posted by Ligbloues (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 11:23
Bloumal

Ek kan nie onthou hoe laat die oefeninge begin het nie, moet maar Loftus toe bel om sulke dinge uit te vind
Posted by Blou (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 11:23
Welkom Ligbloues ons hoop jy geniet dit hier saam met ons op die blog.
Posted by Blou (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 11:26

Baie welkom Ligbloues! Jong, mens raak so ''gehook''- jy moet jouself letterlik hier WEGTREK! En dan is dit 'n moviese gesukkel om aan die werk te kom!!!
Posted by MORNE FAN. . . (PRETORIA) on Friday, August 25, 2006 - 11:31
Ligbloues BAIE WELKOM!

Ja, die familie word net al hoe groter!

Wel MORNE FAN - ten minste het jy dit.
My groot held toe ek klein was, was Uli Schmidt. Ek het toe ek 12 was vir hom `n briefie gestuur, en hy het my wraggies terug geantwoord. Ek het hom nooit ontmoet nie- en nou is hy land uit.

Maar jy moet maar jou timing regkry jong!
Posted by NDB (Johannesburg) on Friday, August 25, 2006 - 11:32
Baie welkom Ligbloues
Bly om te sien dat jy besluit het om saam te kom praat.
Posted by Terry (Pretoria ) on Friday, August 25, 2006 - 11:32
Dit is waar wat jy daar se MORNE FAN..., dit is hoekom ek net so af en toe kom blog, met die oopplan effek heir by ons, kan my toesighouer sien wat ek doen, so ek kan nie so baie blog nie. Maar gelukkig is die uwe nie hier vandag nie.
Posted by Blou (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 11:33
NDB

Jip, tenminste het ek dit: VERGROOT orals in my huisie & sy handtekening op die yskas! Ha ha ha
Jy's reg. . . my timing is ERG uit!

 
Posted by MORNE FAN. . . (PRETORIA) on Friday, August 25, 2006 - 11:37
Yes Manne en dames

Is bietjie in 2 geskeur oor vanaan se game. Wen die WP dan is daar meer spasie tussen ons en die Sharks maar dan gaan hulle verseker 'n tuis semi kry. Wen Sharks dan kan ons nog WP in haal!

Wat is julle voorkeur?
Posted by FRANNA (CENTURION) on Friday, August 25, 2006 - 11:37
Miskien moet ons maar hoop dit is 'n gelykop uitslag tussen die sardiens en die bergbokke, dit sal dit net meer interresant maak.
Posted by Blou (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 11:40
Welkom Ligbloues
Ek dink dit is 'n baie goeie idee oor die aandenking met die handtekening dit sal nou vir die wenner 'n geskenk van 'n leeftyd wees.
So van Rugby true gepraat dit is so duur ek kry nie 'n lening by die bank om vir my en my vrou elkeen een te koop nie.
Ongelukkig staan die kinders altyd eerste in die tou wanneer sulke goed gekoop word.
So van photo's neem dit is nou maar een ding dat kinders van vandag nie bang is om na die spelers te gaan vir foto's nie my dogter het nou al hoeveel foto's wat sy laat neem het met al die frendly's wat gespeel was aan die begin van die jaar en daar was nie een wat dit nie wou doen nie hulle het maar net geduldig gestaan tot almal klaar was.
Posted by hennie (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 11:42
As ons nie speel nie skree ek altyd vir die span wat ons posisie kan verbeter nie. Ek is nie soos ander mense wat 'n 2 de span het nie.

My 2 de span, is die u21, my 3 de span die u19, my 10 de span is die Bulle Laerskool Cravenweek span. Ek skreeu net vir 1 span en dan skreeu ek op al die ander spanne....
Posted by FRANNA (CENTURION) on Friday, August 25, 2006 - 11:43
Ek weet FRANNA. Dis presies wat ek gewonder het.
As die WP wen, dan is daar breathing space vir ons, en die Sharks gaan dan tough wees, want dan is die Leeus naby aan hulle.

Wen die Sharks, dan kan ons die WP verby vat??

`n Draw is ook nie sleg nie.

Ek dink maar ek gaan hoop die Sharks wen.
Ek het begin vrede maak dat ons `n weg semi het.
Posted by NDB (Johannesburg) on Friday, August 25, 2006 - 11:43
Welkom Ligbloues,

As dinge so aanhou gaan ons met die volgende wedstryd 'n hele pawiljoen opneem met Bloggers!
Posted by Koning Blou (Centurion) on Friday, August 25, 2006 - 11:43
Koning Blou - 23 vs 19
Blou&blou - 31 vs 26
Marcel - 33 vs 24
Hennie - 26 vs 23
Terry - 21 vs 17
Bloumal - 24 vs 20
Carling BLOU - 27 vs 25
BLOU MAMBA - 29 VS 17
B B Franklin - 20 vs 18
NDB - 26 vs 21
Nog Altyd Blou Bul - 25 vs 18
Blou - 20 vs 18
Anon - 28 vs 20
Ligbloues - 23 vs 20
Posted by Koning Blou (Centurion) on Friday, August 25, 2006 - 11:47
Koning Blou
Ek like dit, kan ons nou al die hoof paviljoen bespreek vir die finaal.
Posted by Terry (Pretoria ) on Friday, August 25, 2006 - 11:48
Yes ek stem vir 'n draw vannaand dan het ons dieselfde aantal games gespeel en die Viskoppe is nie te ver voor nie en die Guppies is dan steeds agter. As ons dan volgende week die Viskoppe wen dan is ons gelyk met hulle. Daar moet ook nie bonus punte wees vannaand nie.
Oor die Cheetas en Valke hoop ek maar die Valke speel net so goed soos teen ons sonder foute dan behoort hulle te verras
Posted by hennie (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 11:49
Soos ons deesdae speel is 'n weg semi dalk 'n bedekte seen.....
Posted by FRANNA (CENTURION) on Friday, August 25, 2006 - 11:51
Ek bedoel, soos ons deesdae op Loftus speel is 'n weg semi dalk 'n bedekte seen.....
Posted by FRANNA (CENTURION) on Friday, August 25, 2006 - 11:52
Hallo Franna
Posted by Terry (Pretoria ) on Friday, August 25, 2006 - 11:54
Dit sal beter wees vir ons as die sharks wen want dan kan ons die WP inhaal - ek wil nie eers se die WP moet eerder wen nie, ek kan dit net nie oor my hart kry om vir hulle te skree nie... ;-)

So ja ek hoop ook maar vir 'n draw
Posted by Ligbloues (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 11:54
FRANNA

My thoughts exactly.
 
Posted by NDB (Johannesburg) on Friday, August 25, 2006 - 11:55
hallo blou[pta] jong die sharkies moet wen ,dan kan hierdie klomp in die kaap weer aarde toe kom, volgens hulle staan die beker alreeds hier,sien want 'luke 'is in die kaap, laat ek jou vertel as die bulle op 1sep teen wp verloor vat ek madam adj president se vliegtuig loftus toe ,jy sal net horings sien spat
Posted by phillip (STRAND) on Friday, August 25, 2006 - 11:57
Ja sal dit nou nie lekker wees as die valke die Cheetahs 'n ding of 2 wys nie.
Posted by Blou (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 11:58
Sal ook vir die Sharks skree.Die laaste ding wat ons wil doen is om 'n WP vol selfvertroue op Nuweland aan te vat.
Posted by Marcel (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 12:00
phillip

Natuurlik hoop ek ook vir 'n sardientjie wen, maar die tweede beste ding sal wees as dit gelykop is, die bergbok-ondersteuners hier in Pretoria is ook nou al so vol van hulleself, ek kan net dink hoe moeilik vir jou is daar onder.
Posted by Blou (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 12:01
Raai Wat!!!
Posted by hennie (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 12:03
Wat Hennie??
Posted by Koning Blou (Centurion) on Friday, August 25, 2006 - 12:04
Pedrie Wannenburg is in die begin vyftiental aangesien Joe beseer is.
Is dit nie great nie nou is daar nou nog 'n Bul om te ondersteun Saterdag.
Posted by hennie (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 12:05
Dit is goeie nuus, net snaaks dat hy opgeroep is terwyl Spies op die bank is?!
Posted by Koning Blou (Centurion) on Friday, August 25, 2006 - 12:06
Het dit nou net oor RSG gehoor.
Ek is nou baie opgewonde vir Pedrie se part ek skree sommer.
LEKAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAA!!!!!!!!
Wonder waar is Bullebak vandag
Posted by hennie (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 12:07
NO WAY HENNIE??

Wanneer het dit gebeur????

Gaan jy jou hare groen en goud spuit more?
Posted by NDB (Johannesburg) on Friday, August 25, 2006 - 12:07
South Africa suffered yet another injury blow ahead of their Tri-Nations test against New Zealand in Pretoria on Saturday when loose forward Joe van Niekerk was ruled out.
You can get live scores from Springbok games by sending an SMS with the message RSA to 34911 (R for rugby, SA for South Africa). This is a SuperSMS service and costs just R2 per SMS.

The Springboks have already lost International Rugby Board 2004 Player of the Year Schalk Burger to a career-threatening neck injury and in-form Juan Smith went down in midweek with a thigh strain.

Van Niekerk had been pencilled in to replace Smith in the starting lineup but suffered a neck injury on Friday morning.

"Joe's neck is swollen and sore and it's the same C5 vertebra that Schalk injured," South African coach Jake White told Reuters on Friday.

"We can't send him out to play when his neck is already bruised and we've summoned Pedrie Wannenburg into our match 22."

The 21-year-old Pierre Spies was named on the bench when Van Niekerk moved up to the starting lineup, but White said his starting number seven for Saturday had not yet been finalised.

Mobile reserve lock Albert van den Berg, who also has experience of playing in the back row, could be promoted to the starting lineup to play flanker.

 
Posted by Koning Blou (Centurion) on Friday, August 25, 2006 - 12:08
Waar het jy dit gehoor Hennie,en wat is fout met Joe?
Posted by Marcel (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 12:08
JA KB ek wonder ook maar.
Ek dink dit is 'n goeie move as dit nie werk kan Spies vroer opgaan, ek dink Pedrie sal nie so kans laat deur sy vingers glip nie.
Posted by hennie (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 12:09
Net nie vd Berg op flank nie asseblief!!!!
Posted by Koning Blou (Centurion) on Friday, August 25, 2006 - 12:09
Sorry Hennie,bietjie stadig vandag.

Tx KB ,vir die vinnige post.
Posted by Marcel (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 12:10
Plesier Marcel.

Ek gaan nou lunch en twyfel of ek weer vandag sal blog. Praat Maandag weer met almal.

Lekker dag verder en lekker naweek vir almal. Ons hou duime vir die Bokke!

Bye
Posted by Koning Blou (Centurion) on Friday, August 25, 2006 - 12:11
Geniet al die rugby KB lekker naweek
Posted by hennie (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 12:14
Cheers KB en ry maar versigtig more.

Weet nie of Pedrie se oproep so goeie ding is nie hennie,net nog 'n Bul vir Joker om te beseer!
Posted by Marcel (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 12:15
Ek is bly vir Pedrie se part, Joe het in elk geval vandat hy lank uit was met sy besering nie veel vir enige span beteken nie. pedrie moet hierdie geleentheid nou net met ope arms vat, en vir JW wys hy hoort bo ander spelers in die Bokspan.
Posted by Blou (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 12:17
Marcel ja ek stem saam maar dit sal dalk net vir hierdie naweek wees ek glo Smit sal volgende week weer reg wees(altans ek hoop so ons het Pedrie nodig Vrydag aand teen die Wepee)
Ek dink maar net aan hom as Speler aangesien elkeen maar speel om vir die Bokke uit te draf.
Of hoe!!!!
Posted by hennie (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 12:18
Koning Blou
Lekker naweek vir jou. Praat later.
Posted by Terry (Pretoria ) on Friday, August 25, 2006 - 12:21
Nee dis waar hennie.

Wonder net of Joe sal speel volgende week,as die besering soortgelyk aan Schalk sin is.

Aan die positiewe kant,Pote sal dan moet vir Kuun speel in die begin 15 volgende week.
Posted by Marcel (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 12:22
blou ,ek sien hier op die blog daar is weer n beseering, die blerrie sakke veroorsaak nou" chaos", , kyk laat ek jou se ek gee hulle gas hier onder
Posted by phillip (STRAND) on Friday, August 25, 2006 - 12:23
Skuus hennie dis Vrydag en ek is weer lekker deurmekaar.Jy praat Juan en hier worry ek nog oor Joe!
Posted by Marcel (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 12:23
Hennie

Ek is ook bly vir Pedrie se part. Veral nadat hy uit die span gelaat is, en blykbaar nie eens daarvan geweet het nie, tot Heyneke hom gevra het of hy teen die Leeus sal speel.

Maar ek wonder wat dink Spies?
Posted by NDB (Johannesburg) on Friday, August 25, 2006 - 12:27
phillip

Die hoeka een van die bergbokke in die span, Little Joe wat seergekry het, blykbaar dieslfde besering as wat Schalk Burger opgedoen het. Ek is bly jy gee hulle gas daaronder.
Posted by Blou (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 12:28
Ek dink Spies is mans genoeg om dit te kan vat, onthou hy is mos 'n BUL, en ek glo hy sal sy beurt kry more teen die All Blacks.
Posted by Blou (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 12:30
NDB
Ek dink Spies is nog jonk en hy sal maar net wag vir sy kans, hy weet die meer ervare spelers sal plek voor hom kry.
Posted by Terry (Pretoria ) on Friday, August 25, 2006 - 12:35
Dit is waar Terry, hy sal sy kans afwag, ek dink in elk geval dit is 'n groot pluimpie vir hom.
Posted by Blou (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 12:37
Blou
ja om sommer reguit van O.21 Bokkies af in te stap in die Bok span is 'n groot prestasie, hy moet net wag.
Posted by Terry (Pretoria ) on Friday, August 25, 2006 - 12:52
Hoop maar so!
Ja ek hoop maar so! Ek hou nie daarvan as iemand buite die groep gekies word bo iemand wat op die bench is nie, maar ek glo in beide en hoop beide die beste.
Dink in elk geval nie Pedrie moes ooit gedrop gewees het nie!
Posted by NDB (Johannesburg) on Friday, August 25, 2006 - 12:55
Hy moet maar net wag, een van die mooi dae sal hy heeltyd in die beginspan speel, so ook Chilliboy wat nou saam met hom op die bank sit.
Posted by Blou (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 13:04
Tyd vir my om te groet!

Het nou twee moeviese verslae om deur te werk, en Maandag en Dinsdag is ek in Durban (nie vir vakansie nie).
Praat weer Woensdag met almal!

Sterkte Bokke en kom Sharks en WP. Give us a draw (lol)
Posted by NDB (Johannesburg) on Friday, August 25, 2006 - 13:11
BI NDB
Posted by Terry (Pretoria ) on Friday, August 25, 2006 - 13:13
Cheers NDB.
Posted by Marcel (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 13:15
Aan al die flou koeie,

Aangesien julle die naweek nie weer verloor nie,(onthou julle speel nie!) moet julle gerus vannaand na ordentlike rugby kyk. Ek neem aan almal verstaan dat die "ordentlike" rugby eensydig sal wees en spesifiek dan verwysend na die WESTELIKE PROVINSIE in alle GLORIE!!!!!

Sterkte met julle intensiewe voorbereiding vir volgende week.
Posted by Kaapse Klong (Benoni) on Friday, August 25, 2006 - 13:27
Baie dankie Kaapse Klong en dieselfde vir julle.
Posted by Marcel (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 13:30
Kaapse Klong

gaan praat bollie op 'n ander plek, want vanaand gaan die bergbokke deur die sardientjies geeet word soos 'n mielie, julle Fidji-konneksie en al.
Posted by Blou (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 13:31
More Bulle.

Ek moet toegee julle het seker die beste "blog" van al die provinsies en dis interessant om te sien wat julle elke dag kwyt raak! Ongelukkig het ek nie elke tyd om saam te gesels nie.

Ek is nogal spyt Joe is nou ook uit vir die naweeek want ek dink hy bring bietjie "flair" in die lostrio. Hy is 'n "playmaker" - ites wat nogal skaars is in SA rugby op die oomblik.

Wat my aanbetref moet daar in 'n lostrio twee harde werkers en 'n meer skeppende een wees. 'n Agtste man MOET goeie hande en 'n voorgevoel vir die spel hê! Om 200 kilogram te kan "bench-press" gaan jou niks help tewyl die skrum op die agtervoet is nie. Jy het iemand nodig met genoeg krag, en baie "rugby-verstand". Die sewe flank moet ook goeie hande hê en is die mees prominentste baldraer van die trio. Dis sy werk om kraglopies in te sit, oor die voordeel lyn te kom en soos 'n tier te verdedig. Die ses-flank doen die meeste werk - hy hardloop reguit lyne na die bal toe en moet soos 'n bloedhond agter 'n patrys aan wees... Hy moet sterk op sy bene wees, vinnig en nie noodwendig die grootste speler in die span nie.

Wat my aanbetref was ons beste lostrio ( toe hulle beskikbaar en op vorm was ) Schalk, Joe en Juan. Ek weet regtig nie wie deesdae ons eerste keuse behoort te wees nie, maar ek stem saam met so te sê almal dat Luke op hierdie stadium ons beste ses is! Pierre Spies sal met tyd 'n goeie agsteman word en Jaques Botes kan ook maar dop gehou word! Weet ek trap seker op 'n paar Bulle se tone, maar dis net my beskeie opinie.

Geniet die game more, gaan lekker wees om almal bietjie saam te staan op Loftus!

 
Posted by Vrystater! (pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 13:33
Kaapse Klong
Hel skrik wakker, die sharks gaan julle opvreet vir middag ete.
Posted by Terry (Pretoria ) on Friday, August 25, 2006 - 13:33
Vrystater!, dankie, ons weet ons blog is die beste, het al na julle sin gaan kyk, dit is maar net nie soos die een nie, gaan kyk ook na die website - http://www.cs.up.ac.za/cs/hventer/bbb_home.htm.
Posted by Blou (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 13:37
Vrystater,baie dankie vir die groot kompliment.

Soos jy se more speel die Bokke en ons gaan met alles wat ons het vir hulle skree,maak nie saak vir watter provinsie hulle speel in die cc nie.
Posted by Marcel (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 13:38
Vrystater!
Almal het sy eie opinie, jy vat op baie plekke raak, sal net graag wil sien of P3 jou verkeerd kan bewys. Hy is 'n goeie speler en ek dink hy moet nou sy kans gebruik.
Posted by Terry (Pretoria ) on Friday, August 25, 2006 - 13:40
Hi almal

Ek weet dit is nou wel SA en NZ môre maar hoeveel van julle bloggers wat wel Loftus toe gaan, gaan blou aan hê. Dit is immers ons ou possie.
Posted by Carling BLOU label (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 13:43
Koning Blou - 23 vs 19
Blou&blou - 31 vs 26
Marcel - 33 vs 24
Hennie - 26 vs 23
Terry - 21 vs 17
Bloumal - 24 vs 20
Carling BLOU - 27 vs 25
BLOU MAMBA - 29 VS 17
B B Franklin - 20 vs 18
NDB - 26 vs 21
Nog Altyd Blou Bul - 25 vs 18
Blou - 20 vs 18
Anon - 28 vs 20
Ligbloues - 23 vs 20
Myler 21 vs 19

geniet die dag verder. het so pas my alie gesien met die eksamen en gaan nou 'n koue enetjie geniet en dan gaan ek kyk hoe die guppies die bergbokke pak gee. geniet die rugby en die naweek

NDB, hoop die weer is beter volgende week hier in Durban. koud en reënerig op die oomblik.
Posted by Myler (Pinetown) on Friday, August 25, 2006 - 13:44
Terry

Kaapse Klong! het nou skoon wegeghardloop nadat ons vir hom gevra het om te gaan.
Posted by Blou (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 13:44
Terry werk jy 24 - uur skofte!?
Posted by Marcel (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 13:46
Blou - dankie, ek sal 'n draai gaan maak op die site.

Terry - ek hoop Pedrie bewys my more verkeerd. Ons gaan 'n groot game van hom nodig hê more! En soos jy sê, dit is nou sy kans!

Moet ongelukkig nou hardloop, praat weer ander dag.
Posted by Vrystater! (pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 13:47
Cheers Myler,lekker naweek my maat!
Posted by Marcel (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 13:47

Wie is almal more of Loftus julle?
Is dit nou blou of groen & goud vir more? :-)
 
Posted by MORNE FAN. . . (PRETORIA) on Friday, August 25, 2006 - 13:58

Is almal dan nou weg?!
Posted by MORNE FAN. . . (PRETORIA) on Friday, August 25, 2006 - 13:59
Blou
Ja hy is nou baie bang.

Marcel
Dit voel amper so, en het maar net 3 ure gister aand geslaap.
Posted by Terry (Pretoria ) on Friday, August 25, 2006 - 14:00
MORNE FAN
Ek is nog hier.
Posted by Terry (Pretoria ) on Friday, August 25, 2006 - 14:02
Nee van ons is nog hier rond, so laat op 'n Vrydagmiddag, gaan orr so 45 minute huis toe.
Posted by Blou (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 14:03
Lyk amper so as ek na jou blog tye kyk Terry my maat!

Kyk maar op die kassie more MORNE FAN. . .
Posted by Marcel (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 14:03
Moet nog hier sit tot 4 -uur Blou.
Posted by Marcel (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 14:05
Nou ja toe, hallo almal!
Dog nou net almal is al huistoe. . .

Marcel, as jy my vra werk Terry definitief 24 / dag!
Posted by MORNE FAN. . . (PRETORIA) on Friday, August 25, 2006 - 14:10
Marcel

Sterkte tot 4-uur, nog net so halfuur se gaan vir my.
Posted by Blou (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 14:15
Ja nee kyk,hy moet leef vir sy werk.Dit of sy baas is 'n slawedrywer.
Posted by Marcel (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 14:15
Tx Blou,gaan darem gou 3 -uur uitslip vir 'n biertjie.

So bietjie humor.

"Die tabakboer wys vir die blondine hoe sy plaas lyk. Terwyl hulle so na die tabakplante staan en kyk, vra die blondine: "Wanneer word die sigarette ryp?"
Posted by Marcel (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 14:18
Lekker vir jou Blou! Ek het nog so uur oor, dan skiet ek huistoe!

Marcel sterkte van my kant af ook & Terry tot hoe laat is jy nog besig?!

Marcel
Ja, dit sal mens laat wonder wat so lekker by daai werk is ne! LOL
Posted by MORNE FAN. . . (PRETORIA) on Friday, August 25, 2006 - 14:22
Lekker vir jou Blou! Ek het nog so uur oor, dan skiet ek huistoe!

Marcel sterkte van my kant af ook & Terry tot hoe laat is jy nog besig?!

Marcel
Ja, dit sal mens laat wonder wat so lekker by daai werk is ne! LOL
Posted by MORNE FAN. . . (PRETORIA) on Friday, August 25, 2006 - 14:24
MORNE FAN
Ek werk vandag net tot 3 uur. Dan gaan ek party en more oggend 7 uur is ek weer terug op die job.
Posted by Terry (Pretoria ) on Friday, August 25, 2006 - 14:28
Terry
Moenie eers vra nie; Ja my pc het ALWEER vasgehaak! :-)
Posted by MORNE FAN. . . (PRETORIA) on Friday, August 25, 2006 - 14:29
Inderdaad goeie nuus dat P3 nader getrek is, jammer van Joe - soos elke ander speler wat seer kry. Ek kry die manne jammer en is net verstom oor die baie beserings in die bok kamp.

Iets is nie lekker daar nie - die manne is nie fiks nie en dit lyk my asof die kondisionering ook aandag nodig het.

Dankie Vrystater! vir die kompliment - soos alles in Bloubul land is ons blog die beste!!!!!!! :-)
Posted by Blou&blou (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 14:31
Was gou uit vir 'n paar koue lemonades....

Die naweek gaan sou boring wees as die blou bulle speel sal maar moet oorweeg om seks te he!!
Posted by FRANNA (CENTURION) on Friday, August 25, 2006 - 14:32
So van 'n biertjie gepraat - dalk kan van julle slim manne die volgende aan my verduidelik.
Castle pinte (375ml) en dumpies (340ml) is mos welbekend.
Nou het SAB 'n nuwe bottel uitgebring wat 330ml hou - MAAR die prys is presies dieselfde as die pint. 375ml. Hoe verklaar mens dit?
My vrou reken dat dit 'n goeie ding is want nou gaan ek minder drink!!! :-)
Posted by Blou&blou (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 14:37
Franna - jy sal moet laat kyk na daardie lemonades, dit lyk vir my hulle is gedokter.

Ek dink jy bedoel dit gaan boring wees omdat die bulle NIE speel nie. Goeie alternatief - die seks bedoel ek.
Posted by Blou&blou (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 14:39
Stem saam Blou&blou iets is nie reg nie,maar ek kan nie dink dat die spelers op die stadium van die seisoen onfiks kan wees nie.Dis daai duiksakke van jou maat.10:37.
Posted by Marcel (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 14:40
Geniet die rugby die naweek mense, dit is nou huis se kant toe staan vir my, Go Bokke maak mincemeat van die All Blacks, en o ja go sardiens neuk die bergbokke op.
Posted by Blou (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 14:44
Cheers Blou
Posted by Terry (Pretoria ) on Friday, August 25, 2006 - 14:48
Seker maar 'n nuwe vorm van diet bier Blou&blou,lig in volume maar swaar op die sak!

Geniet hom Blou!
Posted by Marcel (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 14:48
Ek gaan nou party almal. Geniet julle naweek en mag ons Bokkies wen.

Cheers
Posted by Terry (Pretoria ) on Friday, August 25, 2006 - 14:56
Hi, ek was nie van plan om weer te blog nie, maar ek sien op Keo, Jake oorweeg Albert as no 7 flank. Pedrie is blykbaar nie defnitief in nie!!

Hoop dis `n grappie??!!
Posted by NDB (Johannesburg) on Friday, August 25, 2006 - 14:56
BYE TERRY

Praat weer Woensdag!
Posted by NDB (Johannesburg) on Friday, August 25, 2006 - 14:57
Nou ja genoeg gewerk en geblog vir een dag.

Sterkte aan die BOKKE!!!!

Sterkte aan die guppies - ek hoop julle leer die wintie bergbokke 'n rugby les. Vannaand skreeu ek vir julle - wel saggies maar darem.
Posted by Blou&blou (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 15:01
Bye almal
Posted by Blou&blou (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 15:01
Ai, wat `n week, wat `n dag - maar nou moet ek ook eers gou weer net kom inloer. Het nog niks gelees hier nie, maar wou maar net se julle wat die rugbby more op Loftus kom kyk, neem asb fotos sodat ek ten minste so paar op die Web site kan sit.

Myler, as jy nog score byhou, my score is 24-20 vir die Bokke. Ons bly maar positief, alhoewel ek dink die ABs ons gaan klop. Kom ons kyk maar. Dalk loer ek weer later bietjie in!
Posted by Bullebak (Centurion) on Friday, August 25, 2006 - 15:08
Toemaar Myler, ek sit dit sommer self by...

Koning Blou - 23 vs 19
Blou&blou - 31 vs 26
Marcel - 33 vs 24
Hennie - 26 vs 23
Terry - 21 vs 17
Bloumal - 24 vs 20
Carling BLOU - 27 vs 25
BLOU MAMBA - 29 VS 17
B B Franklin - 20 vs 18
NDB - 26 vs 21
Nog Altyd Blou Bul - 25 vs 18
Blou - 20 vs 18
Anon - 28 vs 20
Ligbloues - 23 vs 20
Myler 21 vs 19
Bullebak - 24 vs 20
Posted by Bullebak (Centurion) on Friday, August 25, 2006 - 15:09
Baai almal geniet die naweek en of course die rugby

Ek hoop die bokke wen - en die bulle in die bokspan perform goed!!!
Posted by Ligbloues (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 15:39
Hi Bullebak,
Lyk my jy is vandag alleen. . .
Lekker naweek, ek is ook opad uit!

Enjoy die rugby!

Bye
 
Posted by MORNE FAN. . . (PRETORIA) on Friday, August 25, 2006 - 15:48
BYE ALMAL

Lekker naweek!

Praat weer Woensdag!
Posted by NDB (Johannesburg) on Friday, August 25, 2006 - 15:50
Damn... toe mis ek almal

Terry werk jy ook vannaad?
Posted by Anon (Pretoria) on Friday, August 25, 2006 - 16:28
So far this weekend, it is good news, bad news. the Sharks helped out, by beating WP without either team getting a bonus point. As of now, WP has 33 points, the FS has 30 (will pick up 4 or 5 tom. when they beat the Valke), and the Sharks are tied with us at 30.
As for the Boks, what can we say. To damn many injuries to build any type of team work. I think it will be the AB's over the Boks 27 to 16.
Posted by RichDG (Coopersville, MI.) on Saturday, August 26, 2006 - 00:53
Môre aan al die BULLE ondersteuners (en die res)

Daar doen die guppies toe wat ons vir hulle gevra het - baie dankie die guppies!!!! en sorry vir die bergbokke.
En skielik word die BOKSPAN oorheers deur BULLE - met Pierre Spies se insluiting in die begin 15 en P3 wat inskuif op die bank.
Mooi so BULLE en glo dat die Bokke die ding vanmiddag gaan doen.
As mens na die tellings kyk is dit RichDG wat nie saamstem nie. Die gemid. telling is SPRINGBOKKE 25 <> all blacks 21. 'n Verskil van slegs 4 punte!!!
Ek dink ek moet onmiddelik nog 'n paar kastele in die yskas sit - lyk my ek gaan dit nodig kry.
Posted by Blou&blou (Pretoria) on Saturday, August 26, 2006 - 06:56
KAAPSE KLONG , SOOS JY GESE HET ONS HET RUGBY GEKYK GISTER AAND, TOE SIEN EK HOE KRY JOU MOFFIE SPAN OP SY %$@#@&, KLIM NOU MAAR AF VAN JOU TROON ,
Posted by phillip (STRAND) on Saturday, August 26, 2006 - 08:57
philip, op sy %$#@* kry is wat julle die afgelope drie tuis games gedoen het. Dit is ook wat dit genoem word as jy dink jy hoef net op te daag vir die finaal teen die cheetahs, en die beker is joune. Julle is baie meer familieêr met die gevoel van op sy %$#@* kry. bly in jou baan. Kom in die finaal. Vrydag is die aand.
Posted by strepies (pretoria) on Saturday, August 26, 2006 - 13:31
O ja, terloops, al die ander naweek bloggers, hartlike goeie dag.
Posted by strepies (pretoria) on Saturday, August 26, 2006 - 13:32
Môre al die Bulle ondersteuners (en die res)

Wat 'n teleurstelling!!! - ek het regtig gedink die BOKKE kan dit doen.
Dit is net vir my asof daar geen "COMMITMENT" van wat se aard ookal by die spelers was nie.
Hulle het gewag vir iemand om die balle op te tel wat rondgelê het, en elke slag het die AB dit gedoen.
Ek sidder en beef vir die komende naweek - die AB kan hulle span versterk en WIit Jakkals? - te trots om iets te doen.
Seker maar weer terug na die "drawing board" - die enigste probleem is daar is nie meer "chalk" oor nie.
Sterkte vir hierdie SONDAG en mag julle die vrede van die dag ervaar.
Posted by Blou&blou (Pretoria) on Sunday, August 27, 2006 - 07:23
Dalk te veel bulle in die span....? weet nie, vra maar net. Heerlike dag alle mede rou-beklaers.
Posted by strepies (pretoria) on Sunday, August 27, 2006 - 08:27
Lyntjies!!!?1

Lees bietjie Rapport en sien hoeveel die media dink die bulle bygedra het tot die span se poging, Bietjie meer as die 4/10 van die kaptein en van Percy.

Mooi P3 en kie. jul het die bulle se naam in die Springbokspan hoog gehou.
Posted by Blounico (Pretoria) on Sunday, August 27, 2006 - 14:02
Ja ou Strepies - as nonsens praat strooi was , was jy al lankal op 'n komposhoop. Hoekom bekommer jy jou nie liewer oor jou bergbokke se geploeter teen die guppies nie?
Los die Bulle in die Springbokspan uit - dit was die enigste ouens wat regtig probeer het en wat darem 'n bietjie durf vertoon het.
Posted by Blou&blou (Pretoria) on Sunday, August 27, 2006 - 22:43
Nag SA en al die Bulle ondersteuners - ons sal die nederlaag oorleef. Aan die einde van die dag was dit maar net 'n rugbytoets.

Lekker slaap almal
Posted by Blou&blou (Pretoria) on Sunday, August 27, 2006 - 22:45
Môre alle BLOU BUL ondersteuners (en die res)

Was julle almal so geskok oor die Sprinbokke se verloor dat julle van die aardbol verdwyn het.
Ek het gister geselskap gesoek maar niemand wou kuier nie.
Posted by Blou&blou (Pretoria) on Monday, August 28, 2006 - 06:15
More almal!

Ek haal die hartseer se post aan:

"Aan al die flou koeie,

Aangesien julle die naweek nie weer verloor nie,(onthou julle speel nie!) moet julle gerus vannaand na ordentlike rugby kyk. Ek neem aan almal verstaan dat die "ordentlike" rugby eensydig sal wees en spesifiek dan verwysend na die WESTELIKE PROVINSIE in alle GLORIE!!!!!

Sterkte met julle intensiewe voorbereiding vir volgende week.
Posted by Kaapse Klong (Benoni) on Friday, August 25, 2006 - 13:27"

Sal graag wil sien of hy sy gesig hier wys vandag!!! Ek dink die Sharks-WP wedstryd was die swakste een nog in hierdie jaar se CB, en ja ek weet dit het gereen en omstandighede was moeilik maar ek het al minder foute in 'n laerskool wedstryd tussen Garsfontein en Constantia Park in die gietende reen gesien!! Alles was swak in Vrydag se wedstryd, die weer, die skeidsregter en albei spanne. Ten minste is die uitslag 'n plus vir die Bulle!
Posted by Koning Blou (Centurion) on Monday, August 28, 2006 - 06:23
More Blou& blou,

Ja dit is maar swaar om vandag oor die Bokke te praat! Om op tuisbodem so loesing te kry maak regtig seer, al wat sal opmaak daarvoor is as die Bulle Vrydag die mode poppies kan wen!!
Posted by Koning Blou (Centurion) on Monday, August 28, 2006 - 06:25
Ek dink Wit Jakkals het dit geheel en al verloor.
Hy doen nie wat hy self predik nie - nou is Ruan die oplossing op heelagter. Ek dink hy moet sy kop laat lees, hy gryp na strooihalms en probeer nie eers om die werklike probleem op te los nie.

Baie geluk aan die guppies - julle het ons 'n guns gedoen en nou moet die BULLE opstaan die naweek en die bergbokke ook vou - dan is dit klaar praat vir hulle aspirasies.
Posted by Blou&blou (Pretoria) on Monday, August 28, 2006 - 06:26
Môre KB

Ja ek wil liewer niks verder sê oor die Bokke se vertoning nie want dit kan dalk aanleiding tot hofsake gee!!! :-)
Posted by Blou&blou (Pretoria) on Monday, August 28, 2006 - 06:28
Goeie more KB,Blou&blou.

Ai was dit nie hartseer om weer te sit en kyk hoe ons verloor op Loftus nie.Die mense was so opgesweep vir die game,jy kon nie eers die haka bo die Loftus skare se gedreun hoor nie!

Ek en Bullebak het 'n hewige argument gehad met 'n Leeus ondersteuner wat se ons het nie die spelers wat NZ en Aust het nie.Dis die grooste twak wat ek nog in my lewe gehoor het,ek glo en sal altyd glo dat ons die potensiaal het om wereld rugby te domineer,as ons net politiek uit ons rugby kan hou.
Posted by Marcel (Pretoria) on Monday, August 28, 2006 - 06:34
Hallo Marcel,

Stem saam dat ons wel die spelers het, as JW net sy trots in sy sak wil steek en die regte kombinasies kies vir 'n slag. Dit was weereens Saterdag duidelik dat ons 'n ordentlike "fetcher" nodig het - Solly is nie die antwoord nie! Verder is Pretorius stukke beter as Butch en self Ruan Pienaar wat nog nooit heelagter in sy lewe was nie is beter as Pissy!
Posted by Koning Blou (Centurion) on Monday, August 28, 2006 - 06:45
Stem saan KB,maar ons onvermoe om die bal in die losgemaal te beskerm het ons groot en deels die toets gekos.Die manne het een-een ingegaan en ons het elke keer balbesit afgestaan.

Ek lees dat daar 'n moonlikheid is dat Pote dalk vir Kuun op 8 ste man gaan speel Vrydag,ek sal bly wees as hy die kans kry maar ek weet nie of hy dieselfde effek gaan he nie....?
Posted by Marcel (Pretoria) on Monday, August 28, 2006 - 06:51
Sien AJ Venter is opgeroep na die Bok groep, so is hy nou JW se antwoord op al ons probleme? Sien ook Ali Williams het weggekom met slegs 'n waarskuwing vir sy vuishou op Johan Muller - dit is onaanvaarbaar!!
Posted by Koning Blou (Centurion) on Monday, August 28, 2006 - 06:52
As Pedrie by die Bokke gaan bly het Pote seker nie 'n keuse nie Marcel. Eerder Kuun as Brosnihan op agsteman! Kuun en wie ook al flank speel sal daai Diack van WP moet dophou, hy is sterk op sy voete .....
Posted by Koning Blou (Centurion) on Monday, August 28, 2006 - 06:55
JW reken Ruan Pienaar se toekoms is op heelagter .......
Posted by Koning Blou (Centurion) on Monday, August 28, 2006 - 07:01
Hy sal seker nie vir Jaques,P3 en Spies in die groep hou nie?Alhoewel dit beter gegaan het met die 3 van hulle toe Solly af is.

Ek hoor Rassie is genader om die Bokke se volgende afrigter te word.Ten minste weet jy hy is lojaal teenoor die land anders as Joker wat te midde van sy Bok kontrak aansoek gedoen het vir die Engelse pos.Het juis Saterdag vir Bullebak gese,dat ou Jakie sal moet gaan al is die wereldbeker om die draai.Ons gaan beslis niks uitrig met hom aan die stuur nie.
Posted by Marcel (Pretoria) on Monday, August 28, 2006 - 07:02
Goeie more Bulle.
Wat 'n wonderlike naweek van rugby, seker omdat ek niks gesien het nie, het mos die hele naweek gewerk. Klink my ok maar goed so. Het die laagte punte (nie hoogte punte nie) op Supersport gekyk, John Smit lyk soos 'n oorgewig walvis, en Percy soos 'n ou boer bok ram - of is dit nou 'n ooi. kan nie meer onthou nie.

O ja geluk Sharkies en dankie vir die gunsie.
Posted by Terry (Pretoria ) on Monday, August 28, 2006 - 07:07
Ou Joker reken nou dat ons verloor het omdat die spelers onfiks is!Is dit nie die man wat die bokke elke dan en wan fiksheids toetse laat doen het,en dan aan die spelers programme gegee het om dit te oorkom nie?As hulle dan onfiks is (wat moeilik is om te glo) moet hy homself blameer!
Posted by Marcel (Pretoria) on Monday, August 28, 2006 - 07:09
Op hierdie stadium sal niks my meer verbaas van JW nie Marcel!! Die Bulle sal maar moet oefen die week asof Pedrie nie daar gaan wees nie .....

Dink ook JW moet NOU gaan. Daar is nog genoeg tyd vir 'n nuwe afrigter om 'n groep bymekaar te kry vir volgende jaar se WB. Of Rassie die antwoord is weet ek nie, maar wie anders?
Posted by Koning Blou (Centurion) on Monday, August 28, 2006 - 07:09
Hallo Terry,

Jy het waaragtig nie veel gemis die naweek nie!!
Posted by Koning Blou (Centurion) on Monday, August 28, 2006 - 07:11
Ja terry, jy het eintlik niks gemis nie en was sekerlik nie onderworpe aan stres soos ons wat maar deur die getjommel gesit het nie.
Of Rassie die oplossing gaan wees sal ons nie weet voordat hy dalk probeer het nie.
Ek herhaal net my stelling van verlede week - wat soek Gert Smal en Alistair Coetzee in die afrigting span as Wit Jakkals gedurig ander "konsultante" moet inroep om te kom help. Hoe groot wil hy sy afeigting span maak?
Die feit dat hy kla oor die apelers se fiksheid is 'n direkte aanklag teen homself!!!!! Hy is immers die afrigter.
Komaan Wit Jakkals - doen die eerbare ding en vat jou goed en loop. Jou "use by date" het verstryk! Jy mag dalk dink ons kan jou nie "fire" nie maar onthou ONS - die ondersteuners - betaal jou salaris. _Jy is lankal skuldig bevind aan onbevoegtheid en jou vonnis moet nou maar voltrek word.
Posted by Blou&blou (Pretoria) on Monday, August 28, 2006 - 07:24
Koning Blou
Dit klink my so, gelukkig het die Bulle nie gespeel nie, anders het ek dit ook gemis.
Posted by Terry (Pretoria ) on Monday, August 28, 2006 - 07:25
Amen Blou&blou!
Posted by Koning Blou (Centurion) on Monday, August 28, 2006 - 07:26
Terry, werk jy Vrydag aand of kom jy saam met ons die Bulle-WP game kyk daar erens in Centurion?
Posted by Koning Blou (Centurion) on Monday, August 28, 2006 - 07:27
Môre almal

Die enigste manier van dinge nou reg kry is om skoon te maak. Raak ontslae van almal wat betrokke is, die afrigter, sy assistente, die "fiksheids" afrigter en al die konsultante en helfte van die bokke ook. Kry dan 'n nuwe afrigter en laat hy sy span kies. O, ja die keurders moet ook gaan.

Joker k*k en kerm oor die goeie afrigters ouens uit posisie speel en dan spell hy vir Ruan op heelagter. Joker dit was Gysie wat die heelagter was jou , jou. .....
Posted by Myler (Pinetown) on Monday, August 28, 2006 - 07:33
Koning Blou
Nee ek werk nie, dit is dan ek wat die voorstel gemaak het dat ons iewers moet gaan kuier vir die game.

Ek lees die volgende in Beeld:

"Die stutte Rayno Gerber en Danie Thiart, die losvoorspeler Hilton Lobberts, die senter JP Nel en die skrumskakel Heini Adams sal almal vir die kragmeting met die Streeptruie oorweeg kan word."

Klink vir my goed, maar waar is Bands?
Posted by Terry (Pretoria ) on Monday, August 28, 2006 - 07:34
More Myler,

Haal diep asem, tel tot by 30. As dit nie werk nie slaan iets (maak seker dit is 'n sagte voorwerp). Byt help ook - maar weereens verkieslik aan 'n sagte voorwerp!
Posted by Koning Blou (Centurion) on Monday, August 28, 2006 - 07:37
More Myler

Klink my jy het ook die kamma rugby gekyk die naweek.
Posted by Terry (Pretoria ) on Monday, August 28, 2006 - 07:38
Mooi Terry. Ek dink Marcel en Anon is ook in - wie nog??
Posted by Koning Blou (Centurion) on Monday, August 28, 2006 - 07:39
Die beseerdes wat weer beskikbaar is is goeie nuus, veral noudat JW nog meer Bulle opgetrek het in sy sitcom in ...... Ons sal ons sterkste moontlike span moet speel teen die WP!
Posted by Koning Blou (Centurion) on Monday, August 28, 2006 - 07:41
Ja KB dit is skitter raad - ek het ook vroeër vanoggend op 'n ander webwerf gesien die aanbevelling is Asem in / Asem uit en gaan dan aan.
 
Posted by Blou&blou (Pretoria) on Monday, August 28, 2006 - 07:42
P3 se besering het na kopwond gelyk - weet iemand al hoe ernstig dit is? Nie dat daar hoop is dat hy vrygestel gaan word nie of is hy dalk met die dat AJ opgeroep is.
Posted by Blou&blou (Pretoria) on Monday, August 28, 2006 - 07:44
Hi Kb & Terry

man het vrydagaand die reën getrotseer om die guppies te support sodat hulle die bergbokke kon wen. Papnat gereën en swak rugby gesien. Saterdag weer dieselfde gemors rugby gekyk.

Dan moet mens nog in die koerante snert lees wat Joker kwytraak. lees ook gister dat sekere senior Bokke nie vir "Watson Province" in die span wil hê nie. Hulle is moer arrogant deur sulke dinge kwyt te raak siende dat hulle te k*k sleg is om te wen op hulle eie.

Die hele bok voorry kan gaan so ook die twee slotte en solly en jacques. Butch kan groet en Pissy ook. Kies dan die regte ouens en dinge kan net beter gaan.
Posted by Myler (Pinetown) on Monday, August 28, 2006 - 07:44
Al trek Joker ook al die Bulle in sal hulle nog steeds nie wen nie want hy en sy helpers weet sweet blue boggerol van rugby af.
Posted by Myler (Pinetown) on Monday, August 28, 2006 - 07:46
Koning Blou
Ek dink Bullebak, NDB het gese hulle sal dalk kom. Verder kan ek nie onthou nie, sal maar so deur die dag vir almal nooi.
Posted by Terry (Pretoria ) on Monday, August 28, 2006 - 07:49
'n Paar jaar gelede toe Rudolf en sy kamp staaldraad sy einde ingelui het, het almal hom afgeskiet. Ek dink nog steeds hy het 'n skitter idee beet gehad - net verkeerd uitge-oefen.
In gister se Rapport skryf berig hul dat die Aussies krieket span nou "weermag" opleiding ondergaan om hulle dissipline en uithou vermoë te verbeter.
Ons Krieket span het 'n afrigter laat "fire" toe hy dissipline wou inbring. Ek dink dissipline was Saterdag een van die tekortkominge in die Bokspan.
Posted by Blou&blou (Pretoria) on Monday, August 28, 2006 - 07:50
Dink nie P3 se besering is te ernstig nie B&b, hy sal deel bly van die groep. Maar ek dink tog een van Jacques, P3 of Spies behoort vrygestel te word om die naweek CB te speel - nie al 3 sal in die begin 22 vir die Bokke wees nie.

Van hierdie senior spelers wat nie vir Watson in die groep wil he nie gaan self 'n surprise kry as JW nie meer daar is om hulle te beskerm nie Myler - en dit kan net goed wees vir ons rugby wanneer dit gebeur!
Posted by Koning Blou (Centurion) on Monday, August 28, 2006 - 07:52
BB

Ja nee ons krieket span hardloop weg en is so bang vir verloor dat hulle by die huis sit en n iks doen nie terwyl die ausies hard werk.

Ons kan net bly wees die AB's het net gespeel om voor te bly want as hulle alles ingesit het het hulle die Cheetahs se 78-8 telling na kinderspeletjies laat lyk. Ons spelers het te veel sê en te min trots en hulle word te veel betaal. Dit geld die rugby, krieket en sokker.
Posted by Myler (Pinetown) on Monday, August 28, 2006 - 07:53
Terry, ek dink Bullebak is oorsee die naweek as ek reg onthou. Nie seker oor NDB nie maar ek dink Blou Mamba het gese hy kom ook.
Posted by Koning Blou (Centurion) on Monday, August 28, 2006 - 07:54
Daar slaan jy die spyker nou op sy kop dat die nerwe waai Myler. Ons spelers het te veel se en te min trots!
Posted by Koning Blou (Centurion) on Monday, August 28, 2006 - 07:56
More aan almal,

Ek was maar bietjie skaars die laaste tyd. Ek het darem alles gelees wat julle praat.

Ek voel so sleg oor die duur kaartjie wat ek gemors het. Het darem my frustrasie op Kobus Wiese kon uithaal. (was amper in die moeilikheid by die vrou)

Wiese hou mos nie van die bulle nie (kan dit in sy kommentaar hoor.) Ek het hom gevra hoekom hy so anti bulle is - Sy antwoord "hy sal nie in die volgende millenium die bulle support nie"

Shame die geboe van die skare was nie mooi toe John (walvis) Smit na die tyd praat nie, maar dit kon mens seker lankal sien kom.
Posted by Blounico (Pretoria) on Monday, August 28, 2006 - 07:58
More Blounico,

Ons kan seker nie kwaad wees vir Kobus nie, soos hy NOOIT die Bulle sal ondersteun nie sal ons NOOIT die Leeus, Haaie, WP of Cheetahs ondersteun nie. Ook maar mens, al 160kg. van hom!!
Posted by Koning Blou (Centurion) on Monday, August 28, 2006 - 08:02
Wat gaan die jaar aan met Fort Loftus, kon nog geen span kry wat wen as ek hulle support die jaar nie.
Posted by Myler (Pinetown) on Monday, August 28, 2006 - 08:04
Myler, kan ek jou dan 'n groot guns vra - as die Bulle die einde van September teen die Cheetahs speel, sal jy groot asb. vir die Cheetahs skree?!
Posted by Koning Blou (Centurion) on Monday, August 28, 2006 - 08:05
More aan almal.

Strepies, het jy gesien wie was die man of the match volgens Rapport? Ek dink die bull spelers het baie goed gespeel.

Al wat my kwaad maak is na die nederlaag het joke nie eens die moeite gedoen om te kom verduidelik nie, maar hy reken die dat hulle die laaste 5 min probeer teruggekom het, kan Saterdag net beter gaan.

Die kaptein moet ernstig daaraan dink om gewig te verloor, die laaste 10min het die ander voorspeler probeer om die bal te kry, en hy het 'n mens gedink speel heelagter.

Ek dink ook nie joke se hart is meer in die game nie.

Ons het die talent ons moet net 'n ander game plan kry, almal wag al vir ons met die up and under. Ag kom Bokke julle kan.
Posted by boerbulll (alberton) on Monday, August 28, 2006 - 08:05
Ek hoor julle praat van bymekaar kom Vrydagaand.

Voorlopig is ek in, weet nie wat laer in die week mag voorval nie.
Posted by Blounico (Pretoria) on Monday, August 28, 2006 - 08:06
More Myler,Blounico.

KB,sover gaan ek,jy Terry,Anon en Blou Mamba en ek dink Hennie gaan ook.
Posted by Marcel (Pretoria) on Monday, August 28, 2006 - 08:07
More boerbull,

Gewig verloor gaan nie eens help vir JS nie. Hy sal maar weer van voor af moet gaan leer speel in volgende jaar se Vodacom Cup.
Posted by Koning Blou (Centurion) on Monday, August 28, 2006 - 08:08
En daar is Blounico ook nou op die lys. Wat is die naam van daai plek nou weer Marcel? Jy se Fanie's is so uit soos koekies in die weeshuis?
Posted by Koning Blou (Centurion) on Monday, August 28, 2006 - 08:10
Yes Manne en Dames

Ek weet dis nou die verkeerde tyd vir die maar "here goes":

Ons gaan Saterdag "rugby" kyk in Rustenburg, die eerste toets wat gespeel gaan word in die Royal Bafokeng stadion. Pelle van my het 2 busse gereel, ons kom bymekaar 9:00 by Nic's pub, by Tukkies se LC de Villiers stadion vir 'n brunch. 11:00 vertrek on per luukse busse na Rustenburg. Op die bus is daar bier en wyn op die huis. Na afloop van die game keer as 18:00 terug. By die aankoms by Nic's Pub sal daar snacks/ finger lunch wees. Die prys is R 795 per persson en dit sluit 'n Hoofpawiljioen kaartjie (R400) in. Al jou drinks by Nic's pub is vir jou eie rekening en as jy hardehout wil gebruik op die bus kan jy dit saam vat!

Daar is slegs 1 kaartjie oor - laat weet as iemand sou belangstel! Ons kan die nie rugby waarborg nie maar die partie wel.........
Posted by FRANNA (CENTURION) on Monday, August 28, 2006 - 08:10
Wit Jakkals sê hy kan nie die span verbeter nie, wat van die volgende in die beginspan

Heelagter Pissy uit – Jahan Roets in
Losskakel Butch uit – Andre Pretorius in
Fetcher Solly uit – Luke Watson in (nie dat ek mal is oor hom nie, maar hy is ‘n skitter speler.
Slot Victor uit – Danie Rossouw in
Stut Os uit – Ollie le Roux in (onthou as Os nie te oud is nie is Ollie ook nie te oud nie
Haker John uit – Gary Botha in
Wat sê julle? - enige ander veranderings?
Posted by Blou&blou (Pretoria) on Monday, August 28, 2006 - 08:12
KB

Dit is waar van Wiese. Maar as jy TV kommentaar lewer moet jy darem probeer om neutraal net die "game" te sien.

Wat dink julle wat die Sharks game gesien het van die Losskakel Francois Steyn (Hoop ek het sy naam reg)? Hy lyk vir my kookwater.
Posted by Blounico (Pretoria) on Monday, August 28, 2006 - 08:12
Ek kan jou logika sien om Os met Ollie te vervang maar ek nie daai nikotien longe van hom sal hou nie...
Posted by Blounico (Pretoria) on Monday, August 28, 2006 - 08:15
Laat ek julle gou vertel van Fanie's.Ek en Bullebak het die ongeluk gehad om die Bokke se nederlaag daar te gaan kyk.Die plek is nie op standaard nie.Die "Big Screen " is een van daai "rear projection" skerms en glo my dit lyk glad nie soos 'n big screen as jy na die skerm kyk nie.Die plek het ook geen ventilasie nie,en as jy nie rook soos ek nie,is dit nie 'n baie lekker ondervinding nie.

Ons was daarna by 'n plek,en hier sal ek eers hulle logo moet beksryf,genaam Rugga Bugga's met 'n mannetjie in 'n blou trui onder dit ,en dan staan daar groot onder geksryf. "The Bullring".Die plek het 3 groot projeksie tv's,en 'n paar kleiner tv's ooral opgestel sodat jy nie die aksie vir 'n sekonde mis nie.Daar is 'n groot kroeg en kan jy daar sit en met die mense oorkant jou gesels terwyl almal nog steeds op die stategies geplaasde projeksie skerms kan kyk.Die kos soos ek verstaan is ook baie goed.Ek en Bullebak was dit eens dat dit 'n uistekende plek is om rugby te gaan kyk.

Laat my weet hoe julle daaroor voel,ek sal vir die ouens wat gaan die padaanwysings e-mail.Dink tussen ons het ons almal se e-mail adresse.
 
Posted by Marcel (Pretoria) on Monday, August 28, 2006 - 08:16
Blou&blou,

Stem saam met jou behalwe vir Ollie, hy is verby se beste dae. Os het ook nie so swak gespeel nie en ek sal hom eerder behou.
Posted by Koning Blou (Centurion) on Monday, August 28, 2006 - 08:16
KB

Ja nee sal maar myself moet verneder en vir die opposisie skree. miskien wen ons dan tuis, maar met my luck wen die flippen opponente dan.

Sien Joker het sover net vir AJ vVenter opgeroep, wonder of hy sy kaptein moet leer baklei.
Posted by Myler (Pinetown) on Monday, August 28, 2006 - 08:19
Hel ek is weg vir 'n paar minute ek ek verloor amper die draad van die blog.
Posted by Terry (Pretoria ) on Monday, August 28, 2006 - 08:20
Marcel
Waar is die plek?
Posted by Terry (Pretoria ) on Monday, August 28, 2006 - 08:23
Blou&blou
Ek stem nie saam met Ollie nie, dit ding is oor die muur.
Posted by Terry (Pretoria ) on Monday, August 28, 2006 - 08:25
Hendrik Verwoerd ry laan, ry wes net oor die Ben Schoeman , oorkant groot Toyota garage, skuins oorkant Bosvelder, skuins oorkant Hustler Shop!!
Posted by FRANNA (CENTURION) on Monday, August 28, 2006 - 08:26
Ek wil net vir Os laat rus vir volgende jaar se wêreldbeker. :-)
Onthou as Rassie oorvat dan gaan die cheetahs die binnebaan hê - en as Pieter de Villiers oorvat gaan die assegaaie in tel wees. :-)
Posted by Blou&blou (Pretoria) on Monday, August 28, 2006 - 08:28
Dis soos Franna se Terry,sal gou vir jou 'n e-mail stuur.My aanwysings is net so akkuraat soos Franna sin mbt tot die omligende (Hustler Shop!!) besienswaardighede nie.LOL.
Posted by Marcel (Pretoria) on Monday, August 28, 2006 - 08:31
Sorry moet wees "net nie so akkuraat"
Posted by Marcel (Pretoria) on Monday, August 28, 2006 - 08:32
Rugga Bugga's klink vir my na die plek om die Bulle te sien gatskop Marcel - ek dink ons verskuif dan Vrydag se byeenkoms as dit reg is met almal?
Posted by Koning Blou (Centurion) on Monday, August 28, 2006 - 08:44
Lyk my die mense het almal verdwyn KB.
Posted by Marcel (Pretoria) on Monday, August 28, 2006 - 08:54
Lyk my so ja! Is daar nie ook 'n vliegtuig stert of 'n ding wat uitsteek daar by Rugga Bugga's nie Marcel?
Posted by Koning Blou (Centurion) on Monday, August 28, 2006 - 08:56
Koning Blou
Hoe laat? Sal dalk eers hier by die werk 'n paar doppe drink en dan soontoe gaan.
Posted by Terry (Pretoria ) on Monday, August 28, 2006 - 09:06
Nee,maar jy is naby.Daai stert is by Cockpit,dis 'n pool hall langsaan.
Posted by Marcel (Pretoria) on Monday, August 28, 2006 - 09:07
Terry,Anon het voorgestel dat almal eers by Supersport park bymekaar kom,en 'n worsie braai.
Posted by Marcel (Pretoria) on Monday, August 28, 2006 - 09:09
Terry,Anon het voorgestel dat almal eers by Supersport park bymekaar kom,en 'n worsie braai.
Posted by Marcel (Pretoria) on Monday, August 28, 2006 - 09:09
Terry, Anon het vroeer genoem dat ons sommer na werk by Supersport Park of erens bymekaar moet kom vir 'n bier of wat en dan van daar na Rugga Bugga's moet gaan. Die game begin 19:00 maar ons sal maar heelwat vroeer daar moet wees om seker te maak ons kry lekker plek.

Yes nou weet ek presies waar dit is Marcel!
Posted by Koning Blou (Centurion) on Monday, August 28, 2006 - 09:12
Dink ook dis beter om vroeg daar te wees KB,maar ek moet darem se dis 'n groot plek so ek glo nie sitplek gaan 'n probleem wees nie.
Posted by Marcel (Pretoria) on Monday, August 28, 2006 - 09:18
Marcel
Onthou dit is die BULLE wat speel en nie die Bokkies nie.
Posted by Terry (Pretoria ) on Monday, August 28, 2006 - 09:23
Ook weer waar Terry.

"Smit was nie eergister die gewildste Bok op Loftus nie. Sy span is twee keer uitgejou en hyself ook toe daar ná die wedstryd ’n onderhoud met hom op die veld gevoer is.

Jake White, die Bokke se afrigter, het dit beskryf as betreurenswaardig.

Op die vraag of dié gedrag van die Loftus-skare nie sprekend is van die ongeduld en teleurstelling van Bok-ondersteuners nie, het White verkies om geen verdere kommentaar te lewer nie."

Moet ons nou gelukkig wees as ons geliefde Bokke op hulle tuisveld verneder word!!!?
 
Posted by Marcel (Pretoria) on Monday, August 28, 2006 - 09:28
Marcel,
Ek stem saam - ek en die res van SA is gatvol vir verloor en as Wit Jakkals dit nog nie agter gekom het nie is hy meer "stupid" as wat ek gedink het.
Ek dink nie die uitjou was soseer teen die spelers nie maar teen Wit Jakkals!!!!!!!!!!!!!!
Posted by Blou&blou (Pretoria) on Monday, August 28, 2006 - 09:34
Siende dat Cronje, P3 en Spies nou by die Bokke is wie gaan die Bulle se loosies wees?
Posted by Myler (Pinetown) on Monday, August 28, 2006 - 09:35
Marcel
Weet nie of jy gesien het hoe sukkel John om asem te kry nie. Die walvis is tien ton oorgewig en onfiks.
Posted by Terry (Pretoria ) on Monday, August 28, 2006 - 09:38
Wat van
1. Engels/Roux
2. Botha/Strauss
3. Thiart
4. van Schouwenberg/Louw
5. Fondse
6. Wasserman
7. Lobberts
8. Kuun
9. Adams/Powell/ Basson
10. Hougaard/Steyn
11. Delport
12. Frikkie/JP
13. Dries
14. Demas
15. Roets

Wonder net oor die loosies want weet nie wat Joker beplan.
Posted by Myler (Pinetown) on Monday, August 28, 2006 - 09:40
Hy moet maar gaan Blou&blou.

Myler ek sou se.

8.Kuun (aangesien Pote reeds 'n indikasie gegee het)
7. Lobberts
6. Wasserman.
Posted by Marcel (Pretoria) on Monday, August 28, 2006 - 09:41
Myler
Kuun, Wasserman, en Emile Verster
Dit sal myne wees, of het ek nou vegeet van iemand?
Posted by Terry (Pretoria ) on Monday, August 28, 2006 - 09:42
Ken nie vir Emile Verster nie maar sien reeds hulle kla oor die 0/21 so sukkel sonder hulle sterre en wonder net of hulle hom ook nog sal uithaal. Solank dit net nie weer Brosnihan is nie.
Posted by Myler (Pinetown) on Monday, August 28, 2006 - 09:44
Terry

Dink jy nie Lobberts is baie beter as Wasserman nie?
Posted by Myler (Pinetown) on Monday, August 28, 2006 - 09:45
Myler
Is hy nie beseer nie?
Posted by Terry (Pretoria ) on Monday, August 28, 2006 - 09:47
Myler
Emile Verster het vir ons in die vodacom cup gespeel op no8 en ek dink hy was baie goed, maar hy is nog baie jonk (19 Jaar ou). Maar hy is groot en sterk en vinnig.
Posted by Terry (Pretoria ) on Monday, August 28, 2006 - 09:50
Ek sou se die kans is 99% dat die 22 uit daai spelers sal bestaan Myler.

Terry,Jake se wonderkind moes ook mos fiksheidstoetse ondergaan,of hoe?Miskien was die tweetjies te besig om SA se ondergang te bewerkstellig ipv om na sy fiksheid om te sien....

 
Posted by Marcel (Pretoria) on Monday, August 28, 2006 - 09:50
Ons het iemand nodig wat 'n teenfoeter vir Luke Watson kan wees, en dan iemand wat Diack kan plattrek as hy op loop sit - jammer P3 is uit!!
Posted by Koning Blou (Centurion) on Monday, August 28, 2006 - 09:55
Koning Blou
Ken jy vir Emile Verster, en is Lobberts nie beseer nie.
Posted by Terry (Pretoria ) on Monday, August 28, 2006 - 09:58
Ja Terry ek het Emile Verster al sien speel, hy is goed maar ek weet nie of hy gereed is vir hierdie vlak nie - veral nie in so groot en belangrike wedstryd nie! Ek is nie seker van Lobberts nie, wens hulle wil bietjie weer die site update vir 'n slag!
Posted by Koning Blou (Centurion) on Monday, August 28, 2006 - 10:10
Koning Blou
Ja kan ons nie iemand bel of e-mail nie. Die side moet geupgrade word. Nou WAAR is ons kontakte wat met die Bulle praat?
Posted by Terry (Pretoria ) on Monday, August 28, 2006 - 10:20
Ek besef nou eers dat in die super 14 was die bulls nie eens so sleg soos die bokke teen die all blacks nie. Die bulls het meer 'n show opgesit.

ag ek is so bly my bloed is blou, dit word sommer blouer by die min.

Hulle gaan nie die naweek die Currie Cup "champs"se wydstryd uitsaai nie, hulle gaan die Bulle sin uitsaai. Ons manne moet net die WP seuntjies wys hoe om rugby te speel.

GO BULLE BO!!!

Dalk moet die bulle almal bokke word.
Posted by boerbulll (alberton) on Monday, August 28, 2006 - 10:20
Ek het al verlede week 'n mail gestuur Terry maar lyk my hulle is te besig om nog die naweek se geld te tel .......
Posted by Koning Blou (Centurion) on Monday, August 28, 2006 - 10:21
More al julle Jake White ondersteuners.

Is ek nou besig om 'n sambreel in 'n Leeu se H!!! oop te maak.

Sorry maar Saterdag was my keel nie seer van skree vir die flou bokke nie maar om op hulle te skree veral die useless Walvis wat die kaptein genoem word,as dit die beste in die land is sien ek swarigheid vir die toekoms.
Dit is 'n verleentheid vir die 100 jarige bestaan van die Springbok. Hy (Walvis) is die swakste speler en kaptein in die hele bok bestaan.
Gelukkig het die Bulle nie te swak gevaar nie.
Genoeg van die JW Clowns.
OP die BULLE vir Vrydag.
Vrydag aand het iemand wat baie vir Bands sien gese dat hy al teen die WP op die bank sal wees. Ek hoop regtig so.
Dink ook van die Bulle in die bok groep gaan terug kom om CC te speel hulle sal nie almal daar bly nie.
Posted by hennie (Pretoria) on Monday, August 28, 2006 - 10:27
More boerbulll

Koning Blou wie is die mense wat hulle sommer reguit gebel het, en vir hulle iets gevra het?
Posted by Terry (Pretoria ) on Monday, August 28, 2006 - 10:29
Een goeie ding uit die naweek is dat die BBRU goed geld gemaak het omdat dit vol was. Dus meer geld vir ons om te investeer, op goeie talent.
Posted by hennie (Pretoria) on Monday, August 28, 2006 - 10:29
Terry

hy was beseer maar ek het die indruk gekry dat dit nie te ernstig was nie. hougaard was ook in dieselfde game beseer en weet ook nie hoe dit met hom gaan nie.

Die administrator van die site slaap seker nog of hy het aangesteek by Joker.
Posted by Myler (Pinetown) on Monday, August 28, 2006 - 10:30
Kan nie onthou nie Terry. Kom ons hoop maar vir die beste!
Posted by Koning Blou (Centurion) on Monday, August 28, 2006 - 10:35
Hallo hennie
Dit klink na baie goeie nuus as Bands kan terug kom.
Posted by Terry (Pretoria ) on Monday, August 28, 2006 - 10:42
Goeiemore

Ek hou nie daarvan om n speler uit posisie te speel nie ,maar ek sal die naweek met Cliffie Milton op 7 waag en Derrick en Lobberts die res van loosies.Sal beslis vir Fondse voor Louw speel.Asb, tog net nie met Wessel op stut begin nie (behalwe as die res nog beseer is.Ek sien ook Pote soek alweer vir sy kaptein plek op die wing,man dit laat my aan die bokke se kaptein dink, net in die span omdat hy kaptein is!!!!!!!!!

Frikkie is n senter en as hy nie goed genoeg is om op senter diens te doen nie moet hy uit(bench toe)My backline sal wees(inaggenome almal is fiks)

9.Heine
10.Derrick
11.delport
12.Dries
13.Frikkie
14.Stefan
15.Roets

Bench
Morne
JP
Demas

Weet iemand wat het van Riaan vd berg geword?
Posted by loftus (pta) on Monday, August 28, 2006 - 10:50
Watter loosies het ons nog oor.

Tim se rugby lyk verby.
Lobberts dalk nog beseer
Cronje by bokke
P3 by bokke
Speis by bokke
Kuun
Wasserman
Verster
Brosnihan
???????
en wie nog?
Posted by Terry (Pretoria ) on Monday, August 28, 2006 - 10:52
More loftus
Riaan vd berg was beseer maar hy is amper weer reg om te speel.
Posted by Terry (Pretoria ) on Monday, August 28, 2006 - 10:54
In die huidige Bok opset sou een van SA en WERELD RUGBY SE BESTE FLANKE NIE SPAN GEKRY HET NIE ,Ruben Kruger
Posted by loftus (pta) on Monday, August 28, 2006 - 11:13
Terry

Daar by die o/21 is n loosie (6 flank teen leeus gespeel en geel kaart gekry)kan nie sy naam onthou nie ,hy het vir my op die dag beter gelyk as Emile ,het n regte loosie houding ,die vuilstreep inkluis.Het na n belegging vir toekoms gelyk.
Posted by loftus (pta) on Monday, August 28, 2006 - 11:20
loftus
Dit is een van hierdie 2 ouens wat jy van praat Phillip Woest, Deon Stegmann.
Jy is reg oor Ruben Kruger.
Posted by hennie (Pretoria) on Monday, August 28, 2006 - 11:40
hennie
Is een van die twee (Phillip Woest, Deon Stegmann.
) goed genoeg om nou al vir ons te speel?
Posted by Terry (Pretoria ) on Monday, August 28, 2006 - 11:55
More More Blou vrinne.

Lanklaas kans gehad om te kom inloer. Lyk of als nog lekker mooi loop. Mooi so.

Die Bloues is uitgerus en reg vir julle volgende game ek glo, die SHARKs het WP weer laat les op se, en ai tog - die arme bokke het alweer gaan staan en verloor.

Ek will net se, ek stem, dit is nou tyd om John, Percy en Os te laat rus - lang lang lang rus. Daar is vele ander wat die job beter kan doen.

En dan die alewige spelers uit posiesie speel (ala Ruan), kan ook maar gerus gestop word. En aai tog, hoekom o hoekom skop ons skrumskakel en los skakel die bal so baie weg, lyk my die game plan moet bietjie hersien worre.

Maar nou ja, kla help dit ook nie, hoop en bid, ja nee, hoop en bid lyk my die enigste uitweg te wees.

Lekker dag.
 
Posted by 100%SHARK (Richards Bay) on Monday, August 28, 2006 - 12:08
STEGMAN DIT IS HY.Hy het my op die dag meer beindruk as Emile ,in elke geval sal ek hom en Emile voor Brosnihan speel op huidige vorm.Emile se hantering het op die dag bietjie suspect voorgekom.Ek dink beide is goed genoeg om nou al te speel,met die huidige te kort aan loosies.
Posted by loftus (pta) on Monday, August 28, 2006 - 12:11
Hallo 100%SHARK

Geluk met jou span, sien dit was 'n modder geveg in die shark tank. Ek hou nogal van julle losskakel, die mannetjie het beweeglike voete aan hom.

Ja ek dink ons is reg vir die Wiepie, net jammer JW kom van al ons los trio net voor so 'n belangrike game. Maar gelukkig is van ons beseerde spelers weer terug.
Posted by Terry (Pretoria ) on Monday, August 28, 2006 - 12:20
loftus
Ek ken hom nie, en het hom ook nog nie sien speel nie. Maar ek stem saam met jou, ek dink Brosnihan se tyd is nou verby, net so ook Hottie.
Posted by Terry (Pretoria ) on Monday, August 28, 2006 - 12:27
Hallo aan al my Blou Vrinne,

Hoop julle voel al so bietjie beter na Saterdag se fiasko. Ek was laat Vrydag middag genooi om saam met Spoornet in hulle losie na di game te gaan kyk en hoe toe maar gou gesê ja, maar tot my spyt. Die game was uiters pateties en ek dink dis nou regtig tyd vir JW. Percy, en Walvis om te retire. Gelukkig was die kos en drank in die losie darem die moeite werd.

Kan nie wag vir Vrydagaand nie. Sien ons gaan nou bymekaar kom by "Rugga Bugga". Het die aanwysing gesien en hoort die plek darem te kry. Beplan julle om 'n worsie te braai by Supersport voor doe game?

Dan die rugby bal/trui storie met die bulle se handtekeninge op waaroor ons gesels het Vrydag. Dit lyk my nie ek gaan regkom soos wat ek gehoop het nie. Iemand het genoem ek dink dit was Bloumal of Blou&Blou dat hulle miskien iets sal kan reël.
Posted by BLOU MAMBA (Johannesburg) on Monday, August 28, 2006 - 12:51
Waar is almal nou. Dit lyk my ek praat met myself.
Posted by BLOU MAMBA (Johannesburg) on Monday, August 28, 2006 - 12:56
Dag se almal
Ai ek was daar op die stadium, baie lekker gewees behalwe natuurlik vir die verloor. Snaak lees nou so op die sharks website, Foure du Preez se skoppe was alles useless gewees, en Butch moes skop omdat Fourie hom swak bal gegee het. Natuurlik moan hulle nou oor Ruan se posisie, toe ons moan oor ou Jaco wat uit posisie gespeel word toe is net moan gatte.
Posted by BlueBullFranklin (Pretoria) on Monday, August 28, 2006 - 13:01
Hallo BM,

Ons sal seker nader aan die tyd finale reelings tref vir Vrydag aand maar sover lyk dit my gaan ons na werk bymekaarkom by Supersport Park vir 'n worsie braai en paar biere en dan van daar aanbeweeg na Rugga Bugga's
Posted by Koning Blou (Centurion) on Monday, August 28, 2006 - 13:01
Hallo BB Franklin,

Die Sharkies darem!! Snaaks dat Pretorius soveel meer kon regkry met Fourie d Preez se balle as Bitchie. En snaaks dat Fourie d Preez Rapport se beste speler van die wedstryd was!!
Posted by Koning Blou (Centurion) on Monday, August 28, 2006 - 13:03
Hallo BLOU MAMBA
Ja ons gaan by "Rugga Bugga" rugby kyk. Ons sal nog moet reel of ons iewers 'n braai gaan maak.
Posted by Terry (Pretoria ) on Monday, August 28, 2006 - 13:07
Iets interresants opgemerk in Vrydag se modderbad.Sharks het duidelik vir Luke ge teiken en by elke ruck waar Luke was het hulle met agressie op hom skoon gemaak,hy was later glad nie meer so betrokke soos in vorige games nie.

Ek twyfel nie aan ons backs se vermoens nie maar ons forwards se commitment is vir my n bekommernis,Lobberts is n moet .Die bietjie wat ek vanhom gesien het ,het hy vir my gelyk soos iemand wat die vuur daar voor aan die brand kan steek en die pap dik kan aanmaak.
Posted by loftus (pta) on Monday, August 28, 2006 - 13:14
Ja jong mense sien ook net raak wat hulle wil.
Posted by BlueBullFranklin (Pretoria) on Monday, August 28, 2006 - 13:15
Hallo BlueBullFranklin
Gaan jy ook saam vrydag?
Posted by Terry (Pretoria ) on Monday, August 28, 2006 - 13:20
Stem saam oor Lobberts loftus. Nog iemand wat met vuur speel is Kuun, die twee is hopelik beide daar teen die mode poppies ......
Posted by Koning Blou (Centurion) on Monday, August 28, 2006 - 13:23
Terry ongelukkig nie ek moet deur gaan Secunda toe het birthday part daar. Die tema is nogals Rugby, die girl wat Vrydag verjaars is WP so sy hoop seker sy kry van hulle 'n birthday present.
Posted by BlueBullFranklin (Pretoria) on Monday, August 28, 2006 - 13:27
BlueBullFranklin
Dit is jammer dat jy ons nie kan join nie, geniet jou party. Koop vir haar 'n Blou Bul persent.
Posted by Terry (Pretoria ) on Monday, August 28, 2006 - 13:34
Die Bulle skuld almal van ons 'n verjaardag present omdat hulle so swak was op Loftus die jaar ...... Weet nie van julle nie maar 'n wen teen WP op Nuweland sal soort van opmaak daarvoor!
Posted by Koning Blou (Centurion) on Monday, August 28, 2006 - 13:36
BlueBullFranklin,

Miskien sal die girl so gefasineer word deur die bulle se oorwinning dat sy 'n omkeer sal maak en die bulle ondersteun. Dan maak julle volgende jaar se tema net blou.
Posted by BLOU MAMBA (Johannesburg) on Monday, August 28, 2006 - 13:37
Ja jong dit is nou al die 2de keer maar met die Cheetahs game gaan ek beslis julle manne join
Posted by BlueBullFranklin (Pretoria) on Monday, August 28, 2006 - 13:38
KB,

Stem saam, as die Bulle op Nuweland die Wiepie verslaan glo ek dit sal baie selfvetroue terugbring en dit sal dan ook makliler wees wanneer ons dia ander oorblywende wedstryde aanpak.
Posted by BLOU MAMBA (Johannesburg) on Monday, August 28, 2006 - 13:40
'n Hele paar van ons gaan na die Puma wedstryd ook kyk BBFranklin.
Posted by Koning Blou (Centurion) on Monday, August 28, 2006 - 13:40
Die WP sien die wedstryd ook as 'n moet wen een vir hulle. Soos Errol altyd se: "Dit gaan 'n titaniese stryd wees" Selfs al het hul verloor die naweek is die WP nog hoog op selfvertroue en die Bulle gaan hul beste wedstryd van die jaar moet speel om die een deur te trek ......
Posted by Koning Blou (Centurion) on Monday, August 28, 2006 - 13:44
Blou mamba
Ag ek wens sy kom oor bulle toe maar sy is te hardkoppig
Posted by BlueBullFranklin (Pretoria) on Monday, August 28, 2006 - 13:44
Middag rugby-mense.

Ek gaan probeer om nie te veel te kerm oor die Bokke nie - genoeg is al gesê! Ek wil net byvoeg dat ek dink Habana sal moet werk aan sy game. Hy is nie meer so elktries soos verlede jaar nie en sy opsies is swak. Sy hande is ook pateties. Verder hoort Solly ook nie daar nie, maak nie sak watse slim verskoning JW en sy keurkomitee het nie. Selfs al moet ons 'n swart speler speel het ons beter...

En dan sien ek hier is genoem dat Fourie te veel geskop het. En nieteenstaande die Raport se mening moet ek saam stem. Tussen Butch en Fourie is daar heeltemaal te veel balle geskop. Fourie se skopwerk was baie goed, maar te veel. Al wat ek kan dink is dat hulle onder insruksies gespeel het...

Verder sien ek julle is bekommerd oor julle lostrio vir die naweek. Ek dink julle is bevoorreg met baie diepte in daardie omgewing en sal steeds 'n goeie span kan kies. En van jullke spelers sal seker ook deur JW vrygestel word, afhangende van hoe die beserings herstel.
Posted by Vrystater! (pretoria) on Monday, August 28, 2006 - 13:45
Hallo Vrystater,

Ek glo ook Fourie is aangese om so baie te skop. Sy algemene spel was egter baie goed en hy was die veld vol - stem saam met Rapport dat hy die beste Bok speler was op die dag (kortkop voor Jacque Fourie!)

Die Bulle het dalk baie diepte in die losvoorspeler area maar dit is belangrik om die regte kombinasie te kies vir die wedstryd teen die WP - dit is waaroor ons bekommerd is.
Posted by Koning Blou (Centurion) on Monday, August 28, 2006 - 13:58
Middag Vrystater,

Weet jy, ek en een van my kollegas sit nou net en gesels oor Habana. Hy is besonder stil en het nie meer die werkverigting wat ons van hom verwag nie. Ek dink hulle moet sommer die hele Bokspan die naweek ook vervangmet 'n totale nuwe span. Ons het tog nie iets om te verloor nie. Dit is mos 'n goeie tyd om te toets. Miskien kan hulle dan die bulle wat vir die bokspan speel almal vrystel om Vrydagaand te speel.
Posted by BLOU MAMBA (Johannesburg) on Monday, August 28, 2006 - 14:00
Dis waarhede wat jy daar uiter BM!
Posted by Koning Blou (Centurion) on Monday, August 28, 2006 - 14:07
Fourie du Preez is by verre die beste no 9, sal net wil sien dat hy meer moet probeer breek!

Solly moet gaan, Kabamba Floors is baie beter.
BJ Botha moet bly - CJ is over rated
Ons kort Bakkies dringend - van dat hy nie speel is daar voortdurend 'n gestampery en dan speel Victor ook nie soos hy kan nie.

Petoors moet nou maar oor vat as losskakel.Butch James is slegs 'n skakel.

Percy moet uitgesit word - speel enigiemand behalwe Ruan daar. Ruan is die 2 de beste no 9.


 
Posted by FRANNA (CENTURION) on Monday, August 28, 2006 - 14:09
KB,

Dit was mos Bloumal of Blou&Blou wat gesê het dat hulle miskien handtekeninge kan kry by die spelers wanneer hulle oefen. Miskien moet hulle sien wat hulle kan kry.
Posted by BLOU MAMBA (Johannesburg) on Monday, August 28, 2006 - 14:11
Ek dink dit was Blou&blou maar is ook nie meer seker nie BM. Ons sal kyk wat ons kan doen, moet op een of ander manier so iets gedoen kan kry!
Posted by Koning Blou (Centurion) on Monday, August 28, 2006 - 14:14
Middag Koning Blou - Ek sê nie Fourie is 'n slegte speler nie. Sy taktiese skopwerk is verseker die beste wat ons het en hy het saterdag oor die algemeen 'n goeie wedstryd gehad. Ek hou maar net nie van 'n skoppende skrumskakel ( of losskakel ) nie! Te veel goeie balle word deedae weg geskop, en dan as ons knie-diep in die poef is begin ons bietjie spel skep en hardloop - en dan lyk dinge sommer skielik beter!

Jy is absoluut reg oor kombinasies van losvoorspelers. Ek het vrydag vinnig my opinie daaroor op die blog gegee. Julle sal moet mooi dink oor wie julle kies want WP se lostrio vul mekkar goed aan. Luke bly goed en Diack is kliphard - hy laat my nogal aan Anton Leonard dink. Dit gaan nie 'n maklike game wees nie, maar julle het die spelers.

Blou Mamba - Ek stem saam, as ons wil eksperimenteer is dit nou die tyd. Ons het niks om ( verder ) te verloor nie. Weet nie wat om met Habana te maak nie, want hy is 'n briljante speler - maar hy is nie op vorm nie. Dalk speel hy ook onder instruksies?

Ek dink Muir en Rassie het iets geleer oor vryheid van spelers op die veld om hulle eie keuses te maak en die game te speel soos hy ontvou. Ons het ouens met goeie rugby vertsand, hulle gebruik dit net nooit nie!
Posted by Vrystater! (pretoria) on Monday, August 28, 2006 - 14:16
Middag Franna,

Ek dink ook Fourie is maar nog ons beste skrummie verseker. Ruan is die regte replacement sou hy seerkry. Kyk net hoe goed het Petoors en Fourie gekombineer.

Stem saam met die res van jou kommentaar.
Posted by BLOU MAMBA (Johannesburg) on Monday, August 28, 2006 - 14:17
Hou ook nie van al die geskoppery nie Vrystater, veral nie teen seker die beste teen-aanval span ter wereld nie!!
Posted by Koning Blou (Centurion) on Monday, August 28, 2006 - 14:25
Ruan gaan nog 'n briljante skrumskakel word, al probleem is hy verloor kop waneer die druk te erg raak.
Posted by BlueBullFranklin (Pretoria) on Monday, August 28, 2006 - 14:25
O ja, voor ek vergeet, jaag John Smit die see in. Kies die beste 22 en dan 'n kaptein uit hulle. Sommer ook 'n adjunk wat kan instaan as jy die kaptein wil vervang as hy 'n af dag het! John Smit sal nie eers Affies se span haal op stut nie maar hy moet op bly omdat hy die kaptein is - hulle moes hom 20 minute voor die einde afgehaal het en Chili 'n behoorlike kans gegee het. Jean kan mos oor vat as kaptein!
Posted by FRANNA (CENTURION) on Monday, August 28, 2006 - 14:28
Middag Franna.

Stem saam oor Kabamba, dink net ek sal eerder vir Luke speel as ek kan kies. Kabamba dalk vir eers op die bank. BJ is 'n yster en sal jou nooit in die steek laat nie. CJ bly egter vir my 'n goeie speler en ek sal hom daar hou. Bakkies is 'n absolute MOET!! Ons kort vuur voor en hy is die man. Selfs AJ kan dalk ook bietjie kom help. Dit lyk of ons vaste vyf te sag is - te veel glammer en te min in klim! Percy moes lankal gegaan het. Roets moet daar speel, of selfs Petersen of Aplon. Pienaar is wat my aanbeterf ons beste nr 9 - hy is die volmaakte skrumskakel. Kan skop, breek, pass en verdedig. Niks teen Fourie nie - seker maar net 'n kwessie van smaak.
Posted by Vrystater! (pretoria) on Monday, August 28, 2006 - 14:28
Hallo Vrystater!
Ja vat baie raak vandag, ek sal graag wil sien dat Habana terug kom Bulle toe, hy is nou amper in die selfde bootjie as wat Derick was toe hy vir die Bokke gespeel het. Dalk het Habana bietjie groot kop gekry, so bring hom huis toe sodat Meyer weer met hom kan werk.
Posted by Terry (Pretoria ) on Monday, August 28, 2006 - 14:30
Middag almal

Ek stel voor ons gaan sit die gesprekke voort op die Afrikaanse deel van die blog. Dit is nog dol leeg en sal dit makliker en vinniger maak.
Posted by Myler (Pinetown) on Monday, August 28, 2006 - 14:31
CJ het ons laas jaar die 3Nations gekos toe hy in Carisbrook nie kon staan nie. Wanneer laas het hy iemand geskrum? BJ , Cobus Visagie en selfs Jannie du Plessis is beter. Belangrikste posisie in rugby is nr3 en die 2 de belangrikste die reserwe vaskop!
Posted by FRANNA (CENTURION) on Monday, August 28, 2006 - 14:33
Ek kry Ruan jammer dat hy so rond ge$%@#* word in al die verskillende posisies. Hy kry nie tyd om sy game as skrumskakel te bevorder nie, seker juis omdat hy so baie talent het!

Franna - ek sal saam help jaag aan John Smith. Ons het heelwat beter hakkers.

Koming Blou - die AB's het ons soos 'n blinde skool laat lyk met hulle teenaanvalle na ons sinnelose geskoppery. Niemand volg eers op nie, en die hulle het seker gedink hulle speel spook-rugby... Aanval bly maar die manier om te verdedig en om die balretensie te verseker.
Posted by Vrystater! (pretoria) on Monday, August 28, 2006 - 14:37
Lekker Lekker like a fire krakker.

Ek stem - Ek stem, drop John, Percy, Solly en Os, moenie mors met Ruan op Fullback - hy is n nommer 9, Rus maar gerus ook vir Victor en Habana.

Gou gou moet ons eksperimenteer. Maar op n ernstige noot - die manne hierbo genoem kan gerus maar bietjie terug kom CC toe, hulle speel nie naastenby Bok rugby nie.

Wat Fourie en Butch behels - laat huule hul normale game speel - ni JW se skop skop so game nie.

Man ek kan nie glo dat JW glo die manne wta hy nou speel die beste in SA rugby is nie - hy is beslis of blind of dronk.

Ek se nie hy is nie n goeie afrigter nie, hy het minstens ons van die planke afgehaal to nommer 2 in wereld net nou onlangs nog. Ek se net JW - staan op en kies die beste - los die alewige vashou aan test caps en die skuil agter kwotas.
Posted by 100%SHARK (Richards Bay) on Monday, August 28, 2006 - 14:37
Ek het juis gesê dat ek NIE kon regkom met die handtekeninge van die Bulle nie omdat Sportoria die handelsreg hou en hulle beskerm hulle regte erg.
Iemand anders (kan nie onthou wie) het toe gesê dat hy altyd handtekeninge kry by die Bveld na die oefen sessies.
Posted by Blou&blou (Pretoria) on Monday, August 28, 2006 - 14:43
Ok jammer Blou&blou, dan was dit seker Bloumal!
Posted by Koning Blou (Centurion) on Monday, August 28, 2006 - 14:47
Ons het geskuif na die AFRIKAANSE seksie
Posted by Blou&blou (Pretoria) on Monday, August 28, 2006 - 14:48

 

 

   
 
 

Maintained by Hein Venter
Last updated on 2006/09/09 06:40:58 PM