Blou Bul Bloggers - Archives  

Bulle se Bokke is terug
Posted on Tuesday, September 12, 2006 - 10:52
Pedrie Wannenburg © Touchline PhotoDie Vodacom Blou Bulle sal 'n paar van hul Drienasies-Springbokke terug hê vir Saterdag se tawwe Absa Curriebeker-wedstryd teen die Sharks in Durban.

Pedrie Wannenburg, Wynand Olivier, Akona Ndungane en Chiliboy Ralepelle, wat almal in die onlangs Vodacom Drienasies gespeel het, behoort teen die Sharks te speel.

'n Vyfde Bok, die witwarm Pierre Spies, wat uitgeblink het in die Bokke se laaste twee toetse, is in 'n wedloop teen tyd gewikkel om reg te wees vir die KwaZulu-Natallers. As Spies betyds sy kniebesering kan afskud, sal hy saamreis Durban toe.

Pote Human, die Bul-afrigter, krap nog kop oor hoe hy vir Ralepelle wil inspan. Gary Botha sal moontlik die kapteinskap by die beseerde Frikkie Welsh oorneem, terwyl Adriaan Strauss moeilik weggelaat kan word ná sy goeie spel teen die Pumas.

"Chiliboy het laas op 25 Junie vir die SA o.21's 'n volle wedstryd gespeel, en hy kan dalk minder wedstrydskerp wees," sê Human. Ralepelle, wat Maandag 20 geword het, kan deur die Bulle se o.21's gebruik word, wat ook teen die Sharks speel.

Die Bulle sal sonder beseerdes soos Welsh, Johan Wasserman en Danwel Demas wees, terwyl die gekontrakteerde Bokke Victor Matfield, Fourie du Preez en Bryan Habana nie vanjaar Curriebeker-rugby sal speel nie.


Blue Bulls Blog
Hallo julle.
Posted by Terry (Moreleta Park, Pretoria) on Tuesday, September 12, 2006 - 16:08
Terry
Hi daar! Wow, na 'n moooo-se gesukkel is ek terug!
Goeie nuus dat Spies oefen ne?!
Posted by MORNE FAN. . . (PRETORIA) on Tuesday, September 12, 2006 - 16:13
Hallo Terry/Morne Fan - is ons die enigste drie op die blog?

Is die ander mense iewers op 'n ander thread dalk?

ek het my g@t afgesukkel om in te kom - gelukkig is hierdie thread skoon
Posted by Ligbloues (Pretoria) on Tuesday, September 12, 2006 - 16:14
MORNE FAN
Ja dit is, ek dink ons het nou 'n goeie span, hoop net hulle kliek vinnig.
Posted by Terry (Moreleta Park, Pretoria) on Tuesday, September 12, 2006 - 16:20
Ligbloues
Ek dink almal is al huis toe, ek het op al die ander threads gese hulle moet hierna toe kom.
Posted by Terry (Moreleta Park, Pretoria) on Tuesday, September 12, 2006 - 16:21
Middag mense

Hier is my span vir die naweek as almal reg is:

15) Roets
14) Akona
13) Wynand
12) Dries
11) Delport
10) Hougaard
9) Adams
8) P3
7) Lobberts
6) Spies
5) Van Schouwenburg
4) Rossouw
3) Gerber
2) Botha (c)
1) Engels

16) Thiart
17) Strauss
18) Fondse
19) Kuun
20) Basson
21) Steyn
22) JP Nel

Het die Bulle nog vleuels behalwe Trompie en Danwel? As hulle het wie?? Ek dink ook dat die Bulle n ander skrummie moet koop iewers. Ons kort iemand jonk soos Vermaak van die Leeus


 
Posted by Nitronic (Germiston) on Tuesday, September 12, 2006 - 16:22
O...
Ek is ook bly oor spies, ons het bietjie vuur nodig in ons span - hy het soos 'n demoon gespeel die afgelope twee games
Posted by Ligbloues (Pretoria) on Tuesday, September 12, 2006 - 16:23
Nitronic
Wat van Basson op skrummie, en Roets op heelagter.

Kom jy saam met ons kuier, die naweek.

Ligbloues
Kom jy nie die naweek nie?
Posted by Terry (Moreleta Park, Pretoria) on Tuesday, September 12, 2006 - 16:25
Terry

Dit kan werk, maar ek Basson is n 7's speler en hy sal meer gevaarlik wees op vleuel en heelagter.

Waar kuier julle?
Posted by Nitronic (Germiston) on Tuesday, September 12, 2006 - 16:27
Tyd om te groet.

praat more
Geniet dit.
 
Posted by Nitronic (Germiston) on Tuesday, September 12, 2006 - 16:28
Nitronic
Ons kuier by Rugga Buggas in Centurion.
Posted by Terry (Moreleta Park, Pretoria) on Tuesday, September 12, 2006 - 16:28
Du Dum, Du Dum - Du Dum - The SHARK is back for a bull atack.

Hey hey - - ek sien n Vrystater hier - - welkom mielieblom. Toe maar - toe maar - net lighartige grappie.

Kyk ek stem, Vrystaat is die "
In Form Team" - die pace setters, die light flashing UFO in the dark night sky. kyk hulle verdien hulle log position. Maar close is the competition between the top 5 - en wie weet hoe die dice gaan rol, wie gaan wen en wie gaan 2de viool jol.

Ek se die hongerste, begeerigste bes voorbereide span gaan die beker die seisoen vat. Almal will he dit moet hulle darling unie wees - en dis hoe dit hoort.

Maar ek moet gaan met my passion en se ek voel sommer so in my bones - die SHARKS gaan saterdag wen.

Maar dis genoeg vir vandag, voor le n donker nag. Chat weer more - mooi bly en lekker doeks - van n 100%SHARK.

Cheers vir eers.
Posted by 100%SHARK (Richards Bay) on Tuesday, September 12, 2006 - 16:29
Middag mense
Weet julle watter Bokke
is terug vir die Sharks.
Posted by Koeks (Boksburg) on Tuesday, September 12, 2006 - 16:29
Terry
Ja ek doen sover ek weet.

Ek hou ook van Basson op heelagter, maar my mening is dat ons hom meer nodig het om skrummie want Adams maak my mal (wel met tye) - hy kry so bevlieging om elke liewe bal weg te skop en hy is stadig agter die losgemale
Posted by Ligbloues (Pretoria) on Tuesday, September 12, 2006 - 16:30
Hallo 100%SHARK
Posted by Terry (Moreleta Park, Pretoria) on Tuesday, September 12, 2006 - 16:31
Koeks
Vra vir 100%SHARK, dalk weet hy.
Posted by Terry (Moreleta Park, Pretoria) on Tuesday, September 12, 2006 - 16:32
100%Shark

Wie van julle Bokke is terug.
Posted by Koeks (Boksburg) on Tuesday, September 12, 2006 - 16:33
Die mense wat nog saam met ons wil gaan Kuier by Rugga Buggas in Centurion, sit jou naam by:

Hier is die lys wat ek het:

Blou Blaas
Blou Bul Meisie
Blou dacom
BLOU MAMBA
Bullebak
Franco
Ligbloues
Lippies
Marcel
MORNE FAN
Spy007
Terry
Posted by Terry (Moreleta Park, Pretoria) on Tuesday, September 12, 2006 - 16:34
Terry
Nope, is nie weg nie! Hier tot 18h00 onthou.
Posted by MORNE FAN. . . (PRETORIA) on Tuesday, September 12, 2006 - 16:41
MORNE FAN
Het jy toe reg gekom met jou reelings vir die naweek?
Posted by Terry (Moreleta Park, Pretoria) on Tuesday, September 12, 2006 - 16:44
Terry
Ek wag nog vir die uwe assistent op 'n antwoord!
Sal bietjie vuur onder haar moet maak!
 
Posted by MORNE FAN. . . (PRETORIA) on Tuesday, September 12, 2006 - 16:45
MORNE FAN.
Maak so, want jy kan nie weer uit mis nie.
Posted by Terry (Moreleta Park, Pretoria) on Tuesday, September 12, 2006 - 16:46
Terry
EK WEET!
Posted by MORNE FAN. . . (PRETORIA) on Tuesday, September 12, 2006 - 16:51
Hallo Terry,

Jy nog daar?
Posted by BLOU MAMBA (Johannesburg) on Tuesday, September 12, 2006 - 16:55
Hallo daar BLOU MAMBA!
Lank laas van jou gehoor!
Posted by MORNE FAN. . . (PRETORIA) on Tuesday, September 12, 2006 - 16:56
BLOU MAMBA
Ja ek is hier, hoe gaan dit?
Posted by Terry (Moreleta Park, Pretoria) on Tuesday, September 12, 2006 - 16:57
Hallo Blou Mamba,

Koeks
ek het die volgende op supersport gekry, miskien help dit -

Among the non-contracted players who may return to Currie Cup duty on Saturday are flyhalf André Pretorius, scrumhalf Ruan Pienaar, lock Johann Muller and loose forwards Pierre Spies, Pedrie Wannenberg and AJ Venter.

 
Posted by Ligbloues (Pretoria) on Tuesday, September 12, 2006 - 16:59
BLOU MAMBA
Wie het jy gese bring jy saam.
Posted by Terry (Moreleta Park, Pretoria) on Tuesday, September 12, 2006 - 17:00
Hallo Vrinne

Sien uit na die naweek se wedstryd, ek weet die bulle sukkel maar die jaar in die currie beker...maar ek het so gevoel ons blou span gaan opstaan die naweek.

Dus 'n maak of breek game myns insiens. As on saterdag verloor kan ons maar net sowel, 'n klomp kamp staaldraad oefeninge saam met die Spears hou vir die res van die jaar...

Ek dink ook die spelers besef dus nou tyd om voluit te speel, konsentreer en die ding te doen.

Net 'n jammerte oor Victor, met hom daar saam met Danie sou ons soos voorheen die lynstane absoluut gedomineer het...

Ek is ook nie heeltemal happy met ons huidige skrumskakels nie, so ook ons voorrye (Engels uit gesluit). Soos reeds vandag al gese, ons moet bietjie gaan kyk na daai griquas voorrye en hul kaptein.

Tog is ek bly die guppies, aka former banna boys klink klaar so asof hulle reeds gewen het...Dit kan net in ons guns tel...

Time to stand up and be counted Bulle, sal nou sien of julle goed genoeg is of nie.

Bulle Bo!
Posted by Aiken Drum (Pretoria) on Tuesday, September 12, 2006 - 17:00
MORE FAN/Terry,

Man die werk hou my regtig besig. Ek het Maandag middag 2 uur 'n tender gekry vir die vervoer van 14 veskillende kommoditeite vir uitvoer vanaf omtrent 40 silos en Durban Hawe na veskeie destinasies in Afrika. Die tender moet moreoggend 11h00 Rome tyd uit wees. Dit is vir die honger ouens in Afrika. So ek werk basies my g-t af om die tender uit te kry maar ek is amper daar. Nou is die fone ook lekker stil en alamal weg huistoe wat my kans gee om hallo te sê.
Posted by BLOU MAMBA (Johannesburg) on Tuesday, September 12, 2006 - 17:02
Aiken Drum
Ek het jou gister gevra of jy saam kom die naweek en jy het my nooit geantwoord nie.
Posted by Terry (Moreleta Park, Pretoria) on Tuesday, September 12, 2006 - 17:04
Sorry MORNE FAN en nie MORE FAN nie. Kan sien my vingers is koud vir blog.
Posted by BLOU MAMBA (Johannesburg) on Tuesday, September 12, 2006 - 17:04
BLOU MAMBA
Sterkte jong! Dis maar hierdie tyd van die jaar, wil nie eers begin om te sê hoe DOL dit hier gaan nie!
Gelukkig is daar lig aan die einde van elke tonnel! :-)
Posted by MORNE FAN. . . (PRETORIA) on Tuesday, September 12, 2006 - 17:05
Terry,

Ek bring my ou swaerie van jou omgewing saam. Ook 'n groot bul. Bly in Grotius Straat.
Posted by BLOU MAMBA (Johannesburg) on Tuesday, September 12, 2006 - 17:06
MORNE FAN. sien ek jou Saterdag?
Posted by BLOU MAMBA (Johannesburg) on Tuesday, September 12, 2006 - 17:07
BLOU MAMBA
Toemaar, ons is mos nou al gewoont aan jou spelling! LOL
Posted by MORNE FAN. . . (PRETORIA) on Tuesday, September 12, 2006 - 17:07
MORNE FAN,

Jissie whil jy vir mei sê diss soe sleg?
Posted by BLOU MAMBA (Johannesburg) on Tuesday, September 12, 2006 - 17:08
Terry,

My maat, ons gaan Saterdag darem lekker gat skop of hoe? Ek dink ons kan 'n uitstekende soan kies vir Saterdag. Jong ek is nou so opgewonde oor al die dinge wat gebeur (ons T-HEMDE, bymekaar kom Saterdag en sommer net die BLOU MASJIEN te ondersteun) ens. Sien regtig daarna uit om almal te ontmoet wie ek nog nie ontmoet het nie.
Posted by BLOU MAMBA (Johannesburg) on Tuesday, September 12, 2006 - 17:12
Ek het toestemming gekry by my wederhelfte om Saterdag by RB te gaan kuier en die game te kyk. So ek sit my naam by en ek sal julle daar sien.

Blou&blou
Blou Blaas
Blou Bul Meisie
Blou dacom
BLOU MAMBA
Bullebak
Franco
Ligbloues
Lippies
Marcel
MORNE FAN
Spy007
Terry
Posted by Blou&blou (Pretoria) on Tuesday, September 12, 2006 - 17:15
Blou@Blou,

Mooi man, the more the merrier. Bring jou helfte saam.
Posted by BLOU MAMBA (Johannesburg) on Tuesday, September 12, 2006 - 17:16
Eish Terry...ek pleit bewusteloos, onthou ek was 'n premature baby.... en ek het reply...lol

Defence exhibit A
Ah dankie Morne Fan :)

Sal moet hoor of hulle my by die "place of secure holding" sal uitlaat dan join ek julle, sal net moet reel om my witjas vir die blou trui te ruil...anders dink almal ek is 'n leeu supporter..."heavens forbid"

Posted by Aiken Drum (Pretoria) on Monday, September 11, 2006 - 17:47

Defence Exhibit B

Ah en dankie ook aan Terry tov venue...dit klink soos 'n echo hier binne...lol

Posted by Aiken Drum (Pretoria) on Monday, September 11, 2006 - 17:47

Final reply, lyk my nie so nie...die gode is teen my time wise :(
Posted by Aiken Drum (Pretoria) on Tuesday, September 12, 2006 - 17:16
BLOU MAMBA
Spot sommer jong!Ek neem deeltyds foto's, het Saterdag 'n troue aan- maar probeer met assistent reel dat sy halfpad oorvat! Wag nog vir 'n antwoord van haar af!
Posted by MORNE FAN. . . (PRETORIA) on Tuesday, September 12, 2006 - 17:27
MORNE FAN,

Amper gedink jy is weg. As jou assistent vir die Guppies skreeu laat haar/hom sommer heeldag by die troue wees maar as hy/sy 'n bul is moet jy maar die tuinjong vra om fotos te neem.
Posted by BLOU MAMBA (Johannesburg) on Tuesday, September 12, 2006 - 17:32
BLOU MAMBA
Nope, is nog hier tot 18h00!
Weti vir wie sy skree nie, goeie idee wat jy daar beet het;is net nie seker of ek ooit weer sal kan naam maak as fotograaf as ek die tuinjong toelaat nie!
Posted by MORNE FAN. . . (PRETORIA) on Tuesday, September 12, 2006 - 17:34
MORNE FAN,

Die foto's sal dan net swart en wit (matt) uitkom. Jy hoef nie te bekommer nie, jy het mos reeds naam gemaak deur die BLOU MASJIEN te ondersteun.
Posted by BLOU MAMBA (Johannesburg) on Tuesday, September 12, 2006 - 17:40
BLOU MAMBA
Jaaa!Seker nog half skeef & onderstebo ook! Ha ha
Ek sal dan definitief van beroep moet verander. . .!
 
Posted by MORNE FAN. . . (PRETORIA) on Tuesday, September 12, 2006 - 17:46
MORNE FAN
As jy kom moet jy sommer jou kamara saam bring om 'n paar mooi fotos te neem.
Posted by Terry (Moreleta Park, Pretoria) on Tuesday, September 12, 2006 - 17:47
Terry
Aaah, gaan nerens sonder hom nie! Dit sal rêrig BAIE nice wees!
Posted by MORNE FAN. . . (PRETORIA) on Tuesday, September 12, 2006 - 17:48
MORNE FAN,

Jy kan mos mooi foto's van die Bloggers kom neem.
Posted by BLOU MAMBA (Johannesburg) on Tuesday, September 12, 2006 - 17:49
BLOU MAMBA
Jip, sukkel om beskikbaar te wees as almal saam is lyk dit vir my! Ek is geboek vir die naweek & so ook vlge naweek!
Posted by MORNE FAN. . . (PRETORIA) on Tuesday, September 12, 2006 - 17:52
Terry, jy lees my mind met die foto's neem. MORNE FAN is 'n pro wanneer dit kom by foto's neem. Miskien moet ons haar 'n paar fodies laat neem van die bloggers, dan het Rugga Bugga's fodies om iewers op te plak, dan maak on die blou bloggers se offisiele kuierplek en ons bemark terselfde tyd.
Posted by BLOU MAMBA (Johannesburg) on Tuesday, September 12, 2006 - 17:53
MORNE FAN
Jy beter net die naweek van die Bulle vs Vrystaat oop hou.
Posted by Terry (Moreleta Park, Pretoria) on Tuesday, September 12, 2006 - 17:55
Terry
Waneer is dit?Ek is nie meer by met al die datums nie-help asb!
Posted by MORNE FAN. . . (PRETORIA) on Tuesday, September 12, 2006 - 17:56
Terry,

Stem, MORNE FAN moet beslis daar wees vir die Vrystaat game. Dit is 'n baie groot geleentheid. Dan gaan ons mos mooi lyk met daai T-HEMDE. Dink net wat se mooi fodies daar gaan uitkom.
Posted by BLOU MAMBA (Johannesburg) on Tuesday, September 12, 2006 - 17:57
MORNE FAN
Dit is die 30 Sep.
Posted by Terry (Moreleta Park, Pretoria) on Tuesday, September 12, 2006 - 18:01
BLOU MAMBA
Waneer is die Vrystaat game?
Waar gaan die Bulle dan speel!? Ek is duidelik nie meer lekker by nie!
 
Posted by MORNE FAN. . . (PRETORIA) on Tuesday, September 12, 2006 - 18:01
MORNE FAN
Dit is op LOFTUS.
Posted by Terry (Moreleta Park, Pretoria) on Tuesday, September 12, 2006 - 18:02
Terry
Thnx! Sover ek weet is ek oop;sal net my dagboek moet check om seker te maak!
Posted by MORNE FAN. . . (PRETORIA) on Tuesday, September 12, 2006 - 18:02
Terry,

Ek weet nie of ek reg gehoor het nie, maar hulle het nou net op die nuus gesê dat al die gekontrakteerde spelers (Springbokke) nie vrygestel is om vir hulle provinsies te speel nie.
Posted by BLOU MAMBA (Johannesburg) on Tuesday, September 12, 2006 - 18:03
Terry
NICE! Dan moet ek DEFINITIEF daar wees!
Ons kan dit nie misloop nie!Ek raak sommer nou al opgewonde. . .die gees,die game! Sjoe dis lekker om 'n bul te wees!
Posted by MORNE FAN. . . (PRETORIA) on Tuesday, September 12, 2006 - 18:04
Terry,

Sorry man verkeerd gehoor en gelees.
Posted by BLOU MAMBA (Johannesburg) on Tuesday, September 12, 2006 - 18:06
BLOU MAMBA
Jy sal ons laat worry jong!
Posted by MORNE FAN. . . (PRETORIA) on Tuesday, September 12, 2006 - 18:07
BLOU MAMBA
Dit is nog so van die begin af, hulle gaan nie speel nie.
Posted by Terry (Moreleta Park, Pretoria) on Tuesday, September 12, 2006 - 18:11
MORNE FAN & Terry,

Ek moet groet, nog lang pad Roodepoort toe. Was lekker om met julle te gesels. Sien Terry is nie baie spraaksaam nie. Lekker aan vir julle almal, praat môre weer.

AL WAT JY SIEN IS DIE BLOU MASJIEN.
Posted by BLOU MAMBA (Johannesburg) on Tuesday, September 12, 2006 - 18:12
BLOU MAMBA
Veilig ry & lekker aand!
Posted by MORNE FAN. . . (PRETORIA) on Tuesday, September 12, 2006 - 18:14
BLOU MAMBA
Ek werk ook nog tussen in.
Posted by Terry (Moreleta Park, Pretoria) on Tuesday, September 12, 2006 - 18:14
MORNE FAN
Jy is lekker laat by die werk.
Posted by Terry (Moreleta Park, Pretoria) on Tuesday, September 12, 2006 - 18:15
Cheers BLOU MAMBA
Posted by Terry (Moreleta Park, Pretoria) on Tuesday, September 12, 2006 - 18:15
Terry
Goed so, bly jy kan multi-task: loop & chappies kou! :-)
Posted by MORNE FAN. . . (PRETORIA) on Tuesday, September 12, 2006 - 18:15
Terry
Jip, het nie besef hoe laat dit is nie! Is amper oppad uit!
Posted by MORNE FAN. . . (PRETORIA) on Tuesday, September 12, 2006 - 18:16
MORNE FAN
Hoekom moes ek dit nou vir jou gese het, nou gaan ek weer alleen wees.
 
Posted by Terry (Moreleta Park, Pretoria) on Tuesday, September 12, 2006 - 18:18
Terry
Ag tog! Sorry man, more is darem nog 'n dag!
 
Posted by MORNE FAN. . . (PRETORIA) on Tuesday, September 12, 2006 - 18:19
MORNE FAN

BM het reg gehoor die gekontrakteerde spelers (Springbokke) speel nie CC nie.
Posted by Terry (Moreleta Park, Pretoria) on Tuesday, September 12, 2006 - 18:25
Terry
Nee! Ek dog dan hulle is in vir die game teen die Sharks!?!
Posted by MORNE FAN. . . (PRETORIA) on Tuesday, September 12, 2006 - 18:28
Terry
Jammer, hou myself alweer blond! Het verkeerd gelees; P3 Wynand & Akona behoort te speel-maar Bakkie, Victor & Bryan is uit!

Tyd vir my om te groet, lekker aand verder & enjoy werk!
Praat weer more!
Posted by MORNE FAN. . . (PRETORIA) on Tuesday, September 12, 2006 - 18:31
Cheers MORNE FAN
Posted by Terry (Moreleta Park, Pretoria) on Tuesday, September 12, 2006 - 18:38
Hello julle,
Ons spelers sal mekaar vinneg vind want almal is puik spelers en goeie spelers kan hulle spel afwissel ten gunste van hulle spanmaats. Die Sharks se spelers kom ook terug en hulle het n paar spelbrekers wat ons moet dophou, Jp Petersen, Ruan Pienaar en Brent Russel. Wie is die beste tussen Ryno Gerber en Danie Tiart, Ryno het laas keer teen die Cheetahs lelik swaar gekry. Ek dink met die tyd sal Ruan Vermeulen nog n goeie stut word, hulle moet net n bietjie anndag gee aan hom.
Groete allie Bulle.
Posted by Schalkbul (Secunda) on Tuesday, September 12, 2006 - 18:54
Hallo Schalkbul
Posted by Terry (Moreleta Park, Pretoria) on Tuesday, September 12, 2006 - 19:23
Hello almal.Ek stem saam met Schalkbul,ons spelesrs sal maklik klik en oor die vissies harddloop.Ons het n moeilike tyd voor maar ek weet dat die Bulle sal deurdruk en die semifinals hal
Posted by blouwan (kempton park) on Tuesday, September 12, 2006 - 19:29
Hi Terry, is jy nog daar?
Posted by Bullebak (Centurion) on Tuesday, September 12, 2006 - 19:38
Ek het nou sopas die mees ontstellende nuus hoor - ek gaan nie die Bulle-Cheetahs game kan maak 30 September nie - EK HET `n DAMN TROUE AAN :-((( Ek is nou so vies ek kan slange vang!!! Blou Mamba, waar is JY!?!?!
Posted by Bullebak (Centurion) on Tuesday, September 12, 2006 - 19:41
hallo??
Posted by blouwan (kempton park) on Tuesday, September 12, 2006 - 19:47
Hallo blouwan.
Posted by Bullebak (Centurion) on Tuesday, September 12, 2006 - 19:53
Bullebak
Wat is jou score vir Saterdag?Ek dink dit gaan close wees.25 ;21 vir die Bulle natuurlik
Posted by blouwan (kempton park) on Tuesday, September 12, 2006 - 19:57
ok gaan dan maar
Posted by blouwan (kempton park) on Tuesday, September 12, 2006 - 20:04
Jong, my score is bietjie hoer - 34-28 vir die Bulls.
Posted by Bullebak (Centurion) on Tuesday, September 12, 2006 - 20:08
Hallo Bullebak
Posted by Terry (Moreleta Park, Pretoria) on Tuesday, September 12, 2006 - 20:22
Ping
Posted by Blou&blou (Pretoria) on Tuesday, September 12, 2006 - 22:57
Pong
Posted by Blou&blou (Pretoria) on Tuesday, September 12, 2006 - 22:57
Goeie nag alle BLOU BUL ondersteuners en die res
Posted by Blou&blou (Pretoria) on Tuesday, September 12, 2006 - 22:58
More almal,

Hulle sal seker vandag die spanne bekend maak, kan nie wag om te sien nie. Dit behoort die Bulle se sterkste span van die jaar te wees - en ek glo met die Bokke terug voel die ander ouens ook sommer positief en weer lus vir die ding.
Posted by Koning Blou (Centurion) on Wednesday, September 13, 2006 - 06:21
More aan almal

KB ek was bietjie besig die laaste twee dae. Bly om te kan terug wees. Ja ek kan nie wag om te sien wat gaan gebeur met die ouens terug nie.
Posted by Blounico (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 06:59
More almal,

Ek sien Pierre Spies is fiks verklaar om saterdag teen die guppies te speel, en dat Chilli gevra het om eers op 'n laer vlak van mededinging speelkans te kry.

mark Lawrence is die skeidsregter vir Saterdag, die Bulle se dissipline sal baie goed moet wees, ons kan nie weer soos teen die bergbokke, 8 strafskoppe in die eerste 10 minute van die wedstryd afstaan nie, dit is wat lawrence gedoen het toe hy daardie wedstryd geblaas het.
Posted by Blou (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 07:14
More Blounico/Blou,

Het gesien jy was skaars Nico!

Blou, ja ons sal moet versigtig wees met Lawrence wat blaas, ek het teen die WP die idee gekry hy is nie te lief vir ons nie .......
Posted by Koning Blou (Centurion) on Wednesday, September 13, 2006 - 07:17
Hallo Bulle en ander

Die guppie span kan nogal interresant wees om te sien.
Posted by Myler (Pinetown) on Wednesday, September 13, 2006 - 07:17
Ek sien Wasserman is uit vir ses weke - goeie ding Spies en P3 is terug!!
Posted by Koning Blou (Centurion) on Wednesday, September 13, 2006 - 07:20
More Myler,

As ek kyk na die moontlike span waarvan hulle op hul blog praat lyk die Bulle op papier heelwat beter - hulle moet net kliek Saterdag!
Posted by Koning Blou (Centurion) on Wednesday, September 13, 2006 - 07:21
Ja ons sal Lawrence moet stil speel met driee. Vrydagaand op Loftus teen die Pumas was hy lynregter en selfs daar net so eenoogig.

As ons Saterdag kan wen glo ek ons het nog 'n kans vir die CC.
Posted by Blounico (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 07:22
More almal
Bly om te hoor van Spies.
Ons sal net 100% gedisiplineerd moet wees anders gaan Lawrence ons straf. Hy het reeds die spnne in die beeld gewaarsku.
Ek stem saam Pote kan sy beste span die seisoen kies.
Weereens dit gaan 'n baie taai stryd wees en ons eerste lyn van verdediging moet baie goed wees.
Ons moet ook nie wag vir hulle om te speel nie ons moet van die begin af in hulle gesigte wees.
Kan nie meer wag.
BULLE!!!!!!!!!
Posted by hennie (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 07:25
KB

Ja net jammer die game word nie op papier gespeel nie want dan wen ons die CC elke jaar. Daar is net 5 harde games oor vir die Bulle en hulle moet nou net alles gee.
 
Posted by Myler (Pinetown) on Wednesday, September 13, 2006 - 07:26
More hennie

Stem saam dat ons in hule gesigte moet wees en aggresief moet wees (binne die reels!) - hulle hou nie daarvan nie.

Ja Myler, dit is hoekom dit belangrik is dat daai ouens kliek en wys waarom hul op papier soveel beter lyk!
Posted by Koning Blou (Centurion) on Wednesday, September 13, 2006 - 07:29
Dink net hoe lekker gaan dit wees as ons nie een keer Saterdag na die ref moet verwys dat hy droog maak nie.
Ek hoop net ons kan die Sharks se dryfspel stop en vir hulle wys hoe word dit gedoen.
Ek kan so goed onthou laas jaar se S12 teen Brumbies in die reën op loftus het ons hulle stukkend gedryf.
Dit is wat ons nodig het die naweek.
Senuwees begin my nou opvreet van binne soos nog nooit hierdie jaar.
Posted by hennie (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 07:38
My telling vir die game is 33-26 vir die Bulle
Posted by hennie (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 07:42
Goeie môre alle BLOU BUL ondersteuners en die res

Ek weet nie of Mark Lawrence ons onregverdig behandel nie - kom ons wees eerlik, die hele seisoen nog loop ons deur onder die skeidsregters beslissings.
Maak ons nie dalk droog nie.
As daar statistiek beskikbaar is oor strafskoppe voel dit vir my die Bulle wen daai ene loshande.
Moet ons nie aanvaar dat die ouens te gretig is en daarom droogmaak nie?
Ek dink as ons ook statistiek kan sien oor die aantal geelkaarte gaan die Bulle ook een van die voorloper bonde wees.
So, kom ons haal die splint uit ons (ondersteuners oë voordat ons 'n balk in die skeidsregters se oë soek.
Posted by Blou&blou (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 07:43
Goeie more,Blou vriende.

Inderdaad goeie nuus oor Spies,ek is nou vrek nuuskurig oor hoe die span gaan lyk.2 dinge is versker,ons sal vinnig moet wakker skrik vir Saterdag en die dissipline sal bie goed moet wees.

Nuus in die WP is dat die span glo verdeeld is oor Watson se manier van leierskap.Inderdaad interresant veral die tyd van die seisoen.
Posted by Marcel (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 07:44
Hallo Hallo en hoe gaan dit nou?

Man ja, wat kan n man se, die naweek kan net n taai game wees. Ek glo dit sal nie one sided wees nie, en dat enige span op die dag die game kan wen. Soos julle will he die Bulls moet wen, so wil ek natuurlik he onse SHARKS moet wen.

Ek hoop net regtig dat dit n goeie, skoon game sal wees waar die ref en linesmans nie die beslisende faktor is nie. Ek voel daar is n groot kwaliteit probleem in ons ref gelede en dat die manne bietjie moet meer vloeiende spel toelaat.

Sal maar geduldig moet wag en dan sien. Soos ek die bespiegelinge oor moontlikke span keuses sien, gaan daar twee fantastiese spanne mekaar pak, hoop net ons tel geen nare beserings op nie - beide spanne kan en ek glo will nie regtig in die staduim van die kompetiesie kie manne verloor nie.

Wat se julle?
Posted by 100%SHARK (Richards Bay) on Wednesday, September 13, 2006 - 07:45
Hallo Hallo en hoe gaan dit nou?

Man ja, wat kan n man se, die naweek kan net n taai game wees. Ek glo dit sal nie one sided wees nie, en dat enige span op die dag die game kan wen. Soos julle will he die Bulls moet wen, so wil ek natuurlik he onse SHARKS moet wen.

Ek hoop net regtig dat dit n goeie, skoon game sal wees waar die ref en linesmans nie die beslisende faktor is nie. Ek voel daar is n groot kwaliteit probleem in ons ref gelede en dat die manne bietjie moet meer vloeiende spel toelaat.

Sal maar geduldig moet wag en dan sien. Soos ek die bespiegelinge oor moontlikke span keuses sien, gaan daar twee fantastiese spanne mekaar pak, hoop net ons tel geen nare beserings op nie - beide spanne kan en ek glo will nie regtig in die staduim van die kompetiesie kie manne verloor nie.

Wat se julle?
Posted by 100%SHARK (Richards Bay) on Wednesday, September 13, 2006 - 07:46
Die ouens moet net meer geduldig wees hennie. Ons het die spelers om enige span in die kompetisie voos te speel maar hulle raak baie keer ongeduldig en maak dan dom foute, as ons dit kan uitsny .......

Die senuwees sal pla, hierdie is maak of breek vir die Bulle se CB poging hierdie jaar.
Posted by Koning Blou (Centurion) on Wednesday, September 13, 2006 - 07:46
Goeie more 100%SHARK,dit gaan 'n taai ene wees.

Sien Mark Lawrence het klaar gewaarsku dat hy geen vuilspel gaan duld nie.Dit belowe dus om 'n meedoënlose stryd te wees.
Posted by Marcel (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 07:50
Blou&Blou, dit is seker maar ons spelers wat oorgretig is, maar al die jare nog was die Bulle maar die teiken van skeidsregters, vat vir Andre Watson as 'n voorbeeld, die een week kan ons 'n ding so deon en dar is niks verkeerd nie, en net die volgende week as hy blaas dan is daardie einste ding 'n probleem. Ek se nie ons meot die skeidsregters alleen die skuld gee nie, maar ek dink van hulle het oogklappe aan as dit kom by die Bulle se opponente. dit kan nie net een span op die veld wees wat foute maak of oortree nie.
Posted by Blou (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 07:51
Hi almal wat weet dat blou goed is vir jou
Hennie, ek sien hier is meer ouens wakker hier op die Afr. kant. Ek is hond bly dat Kaplan nie die ref is nie, nie dat Lawrence veel beter is nie - sal net ons dissipline moet opskerp en woes ook.
Blou&blou ek stem saam, maar lets face it Mark is nie baie lief vir ons nie hy het dit al persoonlik erken aan een van die ouens wat vir hom werk.
Posted by BBB (Benoni) on Wednesday, September 13, 2006 - 07:52
Ek stem saam oor foute maak en strafskoppe afstaan. dit behoort nie daar te wees nie.

Wat my baie pla is dat die skeidsregters nie konsekwent in is hul besluitneming nie. As hulle dit regkry sal die GAME baie meer regverdig gespeel word.

Forward passes en knocks en sulke dinge moet aan albei kante raakgesien word.

MAAr die ou ding van die skeidsregter kan niks doen teen driee wat gedruk word nie staan vas. Ons moet net die REF in daardie opsig "wen"
Posted by Blounico (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 07:53
Hallo B&b / Marcel & JJ VW,

B&b, ek stem nie heeltemal met jou saam oor Lawrence nie, hy was pateties met die Bulle - WP wedstryd - ek se nie hy het ons noodwendig die wedstryd gekos nie maar hy het baie beslis 'n invloed gehad. Dit is 'n feit dat die Bulle onnodig strafskoppe afstaan ja, maar die skeidsregters moet ook konsekwent wees met hul beslissings. Dit is vir my asof Lawrence glad nie harde, inklim spel toelaat nie, hy het byvoorbeeld vir v Schouwenburg 'n geel kaart gegee vir 'n sogenaamde skouerloop (waarmee ek glad nie saamgestem het nie) en later ook vir Powell gestraf omdat hy van die WP spelers skoongemaak het in die losgemaal (Powell was reg bo die bal toe hy dit gedoen het so daar is niks meer fout nie).

Ons kan net hoop dat hy die spel bietjie meer laat vloei hierdie keer.
Posted by Koning Blou (Centurion) on Wednesday, September 13, 2006 - 07:55
More BBB,

Welkom op die blog, bly om elke dag nuwe name te sien en hoop jy gaan lekker saamgesels!
Posted by Koning Blou (Centurion) on Wednesday, September 13, 2006 - 07:57
Ek stem Blounico solank die drieë net nie na die derde ref verwys word nie, want ons het mos al gesien hoe hulle ons daar ook boor.
Posted by BBB (Benoni) on Wednesday, September 13, 2006 - 08:03
Goeie more KB,en baie welkom BBB.

So bietjie van die topic af.Sien ons Bokke gaan nie vir die S/14 ontrek word nie,weet persoonlik nie hoe wys die besluit is nie as in ag geneem word dat NZ ten spyte van borge se besware hulle spelers ontrek.
Posted by Marcel (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 08:06
Dankie Koning Blou. 'n mens kan nie anders as om tuis te voel tussen ouens en girls wat dieselfde passie as jy het nie.
Posted by BBB (Benoni) on Wednesday, September 13, 2006 - 08:08
Daar is 'n gesegde wat sê;
As iemand jou 'n harde tyd gee leef hom dood.
As Lawrance ons harde tyd gee speel hom dood.
Soos in wys hom ons wil en kan rugby speel sonder dat hy die game dood blaas.
Moet nou meetings bywoon gesels later weer.
Posted by hennie (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 08:09
Die saak het positiewe en negatiewe gevolge Marcel - hoe gaan die Kiwis hul wedstryd skerpheid en fiksheid behou as hulle onttrek word? En aan die ander kant kan ons spelers beserings optel of moeg gespeel wees teen wb tyd!
Posted by Koning Blou (Centurion) on Wednesday, September 13, 2006 - 08:09
Dit is seker goed om die spelers te rus, maar hoe gaan daai ouens wedstryd fiks bly as hulle van die super 14 onttrek word?
Posted by BBB (Benoni) on Wednesday, September 13, 2006 - 08:11
Môre al die BULLE en 100% SHARK,

Welkom aan alamal wat nuut is op die blog. Daar is nou so baie dis moeilik om elkeen se skermnaam te onthou.

Bullebak, ek sien jy is uit vir die Cheetahs game. Jy sal maar die slang vangery moet los ou maat dis beslis nie BLOU MAMBA se skuld nie. Het jy nou nog ander mense geeducate om NIE troues te reel wanneer die BULLE speel nie. Hulle is seker nie BLOU nie of hoe?

Ek is bevrees dit gaan Saterdag beslis 'n harde/aggresiewe wedstryd wees, maar die Bulle gaan hierdie een deurtrek. Daar sal beslis 'n paar insidente wees wat ou Lawrence sal blaas.

MY SCORE: BULLE 28 vs SHARKS 18
Posted by BLOU MAMBA (Johannesburg) on Wednesday, September 13, 2006 - 08:11
Kyk laat ek eerlik wees - 'n skeidsregter is nie my gunsteling individu op enige rugby veld nie. Ek voel dieselfde as julle manne oor die skeidsregters - vra maar my vrou wat my skel op die skeidsregters Saterdag na Saterdag moet aanhoor, en volgens haar dit nie geniet nie.
Ek het net gevra - want ek weet nie meer of ek bevooroordeeld is teen die spesie nie omdat ek agter geraak het met die reëls nie en of alle skeidsregters breinlose hoenders is nie.
Ek glo as jy 'n skeidsregter se brein in 'n mossie gaan oorplant gaan die mossie agteruit vlieg. :-)
Posted by Blou&blou (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 08:15
Welkom BBB, more Marcel

Ek dink dit is 'n goeie ding dat die Bokke in die S14 speel, die groot ding is die manne moet wedstrydoefening kry, sodat hulle lywe gewoond kan wees aan die stampe en stote. Ons kan nie Wereldbeker toe gaan met ouens wat nie gewoond is aan die stampe en stote van wedstryde nie.
Posted by Blou (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 08:16
More almal - sien die Ref is weer ter bespreking - moet saamstem met blounico, enige ref word stilgemaak deur drieë en soos in krieket, " 'n slegte beslissing kom van 'n slegte hou" As ons vir eens net bietjie fokus op skoonspel kan ons vir Mnr Mark uit die spel hou - makliker gesê as gedaan - enige span staan strafskoppe af onder druk
Posted by Anon (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 08:17
Môre almal

Eish!!! manne en dames ek moet julle een iets sê, my senuwees is gedaan hier in n nat en koue Knysna.

Hoe nader Saterdag kom hoe meer geworry raak ek. Ek moet seker nie so voel nie want ek glo aan die Bulle, maar daai guppies is baie onvoorspelbaar.

Ek hoop net dat die bulle mekaar gou sal vind Saterdag veral met die nuwe senter kombinasie van Dries en Wynand, want ek weet hulle twee gaan saam speel.Soos ek reeds genoem het die bulle sal die keer regtig vir 80 volle minute moet hard speel en glad nie die Sharks toelaat om hul voete te vind in die game nie. Ons los voorspelers sal Pienaar moet fyn dophou, daai ou is skerp.

Wel Saterdag moet nou net kom!!!!!! Die bulle gaan en moet wen!!!!!

VIVA DIE BULLE!!!!!!!!
Posted by Danny (Knysna) on Wednesday, September 13, 2006 - 08:17
Hallo Blou Mamba.

Bly om te hoor ek is nie die enigste een wat skel elke naweek nie B&b!!
Posted by Koning Blou (Centurion) on Wednesday, September 13, 2006 - 08:18
More Bulle!!

 
Posted by NDB (Johannesburg) on Wednesday, September 13, 2006 - 08:19
O ja my score : Bulle 28 - Sharks 23
Posted by Danny (Knysna) on Wednesday, September 13, 2006 - 08:20
More Anon / Danny,

Ja ons moet nie fokus op die skeidsregter nie maar op ons eie game. Dit gaan 'n groot vuurdoop wees vir Gary as kaptein ook - maar ek glo hy kan dit doen!
Posted by Koning Blou (Centurion) on Wednesday, September 13, 2006 - 08:21
More NDB
Posted by Koning Blou (Centurion) on Wednesday, September 13, 2006 - 08:21
Goeie more BloU/Anon/Danny

Dit kan 'n goeie ding wees om hulle te speel,maar dan moet daar strukture in plek gestel word om te verseker dat die spelers genoeg ruskans kry gedurende die toernooi.Wil nie met 'n klomp moë Bokke by die WB opdaag nie.
Posted by Marcel (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 08:21
Ek wil 'n "spanner" in die "works" gooi - wat dink julle manne van Stefan Basson op senter - hy is vir my baie vinniger met 'n gapp slaan as Wynand
Posted by BBB (Benoni) on Wednesday, September 13, 2006 - 08:22
Goeie more NDB.

Kom ons hoop dat die kapteinskap net die inspuiting is waarna Gary gesoek het.
Posted by Marcel (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 08:22
KB

Net soos jy daar sê. Die skeidsregters is altyd maar n faktor as dit by die bulle kom, maar as die ouens hard kan konsentreer op die game en die basiese dinge reg doen behoort hy glad nie n faktor te wees nie.

Ja vir ou Gary- as hy kaptein is- gaan dit beslis n groot toets van sy karakter wees. Ek glo hy sal die manne bymekaar hou en hulle genoeg motiveer om die wa deur die drif te trek.
Posted by Danny (Knysna) on Wednesday, September 13, 2006 - 08:25
BBB, persoonllik het sy verdediging my nog nie oortuig die jaar nie.Weet nie of senter die posisie is vir iemand wat ruimte soek nie.
Posted by Marcel (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 08:26
Weet nie so mooi van Basson op senter nie BBB. Sy beste posisies is skrummie of heelagter, miskien selfs vleuel. Weet nie of hy op senter sy direkte teenstander wat amper twee keer so groot soos hy sal wees en reguit, op spoed op hom afhardloop sal kan stop nie ........
Posted by Koning Blou (Centurion) on Wednesday, September 13, 2006 - 08:26
Bullebak - jammer om te hoor jy het 'n troue aan met ons Annual Gerneral Meeting by die Cheetah game! Gee my asb. die bruidegom se nommer sodat ek persoonlik vir jou afwesigheid kan omverskoning vra. Neewat, dis nie moeite nie, ek doen dit met graagte. OK - op 'n ernstige noot, ons sal alleenlik vir jou ons nuwe Bloggers T-hemp verskaf as jy daai Themp by die troue dra
Posted by Anon (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 08:27
Goie môre Marcel
Posted by Danny (Knysna) on Wednesday, September 13, 2006 - 08:28
Koning Blou,

Jy moet nie vergeet om my score op te sit nie. Ons gaan lekker kuier Saterdag. Gaan ons iewers braai voor die game?
Posted by BLOU MAMBA (Johannesburg) on Wednesday, September 13, 2006 - 08:28
KB - ek kan vir julle weer probeer reel by SuperSport Park, as julle wil
Posted by Anon (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 08:30
Gaan daar weer volgende jaar 'n drie nasies reeks wees na die S14 en voor die wêreldbeker?
Dalk kan ons met ons B span dan in die 3nasies speel en die A span laat rus vir die wêreldbeker. :-)
Posted by Blou&blou (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 08:31
BM,

Myler hou die scores by en sal jou naam opsit - hy mis niks!!

Ek is nie daar Saterdag nie, het 'n kinder partytjie aan - Marcel en/of Terry sal die reelings vir jou gee oor Saterdag.
Posted by Koning Blou (Centurion) on Wednesday, September 13, 2006 - 08:31
Anon,

Ek sekondeer. Bullebak SAL daai T-hemp by die troue dra en ons soek 'n foto as bewys dat hy dit wel gedoen het.
Posted by BLOU MAMBA (Johannesburg) on Wednesday, September 13, 2006 - 08:31
Blou&blou - die borge sal nie die drienasies afstel nie - en ek dink inelkgeval dat Nieu Seeland alreeds na daai kant toe hinker
Posted by Anon (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 08:32
Hello aan al die Bloues
Ek voel soos Danny. My adrenalien is klaar besig om hand uit te ruk. Weet nie hoe ek dit gaan maak tot Saterdag nie. Ons sal moet kop hou want Lawrence is lus vir ons. Hoop Gary se spelpeil het verbeter. Voel op hierdie stadium veiliger met Strauss want hy wil en kan. Sal Danie kaptein maak. Ek dink BAsson sal beter doen op vleuel as senter.
Posted by groot blou (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 08:42
Hi Bulle
Posted by bullsbabe (Pietersburg) on Wednesday, September 13, 2006 - 08:49
Het julle gesien daar is 'n tweespalt onder die voorspelers van die Wiepie. ???
Posted by groot blou (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 08:49
Hi Lippies
Dankie vir updated lysie van bloggers.
Posted by groot blou (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 08:50
Die drienasies is volgende jaar weer net twee games teen elke span ipv die drie games hierdie jaar. Hoekom hulle dit drie gemaak het, gaan my verstand te bowe. Hulle moan al klaar oor te veel rugby en dan mag die bokke nie CB speel nie.
Posted by Bal (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 09:40
Dis tyd om fees te vier! Ons wens die volgende spelers hartlik geluk met hul verjaarsdae in September:
Johan Roets - 3 September
Bakkies Botha - 22 September
Ruan Vermeulen - 23 September
Trompie Nontshinga - 24 September
Dries Scholtz - 28 September

 
Posted by bullsbabe (Pietersburg) on Wednesday, September 13, 2006 - 09:58
Bloggers

Hier is die eerste 35 T-hemde se bestellings geborg deur CoreDigital

CoreDigital (012) 804 3000 is 'n besigheid in Pretoria wat spesialiseer in digitale drukwerk (banners, signs etc) sowel as die druk en 'emroidering' van promosie items.

Die volgende 30 hemde is nou oop vir bespreking deur almal wat die Cheetah Game gaan bywoon. Die eerste 5 mense VAN VêR - kwalifiseer sonder om die game by te woon.

Koning Blou gaan aan ons almal 'n rekening nommer gee waarin ons ook ons kaartjie geld vir die Cheetah Game - vooraf kan betaal sodat ons 'n blokbespreking kan maak vir die game.

1 All Blue (XXXL)
2 Anon (XXL)
3 Blou (XXXL)
4 BLOU MAMBA (XXXL)
5 Blou X (L)
6 Blou&blou (XXXL)
7 Bloumal (XL)
8 Blounico (XXXL)
9 BlueBull Franklin (L)
10 Blyblou (XXXL)
11 Boerbull (XL)
12 Bullebak (XXXL)
13 Danny (XL) (Van ver)
14 Die HEL (XXL)
15 groot blou (XL)
16 groot blou (XXXL)
17 hennie(XXXL)
18 Koning Blou (XXXL)
19 Lippies (L)
20 Marcel (XXXL)
21 min_gepla (XL) (Van ver)
22 Myler: (XXXL) (Van ver)
23 NDB (XXL)
24 Nog altyd Blou Bul (XXL)
25 NOORDE BUL (XXL)
26 phillip (XXL) (Van ver)
27 Spy_007 (XXXL)
28 strepies (XXXL)
29 Terry (XXL)
30 Tommy the Bull (XXL)
31 xkreniewp (XXXL) (Van ver)
32 blou masjien (XL)
33 Benvk (XXL)
34 Blou Bul Meisie (L)
35 Blou dacom (L)


30 Hemde geborg deur Rugga Buggas in Centurion

Rugga Buggas is die BBB se offisiele bymekaarkomplek in Gauteng Distrik. Hulle spog met 3 Bis screens en is groot bulondersteuners

1.
Posted by Anon (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 09:59
Goeie more aan almal later ingelog het.Bly ons kan weer inkom on saam te gesels.

groot blou,het die artikel gelees.Kan dalk die rede wees waarom JW nie vir Luke wou kies nie.
Posted by Marcel (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 10:01
30 Hemde geborg deur Rugga Buggas in Centurion

Rugga Buggas is die BBB se offisiele bymekaarkomplek in Gauteng Distrik. Hulle spog met 3 Bis screens en is groot bulondersteuners

1. Bloubulmeisie
 
Posted by Marcel (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 10:02
More blouvrinne
Ek voel iemand anderste moet my tshirt kry want ek gaan nie by die cheetahs game wees nie
Posted by BlueBullFranklin (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 10:12
Geen probleem BBF, Bullebak kan dit ook nie maak nie - ons sal joune by een van die Rugga Bugga 'get togethers' gee.

As dit reg
Posted by Anon (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 10:17
Geen probleem BBF, Bullebak kan dit ook nie maak nie - ons sal joune by een van die Rugga Bugga 'get togethers' gee.

As dit reg is
Posted by Anon (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 10:17
Geen probleem BBF, Bullebak kan dit ook nie maak nie - ons sal joune by een van die Rugga Bugga 'get togethers' gee.

As dit reg is met
Posted by Anon (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 10:17
Geen probleem BBF, Bullebak kan dit ook nie maak nie - ons sal joune by een van die Rugga Bugga 'get togethers' gee.

As dit reg is met die
Posted by Anon (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 10:17
Geen probleem BBF, Bullebak kan dit ook nie maak nie - ons sal joune by een van die Rugga Bugga 'get togethers' gee.

As dit reg is met die ander
Posted by Anon (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 10:17
Geen probleem BBF, Bullebak kan dit ook nie maak nie - ons sal joune by een van die Rugga Bugga 'get togethers' gee.

As dit reg is met die ander ouens?
Posted by Anon (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 10:17
LOL het jy die boodskap gekry?
Posted by Anon (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 10:18
Michelle PRO BBM het ons laat weet die website is 'n Telkom probleem en dat hulle web designers nie eers access tot die website kan kry nie
Posted by Anon (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 10:23
Dankie anon ek dink die boodskap het deur gekom na my toe hehehhe
Posted by BlueBullFranklin (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 10:29
Kan ek ook een van die hemde bekom en hoe , ek is ongelukig net laat saans op die internet en alhoewel ek nie baie kans kry om saam te praat nie lees ek die meeste van die posts
Posted by big5 (Hoedspruit) on Wednesday, September 13, 2006 - 21:15
my email adres is mullerjj@gmail.com
Posted by big5 (Hoedspruit) on Wednesday, September 13, 2006 - 21:16

 

 

   
 
 

Maintained by Hein Venter
Last updated on 2006/09/14 12:57:34 PM