Blou Bul Bloggers - Archives  

 
Good Spies-news for Bulls
Posted on Wednesday, September 13, 2006 - 10:01
Pierre Spies © Touchline PhotoThe Vodacom Blue Bulls will have the hottest new property in South African rugby, Pierre Spies, available when they take on the Sharks in a crucial Currie Cup match in Durban on Saturday.

Spies came through Tuesday's training session at Loftus Versfeld after struggling with a light knee injury earlier in the week. He will in all likelyhood be included in the team to face the Sharks, to be named by coach Pote Human on Wednesday.

The Bulls could field a strong loose trio in Spies, fellow-Bok Pedrie Wannenburg and the brilliant young Hilton Lobberts, with the impressive Derick Kuün probably on the bench.

Human is also likely to include the Bulls' other two uncontracted Boks, Wynand Olivier and Akona Ndungane, while Chiliboy Ralepelle will get some valuable game time in the under-21 team.


Blue Bulls Blog
BULLE!!!
Posted by dieAnderOu (Kemptonpark) on Wednesday, September 13, 2006 - 10:08
Goed om te sien dat Chilli nie in die diepkant is nie.

KB lyk darem of Kuun reg gaan wees,die lostrio en die bench gaan vuurwarm wees.
Posted by Marcel (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 10:08
Goeie more dieAnderOu

30 Hemde geborg deur Rugga Buggas in Centurion

Rugga Buggas is die BBB se offisiele bymekaarkomplek in Gauteng Distrik. Hulle spog met 3 Bis screens en is groot bulondersteuners

1. Bloubulmeisie
 
Posted by Marcel (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 10:10
Kuun, Impress my ongelooflik baie, hy is meer as net 'n goeie speler maar 'n solid Leier ook.
Posted by dieAnderOu (Kemptonpark) on Wednesday, September 13, 2006 - 10:13
I'm glad to hear Spies is playing!!! I just couldn't bear to hear lame excuses after the Sharks kick Blou Bul ass again!!!!
Posted by Shark@tack (Durban) on Wednesday, September 13, 2006 - 10:14
Stem saam dieAnderOu,hy is iemand vir die toekoms,veral wat die kapteinskap betref.

Sien die WP kamp is klaarblyklik verdeeld oor Luke Watson.As dit waar is kan dit nog krities wees veral met die oog op semi-finals.
Posted by Marcel (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 10:15
Marcel, waaroor is die WP kamp verdeeld oor Luke?
Posted by dieAnderOu (Kemptonpark) on Wednesday, September 13, 2006 - 10:19
Klaarblyklik is almal nie gelukkig oor sy kapteinskap en manier van dinge doen nie.
Posted by Marcel (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 10:20
die WP is maar oor die algemeen verddelde ouens, kon nie eers besluit of hulle truie blou of wit moes gewees het nie!
Posted by dieAnderOu (Kemptonpark) on Wednesday, September 13, 2006 - 10:20
More mense ...

 
Posted by Blou dacom (Centurion) on Wednesday, September 13, 2006 - 10:21
Marcel

Waar hoor jy dit?
Posted by kiestand (Benoni) on Wednesday, September 13, 2006 - 10:26
Our performance has been shocking lately, and its not the players fault but the lack of a quality coach. Currie Cup should come before super 14. Give Heyneke a bigger salary if need be, he wins games!

My side for Saturday.

15 Johan Roets
14 Marius Delport
13 Wynand Oliver
12 Dries Scholtz
11 Akona Ndugane
10 Derick Hougaard
9 Heini Adams / Basson
8 Pedrie Wannenburg
7 Pierre Spies
6 Hilton Lobberts
5 Francois van Schouwenburg
4 Danie Roussouw
3 Rayno Gerber
2 Gary Botha (C)
1 Jaco Engels



 
Posted by Bryan (Port Elizabeth) on Wednesday, September 13, 2006 - 10:26
Goeie more almal!
Opgewonde nuus oor Spies!
 
Posted by MORNE FAN. . . (PRETORIA) on Wednesday, September 13, 2006 - 10:28
more Kiestand en blou dacom. Dit was verskriklik erg toe die BB site af was!!!! Die blerrie leeus Sharks bergies, ens kan nie genoeg kry met hulle tartende opmerkings nie, en die blerrie game is nog nie eers gespeel nie.

Baie dankbaar oor ons bokke maar die shaky sharks het ook 'n paar brekers bygekry. AJ reken glo die feit dat ons nie vir victor kon oproep nie, die verskil gaan maak.
Posted by dieAnderOu (Kemptonpark) on Wednesday, September 13, 2006 - 10:29
Goeie more Bloudacom/MORNE FAN.../kiestand/Bryan,veral die laaste twee ouens,baie welkom.

kiestand,daar is 'n berig in die Beeld wat daaroor handel.
Posted by Marcel (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 10:30
ander ou

Ek stress nogal oor die game - die naweek gaan bepaal of ons nog die ccup kan wen of nie. Dink die span se selfvertroue hang baie van die game af.
Posted by kiestand (Benoni) on Wednesday, September 13, 2006 - 10:31
more Morne fan, hoe gaan dit met morne, is hy opgesaaik vir die wedstryd?
Posted by dieAnderOu (Kemptonpark) on Wednesday, September 13, 2006 - 10:32
kiestand, ek stres ook. Moet myself gedurig herhinner dat die bloubulle 'n rugby Span is en nie 'n godsdiens nie, en alhoewel die lewe vir en om my ondraaglik sal wees as hulle verloor, sal die Aarde 10-1 aanhou draai.

GLO - Ons was nog altyd 'n span vir die moeilike tye!
Posted by dieAnderOu (Kemptonpark) on Wednesday, September 13, 2006 - 10:36
Van Michelle BBM Pro - vra sy omverskoning vir die websire - dit was toe 'n Telkom fout en haar wedesigners het nie access gehad nie
Posted by Anon (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 10:38
Ek is self ook maar bekommerd,maar ek vertrou dat die Bulle die knoop vir ons sal deurhaak,hulle skuld ons 'n grote.
Posted by Marcel (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 10:38
anderou

Ek voel net dis weer tyd dat hulle ons trots maak. Ons het een groot game die jaar gewen - teen cheetahs. Ons het wp 2 keer,leeus en haaie verloor. Ja, ons het leeus eerste rondte gewen, maar hulle was toe nog nie n force nie. Die naweek is n moet wen as ons die ccup wil wen. Ek glo regtig alles kan draai die naweek met ne goeie wen saam die bokke terug.
Posted by kiestand (Benoni) on Wednesday, September 13, 2006 - 10:38
Dankie Anon

Ek is seker hulle doen ook maar net hul beste.
Posted by Marcel (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 10:39
marcel

Is dit in vandag se beeld?
Posted by kiestand (Benoni) on Wednesday, September 13, 2006 - 10:39
dieAnderOu
'n Goeie more aan jou ook!
Maar natuurlik jong! Hy's mos altyd reg... :-)

GLO!
Posted by MORNE FAN. . . (PRETORIA) on Wednesday, September 13, 2006 - 10:40
Bloggers

Hier is die eerste 35 T-hemde se bestellings geborg deur CoreDigital

CoreDigital (012) 804 3000 is 'n besigheid in Pretoria wat spesialiseer in digitale drukwerk (banners, signs etc) sowel as die druk en 'emroidering' van promosie items.

Die volgende 30 hemde is nou oop vir bespreking (Gratis) vir almal wat die Cheetah Game gaan bywoon. Die eerste 5 mense VAN VêR - kwalifiseer sonder om die game by te woon.

Koning Blou gaan aan ons almal 'n rekening nommer gee waarin ons ook ons kaartjie geld vir die Cheetah Game - vooraf kan betaal sodat ons 'n blokbespreking kan maak vir die game.

1 All Blue (XXXL)
2 Anon (XXL)
3 Blou (XXXL)
4 BLOU MAMBA (XXXL)
5 Blou X (L)
6 Blou&blou (XXXL)
7 Bloumal (XL)
8 Blounico (XXXL)
9 BlueBull Franklin (L)
10 Blyblou (XXXL)
11 Boerbull (XL)
12 Bullebak (XXXL)
13 Danny (XL) (Van ver)
14 Die HEL (XXL)
15 groot blou (XL)?
16 groot blou (XXXL)
17 hennie(XXXL)
18 Koning Blou (XXXL)
19 Lippies (L)
20 Marcel (XXXL)
21 min_gepla (XL) (Van ver)
22 Myler: (XXXL) (Van ver)
23 NDB (XXL)
24 Nog altyd Blou Bul (XXL)
25 NOORDE BUL (XXL)
26 phillip (XXL) (Van ver)
27 Spy_007 (XXXL)
28 strepies (XXXL)
29 Terry (XXL)
30 Tommy the Bull (XXL)
31 xkreniewp (XXXL) (Van ver)
32 blou masjien (XL)
33 Benvk (XXL)
34 Blou Bul Meisie (L)
35 Blou dacom (L)


30 Hemde geborg deur Rugga Buggas in Centurion

Rugga Buggas is die BBB se offisiele bymekaarkomplek in Gauteng Distrik. Hulle spog met 3 Big screens en is groot bulondersteuners

1.
 
Posted by Anon (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 10:41
Anon
'n Blok bespreking is 'n baie goeie plan! Weet ons al hoeveel die kaartjies vir die cheetah game op Loftus gaan wees?!
Posted by MORNE FAN. . . (PRETORIA) on Wednesday, September 13, 2006 - 10:46
Kiestand
Jip, is in vandag se Beeld:''Valke wil WP-'tweespalt' uitbuit''
 
Posted by MORNE FAN. . . (PRETORIA) on Wednesday, September 13, 2006 - 10:47
Goeie more suid afrika,blou bulle,bloggers,aan girl op die voorblad van FHM en aandie maatskapy wat aan Riaan Crywagen se haarsproei verskaf!!!!
Posted by min_gepla (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 10:51
Goeie more suid afrika,blou bulle,bloggers,aan girl op die voorblad van FHM en aandie maatskapy wat aan Riaan Crywagen haarsproei verskaf!!!!
Posted by min_gepla (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 10:51
Anon

Gaan julle op die Oos-pawiljoen probeer kaartjies kry, en is dit bo of onder?
Posted by Blou (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 10:53
Halli Min, sien die drugs is nognie uit jou uit nie, man dit is goeie nuss vir ons vir die nawek, dit gaan 'n riller wees en sonder om diknek te wees, ek het ook so 'n gevoel oor die naweek, die sharktenk gaan kook, en almal weet haaie hou van koue water...

Ou Anon, is ek ook in die race vir 'n ver hemp?
Posted by xkreniewp (kaapstad) on Wednesday, September 13, 2006 - 10:54
Hello almal

Goed om weer terug te wees. Inderdaad goeie nuus van Spies.
Posted by Danny (Knysna) on Wednesday, September 13, 2006 - 10:54
More almal,

'n Blok bespreking klink goed,maar ons al voor af moet besluit bo of onder aangesien die pryse redelik verskil.Miskien moet ons 'n vote hou en daarvolgens gaan...
Posted by BLOUHART (PRETORIA) on Wednesday, September 13, 2006 - 10:58
Sit net julle sizes by

Die blokbespreking word hanteer deur Koning Blou

1. MORNE FAN
2. xkreniewp
Posted by Anon (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 10:58
Goeie more min_gepla/xkreniewp

Thanks MORNE FAN...die berig is in vandag se Beeld.
Posted by Marcel (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 10:59
Hallo Min! (En alle nuwe bloggers)

Mail asb jou epos adres na Lippies by MelindaB@TSHWANE.GOV.ZA, sowel as 'n naam en verjaarsdag datum - sy stel vir ons 'n lys op
Posted by Anon (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:00
Hi julle

Dis seker die beste nuus van die dag!!

Ons almal weet die naweek is krities vir ons, en dit gaan baie verg!
Ek glo dat ons Saterdag ons beste performance van die seisoen gaan he. Die ouens weet wat is op die spel.
As ons dit nie maak nie, sal dit wees oor die Sharks op die dag te goed was.
Ander ou - die aarde sal draai, maar ek sal dit eers die week daarna agterkom as ons nie Saterdag wen nie!!!
Posted by NDB (Johannesburg) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:00
Anon

Ek sien dat xkreniewp se naam en size is reeds op die lys
Posted by Danny (Knysna) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:00
Anon, As julle kaartjies gaan koop moet julle laat weet, dit gaan 'n grote wees!

Die BLog is vir my in hierdie stresvolle tye meer as net 'n blog, dis 'n vesting, 'n supportgroup, 'n plek van hoop, selfs al is daar hier en daar 'n Sharkie of 'n leeutjie, of 'n bergblommetjie, voel mens beskut!
Posted by dieAnderOu (Kemptonpark) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:01
Stem saam ander ou: Jou veilige vesting, ai Afr is darem mooi (en plesierig) Anon, my size is daar, dit is eintlik my wintersize, maar los hom maar so... :-)
Posted by xkreniewp (kaapstad) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:03
Goeie more BLOUHART

Die oorspronlike reeling was vir Oos-bo.
Posted by Marcel (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:05
Marcal
Waneer sal mens kan gaan kaartjies koop?Diè game is mos 30 Sep?
Posted by MORNE FAN. . . (PRETORIA) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:07
AnderOu/xkreniewp

Dis net soos julle daar sê: Die blog laat my ook bietjie gemakliker voel oor Saterdag se wedstryd. Dit is goed om te hoor dat daar soveel trotse Bul ondersteuners is en positiewe denke.

Hier by die werk sê almal dat die Sharks gaan wen, maar ek stuur my nie veel daaraan nie en kom lees eerder wat die bul ondersteuners op die blog alles praat oor ons span.

BULLE NO. 1!!!!!!!!!!
Posted by Danny (Knysna) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:07
Anon
Is diè hemde ''normale'' grote, of kleiner/groter as gewoonlik?!
Posted by MORNE FAN. . . (PRETORIA) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:07
Morne fan, die kaartjies is gewoonlik die maandag voor die game beskikbaar by die Loftus Kaartjie kantoor.

Sê asb vir Morne dat Butch reken hy gaan hom met 'n (nie so) slap arm vang. (Dit behoort hom nog meer op te ref!
Posted by dieAnderOu (Kemptonpark) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:09
Dis reg ja MORNE FAN. . .,KB het gese hy sal die Maandag gaan,of dalk dan daardie Dinsdag as die kaartjie kantore toe is vir die vakansie dag.
Posted by Marcel (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:12
dieAnderOu
Ag dankie hoor!
Sal dit maar in sy oor moet fluister! :-)
Posted by MORNE FAN. . . (PRETORIA) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:15
Ek stem saam oor die vesting hier!!! As ek moet glo wat op Keo staan, dan is dit polse sny tyd.

Dink net hoeveel keer het mense al gese dis neusie verby met ons.
(Onthou julle daai jaar toe ons moes uitspeel wedstryde in die week speel om die finaal te maak- daai tyd met die kaalholler in die WP OVS game) Ek dink dit was 1991??
Anyway, ek het `n geskiedenis onderwyser gehad wat n WP supporter is.
Ons was toe omtrent in die posisie waar ons nou is, en ek het hom gewed ons sal die beker vat. Sy snor was op die spel.

Anyway, hy het gese hy het van daai dag af nog nooit weer met n Bul `n weddenskap aangegaan nie!!

So, miskien is die situasie net wat die Bulle nodig het om te begin spark!!
Posted by NDB (Johannesburg) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:17
Thanx Marcel!
Posted by MORNE FAN. . . (PRETORIA) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:17
'n Menings peiling op Supersport se website.

Which one of the five bigger Unions is not going to make this year's Currie Cup semifinals?


Blue Bulls 37.91%
Cheetahs 1.94%
Lions 49.91%
Sharks 3.82%
Western Province 6.41%

5101 votes have been cast.
 
Posted by Blou&blou (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:18
Hallo almal wat ek nie vroeg vanoggend gegroet het nie en ook al die nuwe bloggers - bly om te sien ons groei by die dag!!

Baie bly oor Spies en Kuun wat lyk of hy ook beskikbaar is - hier kom 'n ding Saterdag!!!!
Posted by Koning Blou (Centurion) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:18
Het een van die ouens van die ander provinsies wat hier blog nie dalk 'n snor nie, wil nou nie juis met my pa daai wedeenskap aangaan nie...
Posted by xkreniewp (kaapstad) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:18
NDB
Praat jy! Ons het in 2001 met ons onderhoof 'n weddenskap aangegaan & sy snoer was ook taboe!
Posted by MORNE FAN. . . (PRETORIA) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:18
EK het Vrydag by Loftus gehoor hulle sê die kaartjies gaan 10 dae vooraf verkoop word...Weet nie of die ander op Loftus dit gehoor het nie.
Posted by BLOUHART (PRETORIA) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:19
Sorry - Superrugby
Posted by Blou&blou (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:19
BLOUHART
As dit so is sal ons moet spring! Ons kan NIE die game op die tellie kyk nie!!!
Posted by MORNE FAN. . . (PRETORIA) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:20
B&B

Laat hulle maar menings peillings maak. Ons weet die bulle gaan semis speel sowel as die finaal. Basta met daai peillings. Hulle kan hulle menings in hulle g@tte op druk.

Sorry ek raak net so die hel in vir mense wat altyd die bulle wil swak maak. Hulle gaan nog hulle peillings en woorde insluk. Dit begin van Saterdag af.

BULLE!!!!!
Posted by Danny (Knysna) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:24
More vrinne

Goeie nuus oor die bokke se beskikbaarheid :)

Ons Lostrio behoort heelwat vaart te he, die regte slot kombinasie kan bietjie moeilik wees...Jammer maar vir my is 'n fikse Bakkies en Victor in 'n klas van hul eie...tog is Danie baie close...

Sal dalk vir Wynand op binne senter en Dries Scholtz op buite senter wil sien, met Delport en Akona as vleuls, Roetsie agter en eerder Basson op skrumskakel...

Dit gaan interressant wees om te sien wie as losskakel verkies word, tans sal ek vir Hougaard kies, maar ek bly 'n grrot Morne ondersteuner...
Posted by Aiken Drum (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:24
Ja, hulle het Vrydagaand gese 10 dae voor die tyd BLOUHART.
Ek het dit ook gehoor.
Posted by NDB (Johannesburg) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:25
Groot plesier MORNE FAN. . .

KB, is jy dan reg om die kaarjties vir ons te kry?
Posted by Marcel (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:25
Danny

Die peilings vir wie in die Super 14 semi gaan wees het gese die Sharks......
Posted by NDB (Johannesburg) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:26
Goeien more AD.

Die span sal seker nou einige tyd ge-post word.
Posted by Marcel (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:26
Sorry miskien is dit die spanning wat my so opcharge. Saterdag moet nou net kom dat ons almal kan wys wie die beter span is ,of nee die beste span in SA is.
Posted by Danny (Knysna) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:26
NDB

Dit is presies my punt. Miskien moet ons hulle maar los dat hulle peillings maak. Dit veroorsaak dalk net dat die Bulle beter speel.
Posted by Danny (Knysna) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:29
Ek geniet dit as die ander unies reken ons is nie 'n gevaar nie...

Die bulle doen hul beste as ander hul afskryf...Dus wanneer hulle te over confident is war ons geliefde bulle gewoonlik opneuk...finals teen Natal, Griquas, Vrystaat is sprekende voorbeelde...


Nee wat ek is heel positief oor ons kanse...

Either way once a "Noord Transvaler always a Noord Transvaler", sorry maar al die name changes "urinates me off".

Gelukkig was ons nic name nog altyd Bulle...nie eers die een of ander vrug, en toe ietsie meer butch nie...lol

Bulle Bo!!
Posted by Aiken Drum (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:33
More Marcel askuus vir die double posting...lol
Posted by Aiken Drum (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:34
Aiken drum slaan die spyker op die kop, met sy dries voorstel. Die groot man het darm 'n bietjie spasie nodig, en wynand kan dit vir hom gee. Die stres raak nou 'n bietjie te veel!
Posted by dieAnderOu (Kemptonpark) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:34
dieAnderOu , Dries word gemors as hy net moet crash ball hardloop...as hy met sy spoed en krag in die gaps geplaas word sal hy nog 10 keer gevaarliker wees
Posted by Aiken Drum (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:37
Onthou net,hoe meer mense van alle oorde ons afskryf hoe groter word die druk op die Sharks.

My punt is,laat hulle maar voortgaan!
Posted by Marcel (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:37
More Almal
Here are the score predictions from Sharksrugby!

Blou Masjien: sharks 14 bulls 34
Butch-fan: sharks 27 bulls 23
Sauron: Sharks 40 Bulls 26
Reds: Sharks 24 Bulls 10
NoRules: Sharks 32 Bulls 22
Vanessa: Sharks 23 Bulls 18.
Finmaster: Sharks 37 Bulls 19
RvW: Sharks 28 Bulls 20
HBKZN: Sharks 37 Bulls 29 or Sharks 24 Bulls 16
Belinda: Sharks 24 Bulls 14
Discouraged: Sharks 38 Bulls 19
The-Hit: Sharks 32 Bulls 20
Debs: Sharks 31- Bulls 27
Jshark: Sharks 35 - Bulls 29
Snoopy: Sharks 28 - Bulls 22
Klempie: Sharks 25 Bulls 15
Thorontur: Sharks 34 Bulls 18
Villain: Sharks 32 Bulls 16
Sno pr0: Sharks 42 Bulls 17
JJ VW: Sharks 36 Bulls 27
PTA Shark: Sharks 38 Bulls 18
 
Posted by Shark@tack (Durban) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:37
hallo almal! is nuut hier......is windhoekers welkom?
Posted by brollux (windhoek) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:38
Die kaartjies is beskikbaar vanaf die 20ste - Anon het met Michelle bevestig. Dit gee ons nie veel tyd nie so kom ons begin met die lys. Let wel, dit is net vir die wat saam wil sit en waarvoor die blok bespreking gedoen gaan word, nie almal wat gaan nie. Ek sal bankbesonderhede mail vir almal wat se name op die lys is teen Maandag volgende week.

1. Koning Blou
2. Marcel
3. Anon
4. Terry
5. Blou Mamba
6. Morne Fan
Posted by Koning Blou (Centurion) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:38
Hallo mede Bul ondersteuners.

Goeie nuus oor Spies. Ons sal die game moet vinnig maak saterdag, die pak is beweeglik. Dit sal die visse deurmekaar gooi.

Skuus ek vra, ek wil graag ook 'n T hemp koop, hoe gaan ek te werk? Ek woon in 3 Riviere en mag moontlik ook die game teen die Vrystaat bywoon.

Help bietjie asb
Posted by Blou-is-Baas (Johannesburg) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:39
Ja, ek dink die Bulle plak die peilings in die kleedkamer op!!
En hulle moet Superrugby van Maandagaand oor en oor vir hulle speel!!
Posted by NDB (Johannesburg) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:39
HI Danny
Ek stem saam. Ek wil nie graag vloek op die blog nie maar raak nou g@tvol vir almal wat so jaloers is op die bulle dat hulle hulle broeke vol kan bol en vir die wat ons nie 'n kans gun nie. Ek hoop daar is van die bulspelers wat die blog lees. Dit behoort genoeg motivering vir hulle te gee om al wat 'n span is goed op te dinges.
Ons sal sien wie val uit. As die sharks dan so wonderlik is hoekom wil hulle al ons ouens koop.? Is hulle onseker oor hulself of wat??
KB laat weet asb oor die kaartjies.
Posted by groot blou (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:40
Magtag maar ek sukkel om in te log. Mag dalk heelwat tellings gemis het. Sit maar asseblief net by.

RUGBY TELLING
Bulle vs Sharks
1 100%Shark 27 vs 36
2 Blou 30 vs 23
3 Blou Bul Meisie 28 vs 13
4 Blou dacom 26 vs 23
5 BLOU MAMBA 28 vs 18
6 blou masjien 26 vs 18
7 Blou&blou 34 vs 27
8 Blou-is-Baas 32 vs 26
9 blouwan 25 vs 21
10 Bullebak 34 vs 28
11 Danny 28 vs 23
12 groot blou 28 vs 22
13 hennie 33 vs 26
14 Lippies 41 vs 35
15 min_gepla 32 vs 18
16 Nitronic 27 vs 23
17 notabull 19 vs 38
 
Posted by Myler (Pinetown) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:40
Aiken drum stem saam, Die Gaps moet net nie klein wees nie, want Dries is nie te klein nie.
Posted by dieAnderOu (Kemptonpark) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:40
Hallo brollux,

Jy is baie welkom op die blog, hoop jy gesels lekker saam!
Posted by Koning Blou (Centurion) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:41
ek dink die bulle gaan die sharkies n les leer! derrick moet hulle net in hulle helfte hou en ons moet die kontakpunte skuif..
Posted by brollux (windhoek) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:42
brollux - MEER AS WELKOM!!!!

Dis lekker om met julle mense wat daar ver is te gesels!!
Geniet dit hier!
Posted by NDB (Johannesburg) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:42
Hi Shark@tack

in civilisation (BLUE BUL COUNTRY) we call your list wishful thinking
Posted by Myler (Pinetown) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:42
hallo brollux
Natuurlik
Posted by groot blou (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:43
Groot blou

Stem 100% saam veral oor die Sharks wat ons spelers jag. Ek hoop ook hulle lees die blog.
Posted by Danny (Knysna) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:43
Hallo brolux,baie welkom.
Posted by Marcel (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:44
is die span al uit??
Posted by groot blou (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:44
dink julle gary is nog ons beste haker?
Posted by brollux (windhoek) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:46
KB
Gaan dit nou oos bo wees?
Posted by BLOUHART (PRETORIA) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:47
Hi almal

Ons het so pas die 150 merk met bloggers geslaan, en ek mag selfs 'n paar gemis het.
Posted by Myler (Pinetown) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:47
Blouhart, dit hang af wat die meerderheid van ons besluit.

Almal, kan ons gou 'n peiling hou - waar gaan ons kaartjies kry vir die Bulle Cheetahs wedstryd?
Posted by Koning Blou (Centurion) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:49
Tx Myler

Ons getalle neem nou vinnig toe.
Posted by Marcel (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:49
Tx Myler

Ons getalle neem nou vinnig toe.
Posted by Marcel (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:49
dieAnderOu

Dinamiet Dries sal die klein gaps laat oop gaan soos Moses van ouds...lol
Posted by Aiken Drum (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:51
Myler, ek sien jy het nie my telling daar op nie, waar is gister se lys, moet nou nie soos 'n sharks ondersteuner staan en raak nie!!
Posted by xkreniewp (kaapstad) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:51
OOS BO!!!
Posted by dieAnderOu (Kemptonpark) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:52
OOS BO!!!
Posted by Koning Blou (Centurion) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:53
OOS BO!!!
Posted by Koning Blou (Centurion) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:53
Hi NDB

Het nie superrugby gekyk, wat is gese?
Posted by Blou-is-Baas (Johannesburg) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:53
Is dit aand of middag wedstryd?
Posted by BLOUHART (PRETORIA) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:53
brollux

Gary is beslis ons beste, sy vorm was bietjie af. Maar myns insiens vat dit ook maar tyd om oor 'n knie besering te kom...Dan defnitief Strauss, ons mag hom nie verloor nie...hy het ook die nodige vuur om die voorspelers aan die gang te kry
Posted by Aiken Drum (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:53
Hartlik welkom Brollux!
Jy gaan dit net so baie soos ons geniet! :-)
Posted by MORNE FAN. . . (PRETORIA) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:53
Dis nogal Impressive dat jy tel Myler!
Posted by dieAnderOu (Kemptonpark) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:54
Brolux - op vorm op die oomblik dink ek Adriaan is die beste.
Maar Gary is `n staatmaker, en hy is te n goeie speler om onder te bly. Hy sal regkom!!
Posted by NDB (Johannesburg) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:56
Maar net n gedagte oor some refs

Ek blaas jou hier, Ek blaas jou daar
Ek blaas die blarry game sommer deur mekaar.
High tackle hier, Dangerous tackle daar
Suspect tackles ja, orals sowaar

Dis n ruck, Dis n maul, Die ouens val oorie ball
Die ref die blaas, die ref die raas, Want hy en hy alleen is baas.
Onkant onkant, Aan die duskant, Punch tackle en rol,
julle is almal gebol, want die ref blaas regtig tjol.

Paasop - passop die kaart in sy sak
Geel en rooi – is vir hom alte mooi
Hy blaas hard en skirl net voor hy wys
gaan sit in sak en ys – tot 10 minute verby is.

Die game is klaar, Die skrifs aan die muur
Dit kos onse spanne duur - o so duur.
Die ref issie sier want hy mos nou drink n koue bier.
Sy job gedoen in sy kit goud en groen.
 
Posted by 100%SHARK (Richards Bay) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:58
Ek sou se Oos-bo,veral in die lig van die finansiële imlikasies.Ek is seker almal wil graag familie lede saambring.
Posted by Marcel (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:58
Gary is so 'n bietjie meer as net 'n hakker vir die span op die oomblik. Hy hou die manne kalm.
Posted by dieAnderOu (Kemptonpark) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:58
Blou- is- Baas

Kobus het gevra wie dink hulle gaan in die semi's wees?
Errol het gese hy fokus net op die Wp en hulle sal daar wees, maar andersins die Cheetahs, Sharks en Leeus.
Kobus het dieselfde gese, en even Joost het op die ou end gese, op vorm sal dit daai 4 spanne wees.
(En net Kobus se ore was in die pad van sy smile)
Posted by NDB (Johannesburg) on Wednesday, September 13, 2006 - 11:59
X, sorry man maar ek het gister en vanoggend erg gesukkel om in te log en toe 'n paar verloor. Stuur hom maar weer en ek sit hom op.
Posted by Myler (Pinetown) on Wednesday, September 13, 2006 - 12:00
100% het jy 'n bundel?
Posted by dieAnderOu (Kemptonpark) on Wednesday, September 13, 2006 - 12:00
100% Shark - hartseer, maar waar.
Posted by NDB (Johannesburg) on Wednesday, September 13, 2006 - 12:01
X sorry, het hom 36 - 18

thanks
Posted by Myler (Pinetown) on Wednesday, September 13, 2006 - 12:01
Dink net hoe gevaarlik gaan die sharkd weer wees, indien en as Bobby "check my tong" dalk weer vir hulle speel...tog dink ek hy sal eerder vir die vrystaat speel, wat onlangs sulke ysters soos Quinton Davids en Marius Joubert gekoop het...lol
 
Posted by Aiken Drum (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 12:01
BLOUHART,

Ek dink dit is 'n 17:00 wedstryd
Posted by Koning Blou (Centurion) on Wednesday, September 13, 2006 - 12:03
die AnderOu

Ek sit maar net elke nuwe naam op my lys by. Het 'n paar gemis toe ek weg was en met die gesukkel om in te log maar sal bysit soos die ouens blog. Almal is nie gereeldes nie.
Posted by Myler (Pinetown) on Wednesday, September 13, 2006 - 12:04
DieAnderPou

Nee wat man, ek traai maar so nou en dan bietjie n smile bring - en kompose dan sommer gou gou so ietsie of wat - party keer is dit OK and keer minder OK - try maar bietjie sunshine in onse harte in sit.

Rugby is mos nie net n passion nie maar n lewens wyse, dus druk ek my uit in verse.

Wens ek het al my poems gasave - maybe kon ek so klein bundeltjie op kon maak - net so vie eie gebruik.
Posted by 100%SHARK (Richards Bay) on Wednesday, September 13, 2006 - 12:05
KB sit my ook dan op,2 kaartjies verseker maar miskien 'n derde ook.Sal vandag hoor.
Posted by BLOUHART (PRETORIA) on Wednesday, September 13, 2006 - 12:08
Myler, ek is net bang hoofseun Jake kry jou statistieke in die hande...lol
Posted by Aiken Drum (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 12:09
oooo Ja,ek wil ook 'n hemp hê, XL
Posted by BLOUHART (PRETORIA) on Wednesday, September 13, 2006 - 12:09
Ek Wonder maar net - Mr / Mrs Blog administrator, sal U dalk my kan uithelp om die klein gediggies wat almal al gepost het te kan ann die hande te kan kry?
Posted by 100%SHARK (Richards Bay) on Wednesday, September 13, 2006 - 12:11
So gemaak BLOUHART, laat weet maar oor die ekstra kaartjie.
Posted by Koning Blou (Centurion) on Wednesday, September 13, 2006 - 12:12
100%, as daar mense is wat geld kan maak deur "Rugby Sokkie Treffers" kan jy geld maak deur 'n Rugby Bundel uit te gee.
Posted by dieAnderOu (Kemptonpark) on Wednesday, September 13, 2006 - 12:12
Ha Ha Ha - He He He

Lyk my ek moet dit traai! Nie van die beste dig kundig nie - maar lekker om so te kan speel van tyd tot tyd. Hoe my ook uit kook water uit want manne en manninne vat my kretiek beter in die formaat.

Ek sien almal chat weer n bars hou vandag - dis sommer great man.
Posted by 100%SHARK (Richards Bay) on Wednesday, September 13, 2006 - 12:18
KB, maak dit 3 kaartjies!
Posted by BLOUHART (PRETORIA) on Wednesday, September 13, 2006 - 12:30
Aiken

Nee wat daaroor hoef ons nie bang te wees nie, Hy vat mos nie raad by ander nie. haha
Posted by Myler (Pinetown) on Wednesday, September 13, 2006 - 12:31
KB, Sit my voorlopig op vir 2 kaartjies OOS -BO.
Posted by Blou&blou (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 12:31
Myler, ek is op tik gewees, maak daai telling asb 28-22 vir die NOORDE asb
Posted by xkreniewp (kaapstad) on Wednesday, September 13, 2006 - 12:33
Koe - eeee - - - Koe - eeee WP, WELPIES, BULLS, SHARKS EN VRYSTATERS!

Ag nee - niemand will met my chat - nou gaan ek maar eers lunch - sie julle later bulls maters.
Posted by 100%SHARK (Richards Bay) on Wednesday, September 13, 2006 - 12:36
Koning Blou

Ek will ook kaartjies he, ek boek solank 'n kaartjie vir Bloumal, vir myself en dan nog 5 ander, sal more die defnitiewe syfers bevestig.

Dankie
Posted by Blou (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 12:36
Lys opgedateer.
Posted by Koning Blou (Centurion) on Wednesday, September 13, 2006 - 12:39
100% Shark

Your fishy-friends' scores telly
are playing up us Bulls's alley,
for it will only be a blind-sited Shark
with a one dimensional remark
to lure into a rediculous prediction
even before kick-off is in motion

But us Bulls do not mind being the underdog
Ask the Sharks in the S/14 - 5th on the log!
So its time once again to bite the humble pie
For you Sharks it means feet and hands on the ground
With a Bull behind you ready to Mount!
Posted by Anon (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 12:39
Ja almal

Om soos kamp staaldraad n lang storie kort te maak..Die vehaal van die naweek se game gaan eendag so aan ons 4 en 5de generasies oorgedra word!

Eendag lank lank gelede toe die dooie see nog net siek was[ja jys reg moer lank terug] het die 15 vissies en n Dick gedog hulle kan die Bulle vir n 2de keer wen......en was hulle verkeerd!!!
Posted by min_gepla (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 12:42
Anon...lol

Poetry in motion....lol
Posted by Aiken Drum (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 12:46
Bulle - Cheetahs Blok Bespreking:

1. KB
2. Blou X
3. Marcel (x3)
4. Anon
5. Terry
6. BLOU MAMBA
7. Morne Fan
8. Blouhart (x3)
9. Blou & blou (x2)
10. Bloumal
11. Blou (x6)
Posted by Koning Blou (Centurion) on Wednesday, September 13, 2006 - 12:46
More Bulle.

Ek sien julle dryf bietjie spot met ons "inkopies". Moet sê ek kan self nie verstaan wat hulle met WP se "has been's" wil doen nie! Ek dink hulle gaan seker die duiksakke in die oefeninge vashou...

Maar Rassie is nie onnosel nie - daar moet 'n plan wees met hulle. Kyk byvoorbeeld na Meyer, hy is uitstekend! Ek glo natuurlik nog steeds daaraan dat elke provinsie sy eie talent moet gebruik en nie moet "rond shop" by ander provinsies nie. Maar dis seker maar deel van moderne rugby.
Posted by Vrystater! (pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 13:00
Middag almal

Mag die BLOUSTE, .....ag ek meen die BESTE span wen Saterdag...... BLOU BULLE BO!!!!!!!

Wat dink julle van daai BLINK BLOU HARE(Foil), vir die Cheethas game. Ek weet hulle verkoop by Montana Traders daarvan vir R15/R20 en ek sal vir ons bestel as julle belangstel!! Net 'n idee!

Ek is baie bly oor SPIES, hy is 'n doring!!!
Posted by Lippies (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 13:15
Hallo Vrystater / Lippies,

Vrystater, ek is seker Rassie weet wat hy doen - miskien wil hy hulle gebruik om hom met die liggies te help op die dak ........... ;-)
Posted by Koning Blou (Centurion) on Wednesday, September 13, 2006 - 13:19
Waar is almal??
Posted by Koning Blou (Centurion) on Wednesday, September 13, 2006 - 13:25
Goeie middag Vrystater.

Hier KB,sukkel net om in te kom.
Posted by Marcel (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 13:32
hi guys!
Posted by hbkzn (Ladysmith) on Wednesday, September 13, 2006 - 13:34
Hi Vrystater

Ten minste weet julle wie julle koop. Ons het nie liggies nie, so ons is nog "in the dark" lol
Posted by NDB (Johannesburg) on Wednesday, September 13, 2006 - 13:35
eks sopas terug van ete.ek moet sê dat dit lekker is om te sien die mense hier ken hulle rugby!
Posted by brollux (windhoek) on Wednesday, September 13, 2006 - 13:35
KB ons is nog hier, dankie ek sien my naam is op die lys gesit vir kaartjies.
Posted by Blou (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 13:35
Ek dink almal is nou op die engels waar die span aangekondig is.
Posted by Blou (Pretoria) on Wednesday, September 13, 2006 - 13:37
vrystater.

ek dink ook dat Rassie weet wat hy doen...en sy voete bly op die grond al sit hy oppie dak!
Posted by brollux (windhoek) on Wednesday, September 13, 2006 - 13:38
Sjoe, wat 'n gesukkel om in te log!

KB
Sit asb vir my voorlopig 5kaartjies op-sal deur die week net bevestig!

Mens sukkel so om in te log, ek praat eerder later vanmiddag!

hbkzn
Hallo daar!
Posted by MORNE FAN. . . (PRETORIA) on Wednesday, September 13, 2006 - 13:44
Geen wonder nie!

Almal het oorbeweeg na nuwe thread:
"Blue Bulls side announced''
Posted by MORNE FAN. . . (PRETORIA) on Wednesday, September 13, 2006 - 14:09
More Bulle

Is die gerugte waar dat Dries volgende jaar vrystaat toe gaan?
Posted by ballasvanstaal (Put sonder water) on Thursday, September 14, 2006 - 07:54
Ek hoop ons kan na saterdag weer glimlag
Posted by Baas Bull (Tzaneen) on Thursday, September 14, 2006 - 09:05

 

   
 
 

Maintained by Hein Venter
Last updated on 2006/09/14 01:04:42 PM