Blou Bul Bloggers - Archives  

Bakkies, Bryan en Wynand bly Bulle
Posted on Tuesday, September 19, 2006 - 08:31
Die Vodacom Blou Bulle is soos een groot, gelukkige rugbyfamilie en dis een van die hoofredes waarom die Springbokke Bakkies Botha, Bryan Habana en Wynand Olivier besluit het om vir die volgende klomp seisoene in Pretoria te bly.

Die Sharks het hard na dié drie Bokke gevry, maar die Bulle het Maandagaand kontrakte met Bakkies, Bryan en Wynand gesluit. Berigte oor die naweek het beweer dat die Sharks bereid was om vir Bakkies tot R2miljoen te betaal, terwyl die ander twee ook groot verhogings sou kry as hulle Durban toe sou gaan.

Al drie het blykbaar besluit om by die Bulle te bly vir minder geld as was die Sharks aangebied het, wat bewys dat Heyneke Meyer 'n wonderlike kultuur van lojaliteit by Loftus Versfeld geskep het.

Botha, wat Vrydag 27 word, het vir die volgende vyf jaar geteken, wat beteken dat hy tot 2011 by die Bulle sal bly. Olivier en Habana sal tot aan die einde van die 2009-seisoen in Pretoria speel.


Blue Bulls Blog
HALLO JULLE HIER?

DIT IS NET GOEIE GOEIE GOEIE NUUS!

BULLE BO!
Posted by BLOU MAMBA (Johannesburg) on Tuesday, September 19, 2006 - 08:55
BM

EK HET NOG BIETJIE GETWYFEL MAAR NOU TWYFEL EK NIE MEER NIE!!!!!!!

Dis nou wat ek noem lojaal want wie gaan nee sê vir R2miljoen per jaar. Dankie BAkkies, Wynand en Brian. Julle is ysters!!!!!!!!

BULLE!!!!!!!
Posted by Danny (Knysna) on Tuesday, September 19, 2006 - 08:58
Hoe gaan ek nou op my werk konsentreer vandag, ja het darem altyd gedink Bakkies sal nie die Familie los nie!!
Posted by xkreniewp (kaapstad) on Tuesday, September 19, 2006 - 09:01
Hier is die finale lys vir die blok bespreking vit die Bulle - Cheetahs wedstryd, dit wys ook wie reeds betaal het:

1. Koning Blou Paid
2. Blou X Paid
3. Marcel (x3) Paid
4. Anon
5. Terry
6. Blou Mamba (x4)
7. Morne Fan (x5)
8. BLOUHART (x3) Paid
9. Blou & blou Paid
10. Bloumal (x2) Paid
11. Blou (x7) Paid
12. Blounico (x3)
13. NDB
14. Blou Bul Meisie
15. Groot Blou (x4)
16. Blue Freak (x2) Paid
17. Blou dacom
18. Bakkies

Die van julle wie se gelde nog uitstaande is moet asb. vandag die oorbetaling doen aangesien ek more oggend vroeg die kaartjies gaan koop.
Posted by Koning Blou (Centurion) on Tuesday, September 19, 2006 - 09:01
Hier is die finale lys vir die blok bespreking vit die Bulle - Cheetahs wedstryd, dit wys ook wie reeds betaal het:

1. Koning Blou Paid
2. Blou X Paid
3. Marcel (x3) Paid
4. Anon
5. Terry
6. Blou Mamba (x4)
7. Morne Fan (x8)
8. BLOUHART (x3) Paid
9. Blou & blou Paid
10. Bloumal (x2) Paid
11. Blou (x7) Paid
12. Blounico (x3)
13. NDB
14. Blou Bul Meisie
15. Groot Blou (x4)
16. Blue Freak (x2) Paid
17. Blou dacom
18. Bakkies

Die van julle wie se gelde nog uitstaande is moet asb. vandag die oorbetaling doen aangesien ek more oggend vroeg die kaartjies gaan koop.
Posted by Koning Blou (Centurion) on Tuesday, September 19, 2006 - 09:03
The Rock - point taken about resting players - but if I am Pote - these two games will be the games I will be trying new ideas, alternative combinations and also let my full bench have a run. It is fine to rest players, but to keep them match ready and sharp, they must have at least 40-60 min before the semis in both games. This was Heyneke's key to success tha past few years.
Posted by Anon (Pretoria) on Tuesday, September 19, 2006 - 09:04

 

   
 
 

Maintained by Hein Venter
Last updated on 2006/09/19 09:03:45 AM