|   | 
 Blou Bul 
Bloggers - Archives  
	
		| 
			
				| Bonuspoint for Bulls in Brakpan |  
				|  |  
				| Posted on Saturday, 
				August 19, 2006 - 07:19 |  
				|  |  
				|  The 
				Vodacom Blue Bulls temporarily took the lead on the Absa Currie 
				Cup log on Friday evening when they beat the Valke by 27-13 in a 
				scrappy game. The visitors started brilliantly, with Derick Hougaard 
				shifting the ball wide to a rampaging Frikkie Welsh who then 
				found Johan Roets on the outside for the first try in the second 
				minute, but after that they struggled and only managed to score 
				the fourth and bonus point try very late in the match.  Although the Bulls are back to their winning ways, they will 
				have to think long and hard about where their season is headed. 
				Pote Human has decided to give his team the whole of next week 
				off as they have a bye. By the time they return, WP, the Sharks 
				and the Cheetahs could have forced them down to fourth on the 
				log again.  But back to the Valke game - it was not a pretty match and 
				there were way too many mistakes from the visitors. It could 
				have been the seemingly negative way in which the Valke played 
				that affected the Bulls, as two of the home team's players were 
				sin-binned.  Individually there were not many guys that really shone, but 
				Pedrie Wannenburg did show his return by scoring two tries. The 
				Bulls' fourth try was scored by Bok-flanker Pierre Spies, who 
				replaced Hilton Lobberts late in the week because of an injury.
				 Scorers:  Vodacom Blue Bulls: Tries: Johan Roets, Pedrie 
				Wannenburg, Pierre Spies. Conversions: Derick Hougaard (2). 
				Penalty goal: Hougaard.  Valke: Try: Hanno Coetzee. Conversion: Louis Strydom. 
				Dropped goals: Strydom (2). |  
 
			
				| Blue Bulls Blog |  
				| 
					Hello almal, 
					Wat 'n gesukkel!!!! - maar 'n wen is 'n wen
					 
						Posted by Blou&blou (Pretoria) on 
						Saturday, August 19, 2006 - 07:32  |  
				| 
					JO JO JO. 
					Dit was maar net net ne. Nee wat Bulle julle sal moet diep 
					soulsearch! Die spelers moet besluit will ons, of will ons 
					nie die CC wen. Dit is al of hulle rugby honger opgedroog 
					het.
					 
					Maar nou ja, hoe gaan die gesegde - n span speel maar net so 
					goed as wat hy toegelaat word deur die oponente.
					 
					Maar ek stem, n wen is n wen, en die bonus punt is uiters 
					belangrik. Geluk met die wen en voorspoed verder.
					 
					Cheers
					 
						Posted by 100%SHARK (Richards Bay) on 
						Saturday, August 19, 2006 - 08:00  |  
				| 
					Well done on your win you BEAUTIFUL BULLS!
					 
						Posted by Durban Bull (DURBAN) on 
						Saturday, August 19, 2006 - 08:01  |  
				| 
					Well done Bulls cant wait for the finals .
					 
						Posted by blue babe (Cape Town) on 
						Saturday, August 19, 2006 - 17:33  |  
				| 
					PATETIES PATETIES PATETIES HIER IS N M _ERSE SKROEF LOS EN 
					DIT LYK NIE OF POTE EN SY AFRIGTINGSPAN DIE SPANNER HET OM 
					DIT TE FIX NIE
					 
						Posted by loftus (pta) on Saturday, 
						August 19, 2006 - 18:05  |  
				| 
					Shoe, maar n wen is n wen en die Sharks het maar dieselfde 
					probleme as ons..Jammer Sharks maar bly vir die resultate 
					van die game! 
					Roets welcome back, bly jy is weer op form, wens net JW wil 
					dit raak sien, ver beter as Percy!!!!
					 
						Posted by Blou Bul Meisie (Centurion) 
						on Saturday, August 19, 2006 - 19:23  |  
				| 
					Loftus 
					Hoop maar Heinecke se reis oorsee was die moeite werd sodat 
					hy Pote kan help in die 2de helfte van die seisoen! 
					Die Leeus begin nou bykom en help gelukkig om die top spanne 
					in toom te hou. Die Bulle moet net oppas dat hulle nieTE 
					naby kom nie. 
					WP het gewen, maar nie met so 'n groot telling soos wat mens 
					sou verwag nie encheetahs was nie te bright nie. So ons 
					moenie moed verloor nie. Miskien sal Heinecke 'n paar 
					bottels terpentyn saambring. Die Bulle het dit nodig!
					 
						Posted by Manx Bloubul (Isle of Man) 
						on Saturday, August 19, 2006 - 19:29  |  
				| 
					'n Wen is seker maar 'n wen en 5 punte is seker maar 5 
					punte, maar dis onmoontlik om sulke swak rugby te geniet. 
					IETS IS GROOT FOUT!
					 
						Posted by KONTAK (Pretoria) on 
						Saturday, August 19, 2006 - 19:59  |  
				| 
					Toemaar bulle, 
					Wickus (die beste fetcher in SA - al sien sommige poepolle 
					net sekere spelers raak) en sy manne sal sorg dat die ander 
					spanne nie te ver buite julle bereik gaan nie.
					 
					As julle 'n tuis semi-final gaan he, gaan julle ons Leeus 'n 
					groot dankie skuld!
					 
						Posted by Brul (Pretoria) on 
						Saturday, August 19, 2006 - 20:14  |  
				| 
					Nog 'n weg-wen. Ek lees in die koerante die Bulle verkies 
					deesdae om weg te speel, aangesien hulle nie meer tuis kan 
					wen nie. So wat van die fans? Loftus gaan begin leegloop as 
					die ondersteuners nie meer wen-wedstryde kan sien daar nie. 
					Dit vat deesdae wilskrag om nog die R40 vir 'n Oos-Bo 
					kaartjie te betaal, eerder as om daai geld Hatfield toe te 
					vat (ek is immers 'n sogenaamde 'arm student'). My laaste 
					vier games op Loftus (Crusaders, Sharks, WP, Leeus) begin my 
					entoesiasme vir Loftus laat sak. Vir eers sal ek maar nog 
					gaan. Maar my geduld raak op. 
					 
						Posted by diehondmonster (Pretoria) 
						on Saturday, August 19, 2006 - 20:45  |  
				| 
					Ouens en oueninne;-) 
					Geluk met die wen. Lyk my weg wen is ook nie meer heeltemaal 
					so maklik soos wat dit altyd was nie. Maar, julle het 
					ge-moan oor 'n wen. So daar is hy. Vat hom polish hom blink, 
					laat dit lyk asof julle klaar die CC gewen het en wie weet. 
					Julle het laasjaar gevoel hoe seer dit maak. 
					Imagine net die b(l)oggers was nie daar nie, dan het die 
					bulle seker gelykop gespeel, want wragtig, julle kan darem 
					nie teen die mossies verloor nie. Wys net wat b(l)oggers kan 
					doen. Lyk my hier is naweek bloggers en week bloggers. Die 
					week ouens is seker almal besig om hulle mpy'e se geld te 
					mors deur heeldag te blog ipv werk. Nie dat ek 'n probleem 
					daarmee het nie. Naweek bloggers, nice om van julle te hoor. 
					Ek is die ou wat stir in die week, maar die week bloggers 
					verstaan my al. Hoop julle sal ook
					 
						Posted by strepies (pretoria) on 
						Saturday, August 19, 2006 - 21:00  |  
				| 
					Hi strepies 
					Darm nie heeltemaal waar nie. Gaan kyk bietjie wie het 
					gistraand op die vorige blog ge-post en hier is ek weer - 
					deur die week en naweek. Ek is een van die mees getrou blou 
					wat jy ooit sal kry.
					 
					Was gister op Bosman Stadium, het nuwe foties vir die web 
					site (http://www.cs.up.ac.za/cs/hventer/bbb_home.htm), maar 
					sal die nuwe foties eers dan op die web plaas. Julle ouens 
					is welkom om kommentaar te lewer en voorstelle te gee.
					 
					Wat die rugby aan betref, nou ja. Bulle se uitslae tot 
					dusver was maar disappointing. Ek wil nie verskonings maak 
					nie, maar ek wil tog graag `n opsomming probeer gee hoe ek 
					die situasie sien:
					 
					Die Bulle het gedomineer die afgelope 4 jaar in die CC. Dis 
					te verstane dat hulle die meeste wind gaan vang. Ons het so 
					goed geraak dat enige een wat nie `n Bul is nie, ons haat. 
					Maar die Bulle is ook mense, en nie gode nie. So het ons 
					uitgevind die afgelope jaar. Maar daar is baie redes 
					daarvoor, waarvan die grootste in my opienie is: Ons het nie 
					meer naastenby die span wat ons toe gehad het nie. Ons 
					kaptein, Leonard, is weg. Ons primary coach, Meyer, is weg. 
					Ons ander sleutel spelers soos Bakkies, en Matfield is by 
					die Bokke en om nie eers te praat van ons baie beseerde 
					spelers wat maande of forever uit is nie. Maar mense, dink 
					aan die positiewe sy hiervan: onder al hierdie omstandighede 
					was ons vandag vir `n wyle nog bo aan die CC log! Hoe? Met 
					baie diepte in ons span, en met gees van ondersteuners soos 
					wat geen ander CC ondersteuner het nie! 
					 
					Ek wil net graag `n boodskap uitstuur aan ieder en elk daar 
					buite, Bloubul of de not: Kyk maar waar was die bulle so 6 
					jaar gelede - omtrent waar die Leeus was so rukkie terug - 
					doer onder aan die log. Maar mense, ons het die bulle aanhou 
					ondersteun. En ek se nou vir julle: `n span is NIKS sonder 
					ondersteuning nie! Al het `n span af tye, dan is dit juis 
					dan dat hulle ondersteuning nodig het. Diehondmonster, en 
					almal wat se geduld opraak met die Bulle, ouens, asseblief, 
					julle MOET eenvoudig besef, die Bulle het nou julle 
					ondersteuning eers nodig. Die Bulle spelers besef ook dat 
					hulle die skare skuld, en verloor mos nie aspris nie!
					 
					Ons het we'll gewoond geraak aan die magtige Bulle, dalk TE 
					gewoond. Dis hoekom dit nou so telerurstellend voel as die 
					Bulle nie so goed vaar nie. Maar magtig, staan op en support 
					jou span! En dit beteken nie net kom na Loftus en doen dit 
					halfhartig nie - as jou bloed regtig blou is, dan support jy 
					VOLUIT. Ek het dit al baie gese en ek se dit weer: in my 
					opinie hang 50% van die span se performance af van hoe hard 
					en met watse gees en passie die skare support.
					 
					Hoor my lied: Ek is met elke game wat ek dit moontlik kan 
					maak op Loftus, en iets het verander. Vandat die Vrystaat 
					ons geklop het met die CC final verlede jaar, het ons met 
					halwe harte begin support - Loftus se elektrisiteit wat van 
					die skare moet kom is nie meer daar nie. Julle kan my nou 
					maar aanvat, maar dis ook om hierdie rede dat die Bulle 
					swakker begin vaar.
					 
					My boodskap is dus: Bulle Ondersteuners, moet asb nie wil 
					wegbly omdat die Bulle nou swakker vaar nie. Wees 
					bittereinders man! Kom support, wys die wereld wat ons Bulle 
					supplorters kan doen! Kom ons verf Loftus weer blou, en glo 
					in ons span...
					 
					Sjoe, ek het nou my mind gespeak. Sorry vir die lang post.
					 
					Bulle, KOM ONS KYK VORENTOE! NOU DIE 
					BLOU!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
					 
						Posted by Bullebak (Centurion) on 
						Saturday, August 19, 2006 - 23:12  |  
				| 
					Môre aan al die Bulle ondersteuners, 
					Bullebak ek moet 100% met jou saamstem.
					 
					Indien die Bulle al ooit ons ondersteuning nodig gehad het, 
					dan is dit juis nou. 
					Kom nou die Bloggers - kom ons kry ons kant reg en ons 
					promofeer hierdie gedagte op elke moontlike manier. 
					Deur met ons bure en kollegas te gesels. 
					Skryf briewe koerante toe en kry die WARE Bulle 
					ondersteuners weer by die wedstryde - hier sowel as weg. 
					Die "WEG" ondersteuners moet begin saamstaan soos die 
					guppie-ondersteuners. Ek is seker daar was gister meer 
					guppie- as welpieondersteuners op Ellis Park. 
					Ek hoop almal sal hierdie boodskap lees voordat die threat 
					weer verander.
  
						Posted by Blou&blou (Pretoria) on 
						Sunday, August 20, 2006 - 06:52  |  
				| 
					Hallo Bullebak 
					Wat soek jy op die TV, het jou, en NDB gesien op die Tv.
					 
						Posted by Terry (Pretoria ) on 
						Sunday, August 20, 2006 - 07:42  |  
				| 
					Het so gehoor Terry :-) Was dit jy wat dit ook vir my ge-SMS 
					het? Die SMS het gese ek en NDB moenie so ernstig gesels 
					nie. Jong, ek en NDB was toe erg bekommerd omdat ons gedink 
					het die Bulle gaan dalk nie eers `n bonuspunt verdien nie. 
					Dankie tog ons het!
					 
						Posted by Bullebak (Centurion) on 
						Sunday, August 20, 2006 - 07:53  |  
				| 
					Blou&blou 
					Ek beoog om al die blog geskiedenis op my web site te plaas 
					voor dit verlore gaan. Ek wil dit basie aan die einde van 
					elke dag net copy en paste na ` argief leer wat op die Web 
					beskikbaar sal wees. Maar ek gaan mense nodig he om my te 
					help vir wanneer ek nie daarby sou kon uitkom nie. Al ons 
					blog members (of enige ander blogger) is daar dalk `n 
					volunteer wat my sal kan help hoermee? Ek dink as ons twee 
					of meer is dan het ons `n backup, veral wanneerr ek bv 
					oorsee is en nie hierby sal kan uitkom nie (ek is van 29 Aug 
					tot 10 Sept oorsee.
					 
						Posted by Bullebak (Centurion) on 
						Sunday, August 20, 2006 - 07:54  |  
				| 
					Bullebak 
					Nee dit was nie ek wat jou gesms het nie. Het jy my fotos 
					(22 fotos) gekry wat ek jou gemail het?
					 
						Posted by Terry (Pretoria ) on 
						Sunday, August 20, 2006 - 08:10  |  
				| 
					Bullebak 
					Net omdat jy my aangevat het, sal ek jou help met die 
					archiving. Skiet vir my 'n e-muil by hondmonster@yahoo.com 
					dan laat weet jy net wat jy gedoen wil hê. (Terloops, hoor 
					bietjie hoeveel Bul-ondersteuners gaan elke week na 'n 
					Bul-wedstryd (wen of verloor) met hulle Bul t-shirts en 
					hoedjies klas toe. Ek doen. Kry baie flak daarvoor, maar 
					mens karring maar aan).
					 
						Posted by diehondmonster (Pretoria) 
						on Sunday, August 20, 2006 - 08:50  |  
				| 
					Ek sien Meyer se hy sal veg om ons spelers te behou. En dat 
					hy net speler sal hou wie die Blou Bul trui vir trots wil 
					dra, en nie net geld soek nie..
					 
						Posted by Terry (Pretoria ) on 
						Sunday, August 20, 2006 - 11:43  |  
				| 
					Ek lees dat Pote die spelers n week afgegee het,GENUGTIG OM 
					WAT TE DOEN??????????Hierdie ouens moet oefen jy speel so 
					goed soos wat jy oefen....practice makes perfect.Die spelers 
					het nie n breather nodig nie die coach het.Hoe die welpies 
					dop ..ons was in 2002 in dieselfde bootjie daar is iets aan 
					die gebeur op Elispark.In 2002 het ons 7 wenne nodig gehad 
					vir die CC kroon ,Die Welpies het ook 7 nodig......Terwyl 
					Pote die week afvat hoop ek hy gaan kyk Carlton eindstryd, 
					om te sien hoe daar met passie en guts gespeel 
					word.............VERNIET,SONDER BETALING!!!!!!!!!oF GAAN HY 
					GOU-GOU BLOEM TOE GAAN OM BY DIE HUIS TE GAAN SOB!!!!!Jaag 
					die slapgatte wat nie wil speel nie weg en speel met ouens 
					wat wil..Pote het 8 games (cc seisoen tot nou )om deur te 
					werk ten einde die kaf van die koring te skei.Ek was al op 
					Loftus as die paviljoene leeg is ,Dat die roomysverkopers 
					meer is as die toeskouers(miskien moet die huidige spelers 
					vir Ruben hulle vra hoe dit voel om voor n handjie vol 
					toeskouers te speel en teen Grens te verloor)Ek eervaar 
					deesdae weer hierdie morbiede begrafnis atmosfeer op Loftus.
					 
						Posted by loftus (pta) on Sunday, 
						August 20, 2006 - 15:49  |  
				| 
					Terry 
					What do you think of Derick`s performance?? Good defence, 
					decision making and excellent distribution. But his kicking 
					was below par - at least it didnt cost us the game!!
					 
						Posted by BlueGirl (Walvis Bay) on 
						Sunday, August 20, 2006 - 19:06  |  
				| 
					Ja gelukkig het Derick se skopwerk ons nie die wedstryd 
					gekos nie en ek wonder wat sou gebeur het as ons wel verloor 
					het - sou ons hom dan ook gekruisig het soos vir arme Morne?
					 
						Posted by Blou&blou (Pretoria) on 
						Sunday, August 20, 2006 - 20:59  |  
				| 
					Jo manne en dames die Bulle sukkel darem , maar n wen is n 
					wen en net so soet soos altyd. 
					Ek wonder bly die mense nie dalk weg omdat die CB afgewater 
					is sonder die Bokke nie? 
					Ek mis darem vir Victor , Bakkies , Habana, Akona en meeste 
					vir FdP. Ek sou ook graag wou he Pote moet nie die manne 
					afgee nie hel ons moet net eenvoudig die WP klop , so hoe 
					harder ons oefen hoe beter
					 
						Posted by big5 (Hoedspruit) on 
						Sunday, August 20, 2006 - 23:16  |  
				| 
					Goeie môre aan al die Bulle ondersteuners (en die res) 
					Miskien is die aftydjie net die regte ding om die manne weer 
					gefokus te kry. 
					Ek kry die indruk dat die manne nie skerp is nie en wil dit 
					toeskryf aan 'n fokus gebrek. 
					Ons speel met rukke en stote en maak ongelooflik baie 
					hanteer foute wat dui op 'n gebrek aan konsentrasie.
					 
					Bullebak ek sal dalk ook kan jelp met die aflaai van die 
					blog's - laat weet maar as jy hulp nodig het. Sal dalk net 
					meer moet gesels om die prosedure te bemeester.
					 
						Posted by Blou&blou (Pretoria) on 
						Monday, August 21, 2006 - 06:31  |  
				| 
					More almal, 
					Ja dit was nou nie die Bulle se beste wedstryd van die 
					afgelope 4 jaar nie maar ons het 5 punte in die sakkie en 
					dit is al wat saak maak! Nog 'n positief was dat die welpies 
					die guppies gas gegee het (jammer ons Sharks supporter 
					vriende maar die uitslag help die Bulle!).
					 
					Die Hougaard/Morne kwessie behoort ook nou iets van die 
					verlede te wees. Daar is nie veel te kies tussen hulle nie, 
					beide is goeie spelers en beide kan foute maak .......
					 
					Ek is bly Pote gee die ouens bietjie af, dit kan dalk net 
					goed doen vir die met ligte beserings en die ouens kan weer 
					skerp wees oor 'n week - ons gaan dit nodig he teen die mode 
					poppies op Nuweland .....
					 
						Posted by Koning Blou (Centurion) on 
						Monday, August 21, 2006 - 07:08  |  
				| 
					More almal, 
					Ja dit was nou nie die Bulle se beste wedstryd van die 
					afgelope 4 jaar nie maar ons het 5 punte in die sakkie en 
					dit is al wat saak maak! Nog 'n positief was dat die welpies 
					die guppies gas gegee het (jammer ons Sharks supporter 
					vriende maar die uitslag help die Bulle!).
					 
					Die Hougaard/Morne kwessie behoort ook nou iets van die 
					verlede te wees. Daar is nie veel te kies tussen hulle nie, 
					beide is goeie spelers en beide kan foute maak .......
					 
					Ek is bly Pote gee die ouens bietjie af, dit kan dalk net 
					goed doen vir die met ligte beserings en die ouens kan weer 
					skerp wees oor 'n week - ons gaan dit nodig he teen die mode 
					poppies op Nuweland .....
					 
						Posted by Koning Blou (Centurion) on 
						Monday, August 21, 2006 - 07:08  |  
				| 
					More aan almal 
					Lyk my Derick en Morne oefen nie meer hulle skoppe nie, want 
					nie een van die 2 kan die bal oor kry nie. Die wat nie 
					gedink het Derick kan sy agterlyn weg kry nie, dink hy het 
					julle almal verkeerd bewys die vrydagaand. Hy self het amper 
					3 gedruk maar toe hardloop die ref voor hom in gelukkig toe 
					kon hy die bal vir Spies gee. Ek is bly Pote gee hulle die 
					week af, ek moet saam met Justin Marshall saam stem, hy het 
					al gese hulle speel nie te veel nie maar oefen te veel. So 
					dis goeie ding laat die ouens ordentlik rus die week. Kan 
					weer volgende week begin oefen.
  
						Posted by BlueBullFranklin (Pretoria) 
						on Monday, August 21, 2006 - 07:09  |  
				| 
					Goeie more almal 
					Ja wat wen is wen. Dit is beter om lelik te wen as om mooi 
					te verloor. Ek glo ook nie die ouens moes die week afvat nie 
					dan kon hul gerus iets anders as die rolmaal beweging 
					geoefen het.  
					LEEUS baie dankie, julle het die Bulle 'n moewiese guns 
					gedoen. Nou moet die Sharkies gou die WP opneek die naweek 
					dan is alles weer redelik gelyk. So kom ons hou duim vas. 
					Ek het bietjie na die bloggers site gaan kyk en ek en Blou 
					en Tommy the bull gaan almal daar wees met die Cheetahs 
					game.
					 
						Posted by Bloumal (Pretoria) on 
						Monday, August 21, 2006 - 07:10  |  
				| 
					As ons nou in "hind sight" kyk na die welpies se wen teen 
					die Bulle en dir guppies dan moet ons dalk meer krediet gee 
					aan die welpies en minder negatief wees oor die Bulle se 
					spel. 
					Baie geluk aan die welpies, cheetahs en bergbokke met jul 
					oorwinnings.
					 
						Posted by Blou&blou (Pretoria) on 
						Monday, August 21, 2006 - 07:16  |  
				| 
					Die reg so Bloumal, ons sal julle graag wil ontmoet en hoe 
					meer siele , hoe meer vreugde!!
					 
						Posted by Koning Blou (Centurion) on 
						Monday, August 21, 2006 - 07:18  |  
				| 
					Ek dink tog die Bulle het verloor teen die welpies eerder as 
					wat hulle gewen het Blou&blou - maar daai wen het hulle 
					gelig en die motivering gegee om die guppies te vat die 
					naweek!
					 
						Posted by Koning Blou (Centurion) on 
						Monday, August 21, 2006 - 07:20  |  
				| 
					More al die Blou Bul Ondersteuners 
					Ek stem 100% saam met Bullebak dat ons nie nou gaan slap le 
					en wegbly van die games nie daardie ouens weet van ons deur 
					ons ondersteuning en het ons baie nodig. Dit was vir my 
					aangenaam om van julle te ontmoet. Bullebak, Anon, 
					NDB,Spy007, Lippies jammer ek kon nie vroer daar gewees het 
					nie om saam te kuier nie.Ek kan ook net vir al die ander 
					Bloggers en Bul ondersteuners inlig dat hierdie ouens net 
					nie ophou om die Bulle op hulle hande te dra nie. Van hulle 
					kan na die game amper nie eers praat nie. Ek weet die bulle 
					gaan nog kliek en dan gaan dit 'n ander storie wees, ons 
					moet net een ding onthou al die ander spanne wil met die 
					bulle afreken en sal eninge negatiewe spel gebruik om ons te 
					brobeer vou. 
					Vir my is 'n Wen en Bonus punt 5 Punte nader aan die semi's. 
					Geluk aan die Bulle. 
					Ons Bloed Bly Blou
					 
						Posted by hennie (Pretoria) on 
						Monday, August 21, 2006 - 07:21  |  
				| 
					Môre almal. 
					Dankie tog vir die 5 punte maar magtag was ons rukkerig. Wat 
					my die meeste bekommer is dat daar geen verbetering is nie. 
					Dieselfde ouens maak dieselfde foute elke week
					 
					As al die skoppe oor was sou bloujan se telling die naaste 
					gewees het. Geluk Anon, jou 29, 17 was die naaste en geluk 
					aan strepies wat die Valke se telling reg gehad het. Niemand 
					het die Bulle se telling reg nie.
					 
						Posted by Myler (Pinetown) on Monday, 
						August 21, 2006 - 07:22  |  
				| 
					Ek moet sê dat Derick H vir my Vrydagaand 'n goeie vertoning 
					opgesit het. (Afgesien van die skoppe wat hy gemis het). Dit 
					is vir my of hy meer aanvallend gespeel het en sy agterlyn 
					beter weggestuur het. 
					Pierre S het vir my 'n uitstaande wedstryd gespeel en 'n 
					mens kan sy gehalte duidelik sien. 
					Ek dink nog steeds dat Derick K in die begin span moet wees. 
					Hottie het vir die eerste keer met 'n bietjie vuur gespeel 
					en 'n paar mooi drywe opgesit MAAR die ou ding van neerslaat 
					op die grond sodra kontak gemaak word moet stop!!! 
					Die kiwis het Saterdag 'n briljante voorbeel gestel van die 
					waarde daarvan om op jou voete te bly en ek dink die Bulle 
					behoort 'n les te vat uit hul spel. 
					 
						Posted by Blou&blou (Pretoria) on 
						Monday, August 21, 2006 - 07:24  |  
				| 
					Sien ook paar van die guppies wat so grootbek was na ons 
					verloor teen die welpies is nou baie stil. Die welpies speel 
					tans goeie rugby en dit lyk of Loffie weet wat hy doen.
					 
						Posted by Myler (Pinetown) on Monday, 
						August 21, 2006 - 07:25  |  
				| 
					Ja nee soos julle se hierbo 'n wen is 'n wen, maar die baie 
					aanslane en die afstaan ven die bal in die los is vir my 'n 
					bekommernis. O ja en hulle moet asseblief vir Trompie 
					terugstuur Vrystaat toe en maar vir Danwell Demas die 
					heeltyd in sy plek op die veld hou. Trompie kan nie tekkel 
					nie en ook nie 'n bal vang nie.
					 
						Posted by Blou (Pretoria) on Monday, 
						August 21, 2006 - 07:36  |  
				| 
					Ek sien hier bo se dit dat ons oor twee weke die mode 
					poppies eers 19:00 die aand speel?? Dit is nie goeie nuus 
					nie!
					 
						Posted by Koning Blou (Centurion) on 
						Monday, August 21, 2006 - 07:37  |  
				| 
					Ek stem Blou hulle kan eerder Demas speel dan is die kleur 
					kwessie ook nog reg. Ek hoop nou net ons kry dit reg teen 
					die modepoppies om ons bal te beskerm en nie elke keer af te 
					staan nie. Luke Watson is 'n meester op die gebied.
					 
						Posted by Bloumal (Pretoria) on 
						Monday, August 21, 2006 - 07:42  |  
				| 
					Ja Bloumal, ons sal 'n plan moet bedink om Watson in toom te 
					hou vir daai wedstryd - hulle moet so min moontlik bal kry 
					want hulle het ook 'n BAIE gevaarlike agterlyn!
					 
						Posted by Koning Blou (Centurion) on 
						Monday, August 21, 2006 - 07:49  |  
				| 
					Hi Almal 
					Geniet die dag en lekker chat. Sal net elke oggend so 
					bietjie kan praat want is op kursus die hele week.
					 
					geniet en Blou Bul Groete
					 
						Posted by Myler (Pinetown) on Monday, 
						August 21, 2006 - 07:50  |  
				| 
					Lekker dag vir jou ook Myler.
					 
						Posted by Koning Blou (Centurion) on 
						Monday, August 21, 2006 - 07:53  |  
				| 
					Net so bietjie humor van Saterdagaand se game tussen die 
					welpies en die sharkies. Ek het ons dakwaaier se lig 
					uitgeslaan toe ek opspring nadat die wenskop deur die 
					welpies oorgeskop is. 'Hele 3 snye aan my linkerhand maar 
					nou ja ek was bly gewees. Ek kan julle ook inlig dat vriend 
					Blou by 'n vorige keer 'n gat in die ceiling geslaan het toe 
					hy opspring van blydskap. Ek hoop net dit gebeur in julle 
					huise ook.
					 
						Posted by Bloumal (Pretoria) on 
						Monday, August 21, 2006 - 07:58  |  
				| 
					MORE ALMAL, ek is nie baie beindruk met die bulle se tweede 
					span ,hulle sal waaragtig hulee vingers baie vinnig moet uit 
					trek as hulle die cc wil wen , nou vra ek vir POTEmet trane 
					in my navy brown eyes waarom ruil jy skrumskakels 3min voor 
					die einde, wie wil jy nou bul$%#@,catch awake up
					 
						Posted by phillip (STRAND) on Monday, 
						August 21, 2006 - 08:00  |  
				| 
					More almal 
					Wel een ding kan ek julle verseker, daar is nie fout met die 
					Bulle se supporters nie. 
					Vrydagaand was Brakpan BLOU, en die mense het tot Liefling 
					gesing!
					 
					Ek was maar teleurgesteld, maar toe besef ek, jy kan nie 
					meer as 5 punte in die game kry nie, en dit het ons!!
					 
					Ons sukkel die jaar, dit weet ons almal. Maar ons moet dit 
					een wedstryd op `n slag vat, en al sukkel ons deur dit, as 
					ons die wen kan kry - DIS AL WAT TEL!
					 
					Ek dink die ruskans is `n goeie ding. Ons het die week voor 
					die Cheetah game ook minder geoefen, en die ouens was 
					skerper! 
  
						Posted by NDB (Johannesburg) on 
						Monday, August 21, 2006 - 08:03  |  
				| 
					LOL Bloumal - die enigste beserings wat ek al opgetel het 
					was 'n rou keel van al die skree!
					 
						Posted by Koning Blou (Centurion) on 
						Monday, August 21, 2006 - 08:04  |  
				| 
					Phillip, 
					Nevermind die skrumskakels (stem saam met jou), maar het jy 
					gesien hy ruil vir Gary en Adriaan 3 minute voor die einde. 
					Met die kritieke lynstaan wat wag. Gary het al klaar die 
					teken gehad, toe word hy afgehaal?? 
					Ek het amper my duim opgeeet!! 
					 
					Ek verstaan nie die logika nie?
					 
						Posted by NDB (Johannesburg) on 
						Monday, August 21, 2006 - 08:05  |  
				| 
					More NDB, 
					Julle moet bietjie foto's aanstuur van die bloggers wat in 
					Brakpan was - het Lippies-hulle se groot vlag gesoek op tv 
					maar vergeefs .......
					 
						Posted by Koning Blou (Centurion) on 
						Monday, August 21, 2006 - 08:10  |  
				| 
					More Koning Blou 
					Nee man, jy het dit seker gemis toe jy afgekyk het om te bid 
					vir die bonuspunt! (lol) 
					Daai vlag was op tv.
					 
					Ek stuur die foto's.
					
  
						Posted by NDB (Johannesburg) on 
						Monday, August 21, 2006 - 08:14  |  
				| 
					Phillip/NDB, 
					Stem saam met julle, dit was dom van Pote om daai skuiwe op 
					daai tydstip te maak. Volgens my was dit 'n klap in Basson 
					se gesig om met 3 minute oor opgestuur te word .......
					 
						Posted by Koning Blou (Centurion) on 
						Monday, August 21, 2006 - 08:15  |  
				| 
					Dankie NDB. Wet nie hoe ek die vlag gemis het nie want ek 
					was vasgenael voor die tv tot die einde!
					 
						Posted by Koning Blou (Centurion) on 
						Monday, August 21, 2006 - 08:16  |  
				| 
					Toemaar KB.  
					Ons het nie op die hoofpawiljoen gesit nie, en die vlag was 
					afgeneem terwyl spy007 hom gewaai het, maar dit was nie 
					close up nie. 
					Het jy ons darem gesien, ons was TWEE keer op!
					 
						Posted by NDB (Johannesburg) on 
						Monday, August 21, 2006 - 08:20  |  
				| 
					Koning Blou die vlag was langs die telbord en die meeste 
					Bloggers het daar gesit. Ek stem saam met NDB en Phillip oor 
					die plaasvervangers dit was nou regtig nie nodig om dit so 
					laat te doen nie. Ek stem ook saam met julle oor Trompie ek 
					het laasweek ook daaroor gesels dat sy hande hom baie in die 
					steek laat en dat ek Vrydag ook gesien het sy verdediging is 
					ook nie op standaard. Dat hy spoed het is waar maar jy kan 
					niks doen darmee as jy nie die bal in jou hand het nie. Die 
					ouens wat vir my werklik uitgestaan het Vrydag was die 
					volgende. 
					Johan Roets, Pedrie, Spies, Hottie(baie beter as vorige 
					games), Jaco Engels, Derick, en Kuun weereens uitstekend toe 
					hy opgekom het. 
					Die ander ouens het nie te sleg gevaar nie maar hierdie is 
					die ouens wat vir my uitgestaan het. Morne het ook goed 
					gedoen toe hy opgekom het.
					 
						Posted by hennie (Pretoria) on 
						Monday, August 21, 2006 - 08:22  |  
				| 
					Stem saam hennie. Die swakste speler was Powell (behalwe vir 
					die een goeie beweging wat gelei het tot 'n drie).
					 
						Posted by Koning Blou (Centurion) on 
						Monday, August 21, 2006 - 08:28  |  
				| 
					Nee NDB, glad nie gesien nie. Miskien het ek TE hard gesoek 
					na julle!!
					 
						Posted by Koning Blou (Centurion) on 
						Monday, August 21, 2006 - 08:29  |  
				| 
					Dis nou jammer. Ek en Bullebak was twee keer op. Die eerste 
					keer net na die verdoeling van die eerste drie, en later 
					weer. 
					Maar, ek moet se, ek kon nie glo hoe BLOU dit daar was nie. 
					En die mense het franatic gesupport.
					 
					Ja, Powell was regtig nie goed Vrydagaand nie. Daai knock on 
					toe ons `n strafskop gehad het, is darem maar n basiese 
					fout??
					 
					Ek wonder of hulle nie bietjie oorgretig is om uit die 
					gesukkel te kom, en dan onnodige foute maak nie?
  
						Posted by NDB (Johannesburg) on 
						Monday, August 21, 2006 - 08:38  |  
				| 
					More almal! Geluk aan die Blou Bulle - 5 sal ons vat! Maak 
					nie saak hoe dit lyk nie. Julle ouens moet nie so negatief 
					klink nie. Het julle die Vrystaat game gekyk? Daar was NET 
					soveel foute! Die Sharks het OOK hulle game weggee met 
					foute. Ons Curriebeker oor die algemeen se standaard is 
					laag. Dit gaan die 4 spanne wees wat van nou af die minste 
					foute maak, maar ook die spanne wat op die regte tyd gaan 
					'peak'.  
					KB stem saam oor die losskakel debakel wat nou ten ruste 
					gestel kan word. Almal is net mens en kan foute maak. Ek 
					stem ook saam met Pote se besluit om die ouens aftegee. 
					Watter ander span het daai geleentheid nou om dit te kan 
					doen? Gebruik hierdie aftyd om van julle 'niggles' onslae te 
					raak, daar is nog baie rugby wat kom.
					 
						Posted by Anon (Pretoria) on Monday, 
						August 21, 2006 - 08:50  |  
				| 
					More Anon 
					Ja jy is reg.
					 
					Dis nie net ons wat droogmaak nie. Ek het verlede week gese, 
					die Sharks Leeus game kan ons beter perspektief gee, en dit 
					het.
					 
					Maar wat my net bietjie bekommer, is dat dit dieselfde foute 
					week na week is. 
					Miskien is dit ook omdat die kombinasies ook nie elke week 
					dieselfde is nie, en die vertroue nog nie 100% in mekaar is 
					nie?
					 
						Posted by NDB (Johannesburg) on 
						Monday, August 21, 2006 - 08:54  |  
				| 
					more more
					 
						Posted by min_gepla (Pretoria) on 
						Monday, August 21, 2006 - 08:54  |  
				| 
					More al die Bloggers! Lekker om te kan gesels oor 5 punte in 
					die sakkie vanmore! 
					Diiehondmonster, ek dink ek het jou al hier gesien op die UP 
					kampus met jou Bloubul pet - 10/10 vir jou!
					 
					Bloumal, lol, hoop darm die snye is nie te ernstig nie. Het 
					`n soortgelyke besering opgedoen lank terug, maar die keer 
					was dit my hand in die dakwaaier - jy weet, een van die 
					industriele soort wat vaan staal gemaak is - sny in my 
					regterhand en die letsel sit!
					 
					Hi NDB, het jy `n tape van ons appearances Vrydag-aand en 
					hoe moontlik is dit om `n screen capture daarvan te doen? 
					Sal nice wees as ons dit op die Web site kan sit.
					 
					Koning Blou, moet nie bekommed wees as jy ons nie raakgesien 
					het nie, dit bewys net hoe hard jy op die game gekonsentreer 
					het. Miskien moet jy die Bulle bietjie gaan coach oor 
					konsentrasie :-)
					 
					Ek gaan die Web vandag weer update en sal laat weet wanneer 
					dit gedoen is. Moet nou eers voorberei vir my klas, so sal 
					dalk eers weer bietjie later kom inloer.
					 
					`n Lekker Blou Bul dag vir almal!!!!
					 
						Posted by Bullebak (Centurion) on 
						Monday, August 21, 2006 - 08:56  |  
				| 
					More Bulbloggers! Ja dit was maar 'n gesukkel maar ons kan 
					seker maar weer oor die ref 'n paar vrae vra - veral in die 
					Griekwas - cheetas game, wat 'n gemors! Valke het beslis 
					negatief gespeel, maar wat die meeste by die bulle pla is 
					die gebrek aan struktuur, dit was 'n los getjommel 
					Vrydagaand en dit moet voor Pote se deur gegooi word. Ons 
					het die afgelope 4 jaar nog altyd eers voor sag gemaak en 
					dan wyd gespeel! Ja ons kan dit nie vir ewig doen nie want 
					ons vories domineer nie meer rerig nie! Maar ons kan beslis 
					'n paar veranderings maak - Kuun MOET begin, Basson 
					skrummie, gelukkig is Bands glo amper reg om te begin en 
					Danie Thiart! Maar 5 punte sal ons vat! 
					 
						Posted by NOORDE BUL (Polokwane) on 
						Monday, August 21, 2006 - 08:58  |  
				| 
					O, en Anon, geluk met jou voorspelling wat die naaste was!
					 
						Posted by Bullebak (Centurion) on 
						Monday, August 21, 2006 - 08:58  |  
				| 
					More Min 
					NDB - Brakpan is nie die lekkerste en maklikste plek plek om 
					rugby te speel nie! Kyk na laasweek toe die Shark na 30min 
					nog 3-elk was. Daar sal foute wees as jy 'n Mametsa en 
					Dlulane verloor het en nuwe komninasies moet speel. 
					 
					Ek bly positief - laat die foute nou kom, en as ons foute 
					maak en nogsteeds 5 punte daarvoor kan wys, HEY whuz 
					complaining. Sal jy en Bullebal en Lippies vir my julle 
					handtekening stuur, aangesien julle nou Celebrities is!
					 
						Posted by Anon (Pretoria) on Monday, 
						August 21, 2006 - 09:00  |  
				| 
					More Min 
					dankie vir die herdoop van my naam na "Bullebal" LOL! Maar 
					ek sien dit was `n typo :-) Ek weet darm nog nie van die 
					Celeb status nie, maar probeer hard :-)
					 
						Posted by Bullebak (Centurion) on 
						Monday, August 21, 2006 - 09:03  |  
				| 
					Thanx Bullebak! Het in my voorspelling nie plek gemaak vir 
					'n bonuspunt nie, so dit maak my Maandag net soveel BLOUER!
					 
						Posted by Anon (Pretoria) on Monday, 
						August 21, 2006 - 09:04  |  
				| 
					LOL sorry BulleBAK
					 
						Posted by Anon (Pretoria) on Monday, 
						August 21, 2006 - 09:06  |  
				| 
					Ja, ek bly ook maar altyd positief. 
					En die kompetisie is ook baie onvoorspelbaar die jaar. 
					So, ek sal aanhou glo ons kan dit doen, tot die 14 e 
					Oktober!
					 
					Wel, siende dat jy al soveel moeite gedoen het vir die 
					Bloggers, kan ons seker `n plan maak met die handtekeninge?? 
					(lol)
					 
						Posted by NDB (Johannesburg) on 
						Monday, August 21, 2006 - 09:08  |  
				| 
					Hi Ouens 
					So van die os op die jas. Wat dink julle is deesdae fout met 
					Morne Steyn?
					 
						Posted by Ekke (Springs) on Monday, 
						August 21, 2006 - 09:24  |  
				| 
					WIE WAS DAAI TWEE MANNE MET DIE GROOT HORINGS EN BAARDE OP 
					DIE TV ,IS DIT VAN DIE BLOGGERS
					 
						Posted by phillip (STRAND) on Monday, 
						August 21, 2006 - 09:28  |  
				| 
					Pote het nog net n klomp dom besluite gemaak,van die opstuur 
					van die plaasvervangers tot die keuse van sy begin 
					span!!!!!!!Ek lees hy gaan nou ook n ruskans vat tot 
					Woensdag,vir wat die ou rig nog net vir 7 weke af
					 
						Posted by loftus (pta) on Monday, 
						August 21, 2006 - 09:31  |  
				| 
					Kan julle glo - ek het Saterdag vir die welpies geskreeu, 
					baie saggies, maar darem, en dit het gewerk! :-) 
					My vrou was stomgeslaan!
					 
						Posted by Blou&blou (Pretoria) on 
						Monday, August 21, 2006 - 09:32  |  
				| 
					Ek moet sê ek het ook die Groot vlag gemis - en die manne 
					met die baarde en horings het nogal skrikwekkend gelyk!!!
					 
						Posted by Blou&blou (Pretoria) on 
						Monday, August 21, 2006 - 09:34  |  
				| 
					Blou& blou 
					Ja ek skree vir enige span as dit die BLOU in 'n beter 
					posisie kan sit, en as die wiepie die sharks vrydagaand kan 
					afstof sal die sharks begin klippe kou om die semis te maak! 
					Wonder waar is maanhaar vanmore, seker nog babelaas, wil 
					graag hoor wat hy te se het, hy het mos die valke getip vir 
					'n wen Vrydagaand!
					 
						Posted by NOORDE BUL (Polokwane) on 
						Monday, August 21, 2006 - 09:37  |  
				| 
					Hi Phillip 
					Nee weet nie wie was daai twee ouens nie, maar dis nie 
					Bloggers nie.
					 
					Ons was die met die blink blou hare!
					
  
						Posted by NDB (Johannesburg) on 
						Monday, August 21, 2006 - 09:40  |  
				| 
					Blou & blou 
					Ek lag maar vir my Leeu vriende.  
					Die hele jaar hoor ek niks van hulle nie.
					 
					Saterdag het ek bietjie aan my kulturele sy gewerk, en Mamma 
					Mia gaan kyk. ( ek het die Leeus Sharks maar getape). 
					Toe ek by die huis kom toe het ek klomp smse, wat se wens my 
					bietjie geluk!!
					 
					So ek is surprised Maanhaar was nog nie hier nie? 
					Hy het bragging rights!
					 
						Posted by NDB (Johannesburg) on 
						Monday, August 21, 2006 - 09:42  |  
				| 
					Ek dink nie ons moet te veel worry oor hoe ons die games wen 
					nie, solank ons net wen. Dit is belangrik dat ons eers oor 
					'n maand begin peak. Dis hoe Italie die sokker WB gewen het. 
					Gesorg dat hulle net hul wedstryde wen en toe dit saak maak 
					het hulle hul beste form behaal. 
					Ons het in 2002 ook maar sleg begin...
  
						Posted by Eugene (Kaapstad) on 
						Monday, August 21, 2006 - 09:49  |  
				| 
					Hallo Eugene, 
					Ja daar is nog baie rugby om te speel en die Bulle kan nog 
					baie verbeter. Ons sit nog nie in sak en as nie!
					 
						Posted by Koning Blou (Centurion) on 
						Monday, August 21, 2006 - 09:52  |  
				| 
					More Vrinne.... 
					Eish ek weet 'n wen is 'n wen is 'n wen...maar soms voel dit 
					soos "'n root canal" uitgevoer deur 'n kubaanse dokter op 'n 
					vrydag aand...
					 
					Hel nee bulle... gelukkig sukkel ek al die hele naweek met 
					'n moerse kopseer, so was lekker gedrug met Syndol...so die 
					werklike kwaliteit of te wel gebrek daaraan het my eers so 
					stuk stuk by gekom...
					 
					As ons ernstig wil wees oor 'n kans om die beker terug te 
					wen is daar 'n paar dinge wat sal moet verbeter...
					 
					Ons moet eers terug keer na genuine basics, skrum, support 
					play, passing skills, goal kicking, skrum, lynstaan spel etc 
					etc...
					 
					Anyways...soos Elvis vir Delila sou se "'n wen is 'n wen"...
					 
					Strepies, waar is jy...?
					 
					Klink my nie jy is impress my my ultimate riller backline 
					nie?
					 
					Vir die wat die voorgestelde backline gemis het hier is hy 
					weer: 
					" 
					Hoe klink dit vit 'n riller backline...en om Jake se woorde 
					te gebruik "want ons weet wat ons in hulle het..."
					 
					Skrumskakel - Quinton Davids {hy is altyd so amper by die 
					spel}
					 
					Losskakel - Ollie Le Rou {het altyd idees en het mos al 'n 
					springbok toets drie convert as ek reg onthou...indien nie 
					onthou ek het 'n moeilike kinner lewe gehad}
					 
					Binne Senter - De Wet Barry {ja ja want ons weet wat ons in 
					hom het, en se behou ons die wen senter kombinasie}
					 
					Buite Senter - Marius Joubert {want ja dus reg ons weet wat 
					ons in hom het...ok ek lieg, ek het vergeet wat dit was/is}
					 
					linker vleuel - Schalk Brits{Om te hou by huidige springbok 
					innovasie moet ons die spanlid uit posisie speel }
					 
					regter vleuel - Jorrie Muller {Hy is so onvoorspelbaar, soms 
					reken ek hy weet self nie wat hy volgende gaan doen nie}
					 
					heelagter - Percy...{gegrond op laaste paar vertonings, sal 
					hy sy plek behou}
					 
					"
					 
					Onthou verder reality is stranger than fiction...
					 
						Posted by Aiken Drum (Pretoria) on 
						Monday, August 21, 2006 - 09:55  |  
				| 
					Eugene - jy praat ons taal - Kyk wat het laasjaar gebeur - 
					ons het die hele seisoen ge-peak en die game wat rerig saak 
					gemaak het, peak die Vrystaat
					 
						Posted by Anon (Pretoria) on Monday, 
						August 21, 2006 - 09:55  |  
				| 
					Blou&blou ...vir die welpies geskree se jy? 
					Hmmm dink ons moet jou so 3 dae onser sensuur plaas...lol
					 
						Posted by Aiken Drum (Pretoria) on 
						Monday, August 21, 2006 - 09:58  |  
				| 
					Hallo AD - moet bieg ek het ook!
					 
						Posted by Anon (Pretoria) on Monday, 
						August 21, 2006 - 10:02  |  
				| 
					Hallo AD 
					Soos altyd, laat jy my smile.
					 
					Ek sal nie se ek het vir die welpies geskree nie, maar 
					heimlik gehoop.... 
					Mos maar enigiets wat die Bul saak sal bevorder!
					 
						Posted by NDB (Johannesburg) on 
						Monday, August 21, 2006 - 10:09  |  
				| 
					Hallo Anon, NDB 
					Wel ok NDB en Anon, vir die heimlik hoop...as vesagtende 
					omstandigheid so 1 dag sensuur...lol
					 
					Laaste ding wat my worry oor SA Rugby in die algemeen is die 
					gevry op die veld, sien dit het ook nou pos gevat onder die 
					Leeu Spelers...het gehoop dus iets wat in die Kaap sou 
					bly...maar nou ja..dus seker aansteeklik of iets...ASSEBLIEF 
					BULLE MOENIE JULLE MEKAAR OOK NOU BEGIN SOEN NIE!
					 
					Dus scary vrinne, ek hoor nou die aand oor die tv hulle 
					praat al van "Metro Sexual" as ek dit reg het, dus nou 
					kwansuis mans wat straight is, maar hulle gedra asof hulle 
					gay is...jy weet kleur die haartjies, dra gesig creampies, 
					skeer die been haartjies ("vertel dan vir hulle pelle dus 
					omdat hulle fiets ry")...Ai tye het verander...hopelik is 
					daar nog 'n paar mans oor om onse rugby te red van modeling 
					en bodybuilding...
					 
						Posted by Aiken Drum (Pretoria) on 
						Monday, August 21, 2006 - 10:12  |  
				| 
					AD 
					Ek dink omtrent al die Bulle het vir die Welpies geskree 
					want dit het vir ons baie beteken op die punte lys. Die 
					Sharkies moet nou net die WP klop dan is dinge weer baie 
					gelykop.
					 
						Posted by Bloumal (Pretoria) on 
						Monday, August 21, 2006 - 10:15  |  
				| 
					AD 
					Ek kan nie genoeg jou versoek aan die Bulle beaam nie. ASB 
					moenie!!!
					 
					Ek sien in gister se Rapport in die Gauteng weergawe 
					"bespreek" hulle tot die klapsoen. Een kan dit glo glad nie 
					onthou nie, en die ander een se dit was die beste klapsoen 
					wat hy nog gehad het... (O WEE)
					
  
						Posted by NDB (Johannesburg) on 
						Monday, August 21, 2006 - 10:21  |  
				| 
					Goeie More Bulle.
					 
						Posted by Terry (Pretoria ) on 
						Monday, August 21, 2006 - 10:22  |  
				| 
					Stem saam AD, die Bulle moet ook nou nie begin met hierdie 
					gevryery op die veld nie - nie in die Blou trui nie!!
					 
						Posted by Koning Blou (Centurion) on 
						Monday, August 21, 2006 - 10:22  |  
				| 
					Hallo Terry, hoe gaan dit met jou ou maat??
					 
						Posted by Koning Blou (Centurion) on 
						Monday, August 21, 2006 - 10:23  |  
				| 
					Koning Blou 
					Dit gaan baie goed dankie en daar?
					 
						Posted by Terry (Pretoria ) on 
						Monday, August 21, 2006 - 10:26  |  
				| 
					Ek glo darem nie julle hoef te worry dat die Bulle mekaar so 
					sal soen nie. Kyk die Bulle is wen gewoond en ons het immers 
					die mooiste vroulike geslag hier in Bul wereld so ons hoef 
					nie die welpies se vryerigheid op mekaar te naboots nie. 
					ALLES VAN DIE BULLE IS MOOIER EN BETER
					 
						Posted by Bloumal (Pretoria) on 
						Monday, August 21, 2006 - 10:29  |  
				| 
					Kerels moenie oor die twak begin gesels nie. Dit klik my ,as 
					ek so die blogs lees, dat sa soos engeland word. Waar is die 
					dae toe manne nog manne was
					 
						Posted by min_gepla (Pretoria) on 
						Monday, August 21, 2006 - 10:30  |  
				| 
					Ek het so bietjie na die fixture lys gekyk. Interesante feit 
					is dat die Leeus hulle drie moeilike games (WP,OVS,Griekwas) 
					tuis speel en hul maklikes (Pumas, Valke) weg.  
						Posted by Anon (Pretoria) on Monday, 
						August 21, 2006 - 10:33  |  
				| 
					Hallo Terry!
					 
						Posted by Anon (Pretoria) on Monday, 
						August 21, 2006 - 10:34  |  
				| 
					BLOUMAL 
					Ek is bly om te sien jy is darem ook vir 'n verandering op 
					die blog.
					 
						Posted by Blou (Pretoria) on Monday, 
						August 21, 2006 - 10:39  |  
				| 
					Hallo Anon 
					Watse nuus het jy oor ons T-shirts.
					 
						Posted by Terry (Pretoria ) on 
						Monday, August 21, 2006 - 10:39  |  
				| 
					Anon ja ek het dit ook gesien so as die Welpies vir ons die 
					WP en Cheetahs kan inkatrol dan is ons baie happy. Kyk hulle 
					speel nou goeie rugby hoor.
					 
						Posted by Bloumal (Pretoria) on 
						Monday, August 21, 2006 - 10:41  |  
				| 
					Hallo Terry - T-shirts gaan eers in die laaste week gemaak 
					word voor die Cheetahs game. Finale design, sizes en banner 
					moet nog gefinaliseer word. Ek gaan probeer om daai bul in 
					die logo in te korporeer en dit aan die bloggers voorstel. 
					Ek is tans op Touchline se website om bietjie aksie fotos 
					van die spelers te download vir die banner
					 
						Posted by Anon (Pretoria) on Monday, 
						August 21, 2006 - 10:44  |  
				| 
					Ja Blou ek werk so tussendeur.
					 
						Posted by Bloumal (Pretoria) on 
						Monday, August 21, 2006 - 10:46  |  
				| 
					Goed dankie Terry. Die Bulle het gewen en 5 punte gekry so 
					ons kan seker nie te hard kla nie!
					 
						Posted by Koning Blou (Centurion) on 
						Monday, August 21, 2006 - 10:52  |  
				| 
					Ja Bloumal - ek het bietjie rowwe 'calculations' gedoen en 
					ek moet sê die span wat by 44 punte gaan uitkom is so te sê 
					veilig. So ons moet NET een grote wen om dit te kan 
					verseker. Die Lions moet 5 uit 5 wen met 3 bonuspunte
					 
						Posted by Anon (Pretoria) on Monday, 
						August 21, 2006 - 10:52  |  
				| 
					NIKS is onmoontlik nie Anon, maar ek dink ook die Leeus se 
					"revival" is bietjie te laat. 
					Ek kan nie sien dat hulle ons plek of die Sharks sn sal vat 
					nie. 
					 
					Ek se, kom in die semis, en dan kan enigiets gebeur.
  
						Posted by NDB (Johannesburg) on 
						Monday, August 21, 2006 - 10:56  |  
				| 
					Anon Ek sal nou vir jou di Bul e-mail.
					 
						Posted by Terry (Pretoria ) on 
						Monday, August 21, 2006 - 10:58  |  
				| 
					Wie is die persoon wat so week of wat terug gesê het hy het 
					sy 70 jarige ouma Loftus toe gevat. Jy moet vir Bullebak 
					dalk die foto stuur dat ons almal die ouma kan sien op die 
					site. 
					Anon ons gaan beslis finaal toe en ek reken ons sal by 
					daardie punte kan bykom en selfs beter gaan. Ek glo so
					 
						Posted by Bloumal (Pretoria) on 
						Monday, August 21, 2006 - 10:59  |  
				| 
					Dis NDB se ouma
					 
						Posted by Anon (Pretoria) on Monday, 
						August 21, 2006 - 11:01  |  
				| 
					Die Blou Bul Bloggers website is baie nice, kon iemand dalk 
					die Theunsie Haka download, hier by my se hy dit gaan amper 
					3 ure vat.
					 
						Posted by Blou (Pretoria) on Monday, 
						August 21, 2006 - 11:02  |  
				| 
					NDB ons moet die foto sien 
					Nog bietjie humor. Hier was nou net 'n Stormer supporter by 
					my en sê hy us vies omdat WP se game nie uitgesaai was nie. 
					My antwoord was toe net dit is omdat dit die kanaal van 
					kampioene is. Die ou is dikbek hier uit.
					 
						Posted by Bloumal (Pretoria) on 
						Monday, August 21, 2006 - 11:03  |  
				| 
					Môre al die Blou Bulle 
					Het Vrydag aand baie geniet en baie dankie aan die span wat 
					vir ons Vyf punte gegee het. Nou nie die mooiste rugby nie, 
					maar ons vat die vyf.
					 
					Jammer bloggers maar kon nie voor die game by julle uitkom 
					nie. Ons was saam met die skool en het net voor die game 
					daar aangekom. Maar dit was lekker om te sien hoeveel Bul 
					ondersteuners daar was en hoe hard ons ondersteun het.
					 
					Ek wil net iets sê oor die guppies se game. Daar word soveel 
					van ons as Bulle verwag (ons moet net weer wen) maar daar 
					word maklik vergeet hoeveel van ons ouens nie daar is nie 
					(by die bokke of beseer), maar kyk hoe die guppies sonder 
					Ruan, ook maar Saterdag baie keer planloos was. Want baie 
					van hulle bewegins draai om hom.
					 
					Nou kan ons nie te hard op ons ouens wees nie. Hulle sukkel 
					met een ou uit, ons sit met meer as tien ouens uit.
					 
					Maar stem vanoggend saam met die ander. Ons moet aanhou om 
					die Bulle meer as 100% te onderteun. Hulle het dit nodig en 
					ons moet hulle laaat verstaan ons support hulle al is hulle 
					nog nie deel van die springbok groep nie. Ons moet nie net 
					support as die springbokke daar is nie.
					 
					Lekker dag verder en Dankie vir daai 5 punte Bulle
					 
						Posted by Nog altyd Blou Bul 
						(germiston) on Monday, August 21, 2006 - 11:04 
					 |  
				| 
					loftus , jong dit vat seker groot inspanning om sulke dom 
					besluite te neem, hoekom hy tyd afvat,ek sien heynekke was 
					ook daar,hy sal moet praat ,vir die bul mense beteken die cc 
					iets groot, 
					 
						Posted by phillip (STRAND) on Monday, 
						August 21, 2006 - 11:05  |  
				| 
					Ja nee Nog Altyd Blou Bul, kom wat wil, verloor of wen, ons 
					moet by ons span staan duer dik en dun.
					 
						Posted by Blou (Pretoria) on Monday, 
						August 21, 2006 - 11:05  |  
				| 
					Stem NDB - ons moet dit maar aanneem dat ons bestem is vir 
					3de of 4de plek. Ek skat dis maar WP en Vrystaat met home 
					semis en ons en die Sharks wat reis
					 
						Posted by Anon (Pretoria) on Monday, 
						August 21, 2006 - 11:06  |  
				| 
					Julle ouens wat die wedstryde bywoon maak my soooo jaloers, 
					dis bietjie ver van Hoedspruit om gereeld Loftus toe te te 
					gaan. Moet seker wakker word vir die Witbank game dis darem 
					nader. 
					Laas jaar het ons op die verkeerde tyd gepiek, en in die S14 
					kon ons nie n opwaartse kurwe bereik teen die einde van die 
					reeks nie, het net konstant gebly, ek hoop ons kan daai 
					magic terugkry. Dit was altyd so lekker om die ander spanne 
					te sien piek voor die 1/2 eindstryde en die finale. Die 
					geheim is om so teen 70% te wees n maand voor die finale en 
					dan 10% te verbeter van daar. Die wedstryde kan maar lelik 
					gewen word so lank dit gewen word.
					 
					Ek het n mooi buffel horing hier vir n sterkman om op sy 
					hoed te sit , nee wat sal te swaar wees , maar dit is amper 
					so mooi soos die Bulle se horings. 
					Miskien soek iemand dit om op sy Ferrari se bonnet te 
					monteer, just joking 
					Mense ek geniet dit om in afrikaans op n Bul site te kan 
					gesels , hou so aan ons het lank gewag vir hierdie blogsite
					
  
						Posted by big5 (Hoedspruit) on 
						Monday, August 21, 2006 - 11:06  |  
				| 
					Ek bly hier in Pretoria en ou ook graag al die wedstryde wou 
					bywoon, maar as 'n mens kinders het wat aan sport deelneem, 
					en 'n vrou het wat ook 'n Bul ondersteuner is, dan gaan dit 
					maar partykeer moeilik. Ek is bly die Bulle kry bietjie 'n 
					ruskansie, ek dink dit is goed vir die spelers sodat hulle 
					bietjie die bateerye kan herlaai.
					 
						Posted by Blou (Pretoria) on Monday, 
						August 21, 2006 - 11:12  |  
				| 
					Blou ons is mos aan vir die Cheetah game of hoe? Ons moet 
					vroegtydig met die vrouens reel want hierdie keer kan ons 
					nie die kuier van die bloggers mis nie
					 
						Posted by Bloumal (Pretoria) on 
						Monday, August 21, 2006 - 11:20  |  
				| 
					Môre Bulle, 
					Man, ek was toe by Brakpan alreeds teen 16h00 en het 
					uitgekyk vir daai vlag van ou Lippie, maar bekommerd geraak 
					omdat ek hom nie kon kry nie. Het toe maar op die 
					hoofpaviljoen gaan sit net so skuins onder die kommentaar 
					hokkie. Sowat tien minute voor die game to sien ek hier kom 
					die groot vlag ingewals en neem stelling in regoor aan die 
					tenoorgestelde kant van die veld. Toe weet ek dit is Lippie. 
					Ek het toe direk na die game na Lippie hulle se kant geloop 
					en myslef voorgestel aan haar en haar man. Dit is al wie ek 
					toe ontmoet het ek het nie 'n clue wie die ander is wat daar 
					was nie, maar sal daar wees met die Cheetah game. Ek weet 
					nie of van julle Bloggers die geveg gesien tussen daai twee 
					ouens reg by Lippes hulle nie, miskien sal sy julle vertel 
					wat gebeur het. Ek sien sy het nog nie geblog vanmore nie. 
					NDB en ander ek wou julle so graag ontmoet.
					 
						Posted by BLOU MAMBA (Johannesburg) 
						on Monday, August 21, 2006 - 11:35  |  
				| 
					Mense, julle praat almal net van die Cheetahs wedstryd - 
					gaan ek alleen na die Pumas wedstryd toe??!!
					 
						Posted by Koning Blou (Centurion) on 
						Monday, August 21, 2006 - 11:39  |  
				| 
					KB, 
					Ek sal daar wees met die Puma game dis verseker. Ons sal 
					nader aan die tyd reeling tref vir bymekaar kom. Ek glo die 
					ander bloggers sal daar wees. Weet julle waar is Lippies 
					vanoggend?
					 
						Posted by BLOU MAMBA (Johannesburg) 
						on Monday, August 21, 2006 - 11:46  |  
				| 
					Koning Blou
					 
						Posted by Terry (Pretoria ) on 
						Monday, August 21, 2006 - 12:32  |  
				| 
					Roep jy Terry??
					 
						Posted by Koning Blou (Centurion) on 
						Monday, August 21, 2006 - 12:43  |  
				| 
					Ek sien die Bulle o21's het verloor teen die Luiperds die 
					naweek ......
					 
						Posted by Koning Blou (Centurion) on 
						Monday, August 21, 2006 - 13:14  |  |  
	
		| 
			Nog baie baie werk vir die Bulle. Vervang Powell met Basson, Powell 
			was teen die Leeus en die Valke elke keer agter die losskrum of 
			skrum betrap. Kom aan manne julle moet volgende naweek hard speel as 
			julle die voorlopers wil gan wen daar op nuweland. Het ons niemand 
			beters as Trompie of Danwel Demas nie. As JP reg is speel hom op 
			centre met Dries, en skuif Frikkie na vleuel. 
			Bulle Bo
  
				Posted by Nitronic (Germiston) on Monday, 
				August 21, 2006 - 16:18  |  
		| 
			ek hoop regtig die spelers sien hierdie email 
			ek is baie teleurgesteld in sommige van die spelers. 
			my beste vriend en sy vrou het die wedstryd teen 
			die valke gaan kyk en soosbaie ander getroue ondersteuners, na die 
			game het hulle gevra vir handtekeninge. my vriend se vrou se held is 
			gary botha en sy wou baie graag sy handtekening gehad het  
			maar hy het toe vir haar gese jammer maar hy was te moeg om vir haar 
			n handtekening te gee 
			swak gary, ons kyk op na julle ouens en dis die dankie wat ons kry. 
			die enigste een wat regtig beryd was om tyd te maak vir hulle was 
			derick,  
			dankie derick dis goed om te weet ons ondersteun nog spelers soos jy. 
			maar die spelers moet nie te sleg voel nie die bokke is maar 
			dieselfde met die toets teen skotland in pe moes al die spelers n 
			uur lank wag tot habanna en percy klaar handtekeninge 
			uitgedeel het, dankie tog daar is nog n paar spelers 
			wat bly is vir die ondersteuning wat hulle kry en weet vir wie hulle 
			speel. 
			blou bul groete aan almal. 
			bulle bly baas.
			 
				Posted by jrhale (germiston) on Thursday, 
				August 24, 2006 - 19:28  |      |