| Blue Bulls Blog | 
			
				| 
					Dit is 'n goed om die ouens af te gee ek glo hulle sal by 
					hulle oefen program bly om nie te sleg te word in die week 
					nie. Ek glo dit sal baie goed wees om die wedstryd te reel 
					vir die beseerdes wat nou reg is asook die ander wat nie 
					speelkans kry nie,aangesien daar 'n verskil is om fiks te 
					wees en om wedstryd fuks te wees.
					 
						Posted by hennie (Pretoria) on 
						Monday, August 21, 2006 - 11:35  | 
			
				| 
					Manne rus goed en ontspan bietjie. Gaan speel n bietjie 
					golf; maak n lekker braai saam met vriende of sommer saam 
					met wie julle wil. Ek hoop om die Bulle dan op Nuweland te 
					sien met trots en eer speel in ons skitter Ligblou trui. 
					Lekker rus en julle sal my en duisende ander Bulle hoor op 
					Nuweland. 
					Cheers
					 
						Posted by Blou Bul Kapenaar (Kaapstad) 
						on Monday, August 21, 2006 - 11:36  | 
			
				| 
					My #@$%#@$ is Richard Bands en Danie Thiart amper weer reg! 
					Dus gr8 nuus, want ons voorry sukkel maar vir my die 
					afgelope ruk....
					 
					Welkom terug Richard, tyd om weer 'n paar ouens plat te 
					hardloop!
					 
						Posted by Aiken Drum (Pretoria) on 
						Monday, August 21, 2006 - 11:38  | 
			
				| 
					Blou Bul Kapenaar  
					Dit is wat ons hierbo wil hoor dat julle by die duisende 
					daar sal opdaag soos ons hierbo dit doen. As julle kon sien 
					was dit maar blou daar op Bosman Vrydag aand en dit is wat 
					ons spelers nodig het jy kon sien daardie manne hou daarvan 
					as ons hulle aanmoedig.
					 
						Posted by hennie (Pretoria) on 
						Monday, August 21, 2006 - 11:41  | 
			
				| 
					Altyd manne altyd!!! 
					Hier is te min kwagga's in hierdie Kaap om ons Bulle onder 
					te kry.
					 
						Posted by Blou Bul Kapenaar 
						(Kaapstad) on Monday, August 21, 2006 - 11:45 
					 | 
			
				| 
					Weet iemand dalk wat die naweek met ons O/19 en O/21 spanne 
					gebeur het in Poch.
					 
						Posted by hennie (Pretoria) on 
						Monday, August 21, 2006 - 11:54  | 
			
				| 
					BBK - dis nou die tyd om julle kaapse blogger byeenkoms te 
					reel - kom no man - julle het 12 dae - ons soek fotos! Vra 
					vir Phillip van die Strand om te help
					 
						Posted by Anon (Pretoria) on Monday, 
						August 21, 2006 - 11:57  | 
			
				| 
					Anon 
					Ek sal so maak. 
					Het al n paar van vroeer die jaar waar moet ek dit vir jou 
					stuur? En waar sien ek julle s'n?
					 
						Posted by Blou Bul Kapenaar 
						(Kaapstad) on Monday, August 21, 2006 - 12:32 
					 | 
			
				| 
					Koning Blou 
					Ek sien jy vra op die ander thread of net jy Puma game toe 
					gaan. Wel...... NEE
					 
					Sien julle daar!
					 
						Posted by NDB (Johannesburg) on 
						Monday, August 21, 2006 - 12:36  | 
			
				| 
					BLOU MAMBA 
					Jammer dat ons mekaar gemis het. Ek was daar vir so 15 
					minute na die wedstryd, ons moes mekaar net gemis het!
					 
						Posted by NDB (Johannesburg) on 
						Monday, August 21, 2006 - 12:37  | 
			
				| 
					NDB, 
					Het jy die geveg gesien? Dis Brakpan vir jou.
					 
						Posted by BLOU MAMBA (Johannesburg) 
						on Monday, August 21, 2006 - 12:38  | 
			
				| 
					Blou Bul Kapenaar 
					Jy sal maar vir ons ander bloggers wat nie daar sal wees 
					nie, ook skreeu.
					 
						Posted by Terry (Pretoria ) on 
						Monday, August 21, 2006 - 12:44  | 
			
				| 
					Ja Blou Mamba dit het net voor ons gebeur. NDB hulle vertel 
					moes dat om uit te ving of iemand 'n "Tappet" is dan vra jy 
					net sy voorname dit begin glo met XR6. Nog een is wanneer jy 
					dink jou oom is Captain Morgan. Daardie ouens wat so geveg 
					het het my daaraan laat dink. 
					Ja Koning Blou en NDB ons gaan verseker by die Puma Game 
					wees
					 
						Posted by hennie (Pretoria) on 
						Monday, August 21, 2006 - 12:45  | 
			
				| 
					NDB 
					Wanner speel ons nou weer teen die Pumas?
					 
						Posted by Terry (Pretoria ) on 
						Monday, August 21, 2006 - 12:47  | 
			
				| 
					Hennie, 
					Man ek is spyt ek het julle nie ontmoet nie, ek moes maar my 
					lyf van die hoofpawiljoen af lig en daar na Lippies hulle se 
					kant beweeg het voor die begin van die wedstryd. Maar sal 
					julle defintief met die Puma game sien. 
					 
						Posted by BLOU MAMBA (Johannesburg) 
						on Monday, August 21, 2006 - 12:49  | 
			
				| 
					Terry, soos ek dit het is dit die 8 Sept om 19:10. 
					BLOU MAMBA
					 
					Ja, het ook die fight gesien, maar ek het maar ver gaan 
					staan.  
					Dis jammer dat so lekker aand deur sulke mense bederf moes 
					word. 
					Gelukkig het die Bloggers all right daar uit gekom.
					 
					Ek is maar bly die res van die games is op Loftus!
					 
						Posted by NDB (Johannesburg) on 
						Monday, August 21, 2006 - 12:50  | 
			
				| 
					ons moet net nie verloor teen die free state nie!! 
					ek kan dit nie weer oorleef nie!
					
  
						Posted by BIGBLUE (Pretoria) on 
						Monday, August 21, 2006 - 12:53  | 
			
				| 
					NDB, 
					Dit verstaan ek is maar 'n gereelde ding in Brakpan. Ek kan 
					nie glo dat mense so kan aangaan nie. Dis is maar ouens wat 
					hulle drank nie kan hanteer nie. Ek het ook net so agter ou 
					Lippies se man gestaan toe die bakleiery aan die gang was. 
					Saam met wie was jy daar gewees en wat het jy aangehad wat 
					opmerklik was. Miskien het ek julle gesien maar nie geweet 
					dis al die tyd julle nie. 
					 
						Posted by BLOU MAMBA (Johannesburg) 
						on Monday, August 21, 2006 - 12:56  | 
			
				| 
					BIGBLUE, 
					Daars nie 'n manier wat die BULLE weer teen hulle mag gly 
					nie. Dit sal teleurstellend wees. Ons moet hulle net wys 
					laas jaar op Fort Loftus was pure geluk. 
					 
						Posted by BLOU MAMBA (Johannesburg) 
						on Monday, August 21, 2006 - 12:58  | 
			
				| 
					Middag bulletjies...... 
					Ja,ons het seker rede om te "brag" blou &blou,maar 
					ons moet eers n plek in die semi's oop speel . Ek is tevrede 
					met die LEEUS (welpies soos julle hulle noem) se spel peil, 
					hulle kan dalk net gelukkig raak 
					oor n paar naweke. Oor die gesoen storie.......al wat ek kan 
					se is dat dit was baie lank terug dat die 
					LEEUS as n span so vir mekaar en vir afrigter gespeel 
					het.Daar is nogal n baie goeie span gees 
					onder hulle.Nou maar ja, hoop ons sien julle dalk in  
					semi's.
					 
					Sterkte en geniet die week rus..
					 
						Posted by Maanhaar (Potch) on Monday, 
						August 21, 2006 - 13:00  | 
			
				| 
					NDB 
					Ek weet nie of ek dit gaan maak nie, as gevolg van my werk. 
					Maar daar is nie 'n manier hoe ek die Vrystaat game sal mis 
					nie.
					 
						Posted by Terry (Pretoria ) on 
						Monday, August 21, 2006 - 13:00  | 
			
				| 
					Maanhaar 
					Baie geluk met jou span, hoop net julle klop die WiePie ook.
					 
						Posted by Terry (Pretoria ) on 
						Monday, August 21, 2006 - 13:02  | 
			
				| 
					Hallo almal 
					Al julle bloggers wat op Brakpan was, dit was baie lekker om 
					julle almal te ontmoet en ek en spy 007 sien vreeslik uit na 
					die volgende games waar ons nog van julle kan ontmoet.
					 
					KB en BLOU MAMBA count me in vir die PUMAS game, ons sal 
					verseker daar wees!!!! 
					 
					NDB julle was 3 maal op die highlights!! Die vlag was ook so 
					2-3 te sien. Hoop ons gaan nog 'n paar nuwe mense ontmoet by 
					die Pumas game.
					 
					Ek is baie bly oor die Bulle se wen en net toe ek dink ek 
					het weer 'n stem, toe skreeu ek hom weg Vrydag aand!!! Enige 
					iets vir die BULLE! 
					 
					Julle moet nou ophou worry, ek het julle gesê van hieraf 
					vorentoe is dit net WEN WEN WEN tot by die CC FINAL!!!
					 
					Moet nou weer werk, sal so nou en dan inloer!!
					 
					MY BLOED IS POT POT BLOU VANDAG EN ALTYD!!!!
					 
						Posted by Lippies (Pretoria) on 
						Monday, August 21, 2006 - 13:04  | 
			
				| 
					Middag Manhaar, 
					Ja julle het verdien om die game te wen. Baie geluk. Die 
					guppies goed op hulle neuse laat kyk. Julle net my vrou 
					kwaad gemaak en toe moes ek dit ontgeld ("shark supporter). 
					Julle naels is stadig maar seker besig om weer skerp te word 
					en een van die dae kan ons julle weer Leeus instede van 
					Welpies noem of hoe?
					 
						Posted by BLOU MAMBA (Johannesburg) 
						on Monday, August 21, 2006 - 13:05  | 
			
				| 
					Dankie tog kennedy is terug. Dis hoogtyd dat ons alround 10 
					het.
					 
						Posted by min_gepla (Pretoria) on 
						Monday, August 21, 2006 - 13:08  | 
			
				| 
					Lippies, 
					Einde ten laaste. Ek het gedink jy het van die aardbol 
					verdwyn. Jammer ons het nie Vrydagaand tyd gehad om 
					behoorlik te gesels nie maar nou sal ek julle nie weer mis 
					nie. Ons het so tussendeur ontmoet terwyl daai twee ouens 
					mekaar so bietjie gevat het. Dis die dat ek maar agter spy 
					007 gestaan het.
					 
						Posted by BLOU MAMBA (Johannesburg) 
						on Monday, August 21, 2006 - 13:09  | 
			
				| 
					Ek wonder waar is ou Kat se Snor. Hy is maar stil na hulle 
					oorwinning oor die Guppies. Slaap seker nog sy "babbelas af.
					 
						Posted by BLOU MAMBA (Johannesburg) 
						on Monday, August 21, 2006 - 13:13  | 
			
				| 
					BLOU MAMBA 
					Ek het my Blou Bul trui aangehad en sulke BLINK blou hare op 
					my kop.
					 
					Seker so die 4e ry van bo af gestaan en nog my vlag geswaai.
					 
						Posted by NDB (Johannesburg) on 
						Monday, August 21, 2006 - 13:17  | 
			
				| 
					WELKOM LIPPIES 
					Julle was great met daai vlag! 
					Lekker gewees om julle en Hennie te ontmoet.
					 
					Ons het darem gegil vir daai klomp Bulle hoor!
					 
						Posted by NDB (Johannesburg) on 
						Monday, August 21, 2006 - 13:18  | 
			
				| 
					NDB, 
					Ek het julle gesien. Julle het reg by my verby geloop toe 
					julle by die hek ingestap het. As ek maar toe net geweet het 
					dit is julle. Ek het nog biltong by een van die verkopers 
					gekoop toe het my ou maat wat saam met my was gesê hy hou 
					van daai ou se blink blou hare. 
					 
						Posted by BLOU MAMBA (Johannesburg) 
						on Monday, August 21, 2006 - 13:21  | 
			
				| 
					BLOU MAMBA 
					Ja jong die klomp Brakpanners het darem slegte maniere, 
					gedra hulle soos 'n regte klomp tappets!! Ek is bly jy het 
					ons betyds gekry om darem kennis te maak, ons sal by die 
					Pumas game bietjie kuier en ordentlik ontmoet!
					 
					Ek is besig met ons maandeinde en kan net so kort kort 
					inloer.
					 
						Posted by Lippies (Pretoria) on 
						Monday, August 21, 2006 - 13:22  | 
			
				| 
					Blou Mamba, 
					Ek slaap nie nog my babalas af nie!!!!! Ek wil net nie Breg 
					oor ons oorwining nie!!!!
					 
					Ps. Geluk ook met julle oorwining @ Valke!!
					 
						Posted by Kat se Snor (Johannesburg) 
						on Monday, August 21, 2006 - 13:24  | 
			
				| 
					Baie geluk Maanhaar ek het so stilletjies duim vas gehou vir 
					julle, maar dit was net om ons kanse te verbeter. Ons sal 
					aan die einde van die reeks dankbaar wees vir wat die 
					Welpies reggekry het hulle moet net nog so paar ander ouens 
					se neuse in die grond vryf.
					 
						Posted by hennie (Pretoria) on 
						Monday, August 21, 2006 - 13:25  | 
			
				| 
					NDB 
					Volgende keer moet ons meer inligting gee oor waar ons 
					mekaar kry, wie iets spesifieks aan het waaraan die mense 
					ons kan uitken. 
					 
					Wat dink julle daarvan as ons almal sulke blou hare kry soos 
					NDB, as nog 'n ken teken van die BLOGGERS? 
					 
					NDB waar koop ons die blou hare?
					 
						Posted by Lippies (Pretoria) on 
						Monday, August 21, 2006 - 13:25  | 
			
				| 
					Die Bulle se o21's het verloor teen die Luiperds maar die 
					o19's het gewen. 
					Bly om te hoor ons sal darem 'n hele paar wees by die Pumas 
					wedstryd!
					 
					Ek sien Pedrie is op stand by vir die Bokke as gevolg van al 
					die beserings. Miskien kry Kuun dan uiteindelik sy beurt 
					 
						Posted by Koning Blou (Centurion) on 
						Monday, August 21, 2006 - 13:30  | 
			
				| 
					Die Bulle se o21's het verloor teen die Luiperds maar die 
					o19's het gewen. 
					Bly om te hoor ons sal darem 'n hele paar wees by die Pumas 
					wedstryd!
					 
					Ek sien Pedrie is op stand by vir die Bokke as gevolg van al 
					die beserings. Miskien kry Kuun dan uiteindelik sy beurt 
					 
						Posted by Koning Blou (Centurion) on 
						Monday, August 21, 2006 - 13:30  | 
			
				| 
					Maanhaar, 
					Ek sê mos ek het selfs vir die welpies geskreeu Saterdag - 
					wel saggies maar tog!!!! 
					Enige iets wat die Bulle bevoordeel op hierdie stadium dra 
					my goedkeuring en ondersteuning weg.
  
						Posted by Blou&blou (Pretoria) on 
						Monday, August 21, 2006 - 13:30  | 
			
				| 
					Maanhaar, 
					Baie geluk met ons oorwinning my maat!!!! Ons gaan nou al 
					ons games wen en dan skakel ons die bulle uit in die Semi - 
					Final of Final!!!!!!! "WATCH THIS SPACE"
					 
						Posted by Kat se Snor (Johannesburg) 
						on Monday, August 21, 2006 - 13:35  | 
			
				| 
					KSS, 
					Baie dankie. Het geweet ek sal jou aandag kry met die 
					babalas storie.
					 
						Posted by BLOU MAMBA (Johannesburg) 
						on Monday, August 21, 2006 - 13:36  | 
			
				| 
					Lippies 
					Man, ek het dit by van hierdie "partytie" winkels gekry. Die 
					wat al die toebehore verkoop, soos papierborde en 
					partytjiehoede ens.
					 
					Op Loftus is dit makliker,want die mense ken die stadion. 
					Die weg games is bietjie moeiliker...
					
					
  
						Posted by NDB (Johannesburg) on 
						Monday, August 21, 2006 - 13:39  | 
			
				| 
					Baie dankie BM, Ek waardeer jou belangstelling!!!  
						Posted by Kat se Snor (Johannesburg) 
						on Monday, August 21, 2006 - 13:40  | 
			
				| 
					Hi KB 
					Dit sal `n goeie dag wees wanneer Derick Kuun begin! Daai ou 
					speel uitstekende rugby, en dis tyd dat hy meer kanse begin 
					kry. Hy het die temprament vir dit!!
					 
						Posted by NDB (Johannesburg) on 
						Monday, August 21, 2006 - 13:45  | 
			
				| 
					NDB, 
					Ek stem, Derick K verdien beslis 'n kans om te begin. Hy is 
					'n baie hardwerkende speler en kan dalk net die teenvoeter 
					wees vir 'n ou soos Luke Watson wie weet.
					 
						Posted by BLOU MAMBA (Johannesburg) 
						on Monday, August 21, 2006 - 13:49  | 
			
				| 
					Ek verstaan ou Kobus vd Merwe was baie gelukkig met die spel 
					van die ou van Fiji. Sien hy het 2 driee gedruk.
					 
						Posted by BLOU MAMBA (Johannesburg) 
						on Monday, August 21, 2006 - 13:51  | 
			
				| 
					Sjoe maar die Sharks is omgekrap op hulle site!! Hulle 
					blameer die verloor op die feit dat hulle nie 'n skopper 
					gehad het nie - maar tog het die Leeus self 3 of 4 skoppe 
					gemis ........ En behalwe daarvoor was die Leeus 2 of 3 keer 
					op die Sharks se lyn en 'n millimeter te kort vir 'n drie!
					 
						Posted by Koning Blou (Centurion) on 
						Monday, August 21, 2006 - 13:52  | 
			
				| 
					Ja BLOU MAMBA, ek sien ook die ding van die Fidjiaan. Wag 
					totdat hy hom in Dries Scholtz vasloop, hy is op die eerste 
					vlug terug!
					 
						Posted by Koning Blou (Centurion) on 
						Monday, August 21, 2006 - 13:54  | 
			
				| 
					Amen koning 
					Dries sal hom wys hoe duik n boer
					 
						Posted by min_gepla (Pretoria) on 
						Monday, August 21, 2006 - 13:56  | 
			
				| 
					KB, 
					Ja, hy ken nog nie vir Dries nie. Dries sal hom behandel net 
					soos hy ou Bevin Fortuin behandel het. Ek glo nie hy sal 
					probeer om deur Dries te hardloop nie.
					 
						Posted by BLOU MAMBA (Johannesburg) 
						on Monday, August 21, 2006 - 13:56  | 
			
				| 
					KB, 
					Wanneer ons die Sharks weer aanvat moet ons hulle met 
					dieselfde agressie aanvat as wat die Leeus hulle mee 
					aangevat het. 
					 
						Posted by BLOU MAMBA (Johannesburg) 
						on Monday, August 21, 2006 - 14:01  | 
			
				| 
					Julle ouens skep nou `n prentjie wat my lekker laat smile!! 
					Ek hou nie daarvan dat oorsese spelers in ons Curriebeker 
					speel nie! Dit hou plaaslike talent uit! 
					 
						Posted by NDB (Johannesburg) on 
						Monday, August 21, 2006 - 14:02  | 
			
				| 
					Ek stem saam BM. Dit het vir ons gewerk teen die Cheetahs 
					ook. Daar is nie 'n span wat so fisies kan wees soos die 
					Bulle as hulle die dag ontplof nie!
					 
						Posted by Koning Blou (Centurion) on 
						Monday, August 21, 2006 - 14:04  | 
			
				| 
					KB, ek het op die ou end net die uurlange highlites van die 
					Sharks v Leeus gekyk. 
					Lyk vir my of die Leeus daai een verdien het?
					
  
						Posted by NDB (Johannesburg) on 
						Monday, August 21, 2006 - 14:05  | 
			
				| 
					Amen KB en BM. 
					Soos die wedstryd in die Super 14!
					 
						Posted by NDB (Johannesburg) on 
						Monday, August 21, 2006 - 14:06  | 
			
				| 
					Ek dink dat daar 'n reël moet wees vir oorsese spelers - 
					twee ekstra SWART spelers in ruil vir een ou van oorsee en 
					dit maak nie saak wat die ou van oorsee se velkleur is nie. 
					Ek stem saam dat dit 'n SA speler van sy plek ontneem EN ons 
					moet ons eie mense eerste plaas! 
					Wat sê julle ouens van so 'n reêlling?
					 
						Posted by Blou&blou (Pretoria) on 
						Monday, August 21, 2006 - 14:08  | 
			
				| 
					Kat se Snor 
					Nou praat jy......ons moet net voort bou op ons huidige spel 
					patroon dan kan ons dalk verras. 
					"We are red we are white we are dynamite"
  
						Posted by Maanhaar (Potch) on Monday, 
						August 21, 2006 - 14:09  | 
			
				| 
					KB & NDB, 
					Dink net as ons ouens soos Bands, Thiart terug kan hê vir 
					die SHARKS game. Wedstryd fiksheid mag dalk net 'n probleem 
					wees. 
					 
						Posted by BLOU MAMBA (Johannesburg) 
						on Monday, August 21, 2006 - 14:11  | 
			
				| 
					Maanhaar, 
					Kyk nou net hoe goeie site het ons Bul Bloggers. Ons bring 
					tot vir jou en Kat Se Snor bymekaar. Ons maak net vriende op 
					ons blog.
					 
						Posted by BLOU MAMBA (Johannesburg) 
						on Monday, August 21, 2006 - 14:15  | 
			
				| 
					Maanhaar, 
					So n bek moet Jam kry!!!! Almal praat van die leeus wat wen 
					en ons bevoordeel net die bulle maar ek dink ons gan hulle n 
					groot verrasing gee!!!! of hoe Blou Mamba????
  
						Posted by Kat se Snor (Johannesburg) 
						on Monday, August 21, 2006 - 14:16  | 
			
				| 
					KB & NDB 
					Wat dink julle van die nuwe T-shirt wat ek nou nou vir julle 
					gemail het?
					 
						Posted by Terry (Pretoria ) on 
						Monday, August 21, 2006 - 14:17  | 
			
				| 
					KSS, 
					Jong nou begin ek spyt kry dat ek jou wakker gemaak het. Nou 
					begin daai Welpie borsie swel. Kom eers by die semis my ou 
					maat dan praat ons weer. Kerfees kom net een keer 'n jaar.
					 
						Posted by BLOU MAMBA (Johannesburg) 
						on Monday, August 21, 2006 - 14:20  | 
			
				| 
					Blou Mamba.. 
					Ja,nie almal van julle is so "bad" nie. Ek het 3 swaers wat 
					die bulle ondersteun,so jy kan vir jouself die prentjie sien 
					as ons en julle teen mekaar speel !! Dis belangrik om nie 
					net n LEEU ondersteuner te wees nie maar ook n LEEU hart te 
					he. Ek vind dit ook baie intresant om elke ou se kommentaar 
					te sien na elke game.Ek sien darem dat julle ouens hier nie 
					vol verskonings is na n verloor soos my bo genoemde 3 swaers 
					nie. 
					Maar nou ja,ek gee gewoonlik nie soveel komplimente vir n 
					"bull" nie. STERKTE
					 
						Posted by Maanhaar (Potch) on Monday, 
						August 21, 2006 - 14:24  | 
			
				| 
					Terry 
					Ek sal graag ook die T-shirt wil sien maar ek het Vrydag 
					aand vir Bullebak my e-mail adres gegee ek sal hom maar vra 
					om dit deur te stuur vir my. Ek wil ook hoor of ons nie meer 
					van die T-shits kan bestel nie aangesien ek nog 2 Blou Bulle 
					by die huis het wat ook graag sal wil koop.
					 
						Posted by hennie (Pretoria) on 
						Monday, August 21, 2006 - 14:25  | 
			
				| 
					Blou Mamba, 
					Dit is maar groot woorde vir so klein outjie. Ek is nou nie 
					hier om met jou te stry of om n argument te begin nie. Al 
					wat ek se is dit help nie vir die bulle om groot bek te wees 
					nie want enige iets is moontlik. Ek gooi maar net die feite 
					van die lewe voor en ek se dit weereens "WATCH THIS SPACE"
					 
						Posted by Kat se Snor (Johannesburg) 
						on Monday, August 21, 2006 - 14:26  | 
			
				| 
					Terry 
					Ek het die email gekry, maar nie die attachment nie. Kan jy 
					weer vir my stuur?
					 
					KSS : Ek dink nie dit gaan gebeur nie, but STRANGER things 
					have happened. Ill come back to this space, and apologize as 
					dit gebeur. 
					Maar geniet die comeback, julle verdien die bragging rights!
					 
						Posted by NDB (Johannesburg) on 
						Monday, August 21, 2006 - 14:30  | 
			
				| 
					hennie 
					As ek julle e-mail addresse kan kry sal ek dit vir julle ook 
					stuur.
					 
						Posted by Terry (Pretoria ) on 
						Monday, August 21, 2006 - 14:30  | 
			
				| 
					NDB 
					Kyk of jy dit nou gekry het.
					 
						Posted by Terry (Pretoria ) on 
						Monday, August 21, 2006 - 14:31  | 
			
				| 
					Maanhaar 
					Enige verduideliking wat toe met die valke gebeur het, jy 
					was mos grootbek vrydag dat hulle ons gaan trap! Maar thanks 
					anyway vir die wen oor die sharks ons waardeer dit! Maar ek 
					is bevrees oor 2 weke gaan julle harde bene kou teen die 
					states!
					 
						Posted by NOORDE BUL (Polokwane) on 
						Monday, August 21, 2006 - 14:34  | 
			
				| 
					Noorde bul.. 
					Ek mag ook maar verkeerd wees,julle sou die LEEUS gewen het 
					of nie ? Ek vra maar net ? 
					En moet nie vir een oomblik dink omdat julle die "states" 
					vrees dat ons hoef terug te staan nie. 
					As daar een span is wat n "upset" kan veroorsaak is dit die 
					LEEUS,daarvan kan die bulle getuig.
					 
						Posted by Maanhaar (Potch) on Monday, 
						August 21, 2006 - 14:40  | 
			
				| 
					Baie dankie Maanhaar, 
					Ek stem 100% saam jou en ek dink jy het n goeie "Statement" 
					gemaak!!!
  
						Posted by Kat se Snor (Johannesburg) 
						on Monday, August 21, 2006 - 14:44  | 
			
				| 
					Maanhaar 
					Nee jy mag verkeerd wees, maar sommige supporters wat ek ken 
					sal net teen die bulle support for the hel of it! Daar is 
					eitnlik net 2 soorte supporters die wat regte bulle is en 
					die wat anti-bulle is! Kyk maar hoe het almal tekere gegaan 
					verlede jaar toe die states ons in die final gewen het! En 
					oor die states.....ek dink nie daar is enige ander span wat 
					die states rerig 'n go kan gee as die bulle nie - kyk maar 
					na die stats die afgelope paar jaar, 1 wen in weet nie 
					hoeveel games nie. En ons het hulle in beide die super 14 en 
					CC sover pak gegee! Julle moet nog eers die leer klim, gee 
					kans so oor 2 jaar sal dit beter gaan, wees geduldig!
					 
						Posted by NOORDE BUL (Polokwane) on 
						Monday, August 21, 2006 - 14:45  | 
			
				| 
					Nog nie die mail gekry nie Terry. 
					Maanhaar, van waar gehasie??
					 
						Posted by Koning Blou (Centurion) on 
						Monday, August 21, 2006 - 14:45  | 
			
				| 
					Terry 
					Kan jy die fotos en anderlike dinge ook mail asb 
					bloubulle15@yahoo.com 
					Almal wat iets te stuur het kan dit hierheen stuur. 
					Dit is 'n nuwe adres spesifiek geskep vir die bloggers
					 
						Posted by Blou&blou (Pretoria) on 
						Monday, August 21, 2006 - 14:50  | 
			
				| 
					Koning Blou 
					Ek het twee gestuur, die eerste een was 'n flop. Wag maar 
					net dit sal nou daar wees.
					 
						Posted by Terry (Pretoria ) on 
						Monday, August 21, 2006 - 14:51  | 
			
				| 
					Bulle.... 
					Ons is rustig en geduldig...dis julle wat alreeds die  
					beker gewen het alhoewel dit nog Augustus is. 
					Maar erken maar dat die "welpies" waarna julle so graag 
					verwys die beter rugby speel.En koning blou ek WEET dat ek n 
					beter rugby kenner as jy is!!!!!! 
					So vandaar gehasie !!!!!!!
					 
						Posted by Maanhaar (Potch) on Monday, 
						August 21, 2006 - 14:54  | 
			
				| 
					Ja ou Maanhaar, ek hoor jou!!
					 
						Posted by Koning Blou (Centurion) on 
						Monday, August 21, 2006 - 15:00  | 
			
				| 
					Twee oorwinnings in die seisoen en kyk hoe 
					windgat!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
					 
						Posted by Blou&blou (Pretoria) on 
						Monday, August 21, 2006 - 15:02  | 
			
				| 
					Blou&blou 
					Ek het vir jou alles gestuur, kyk maar of jy dit kry.
					 
						Posted by Terry (Pretoria ) on 
						Monday, August 21, 2006 - 15:05  | 
			
				| 
					Blou&blou LOL 
						Posted by NDB (Johannesburg) on 
						Monday, August 21, 2006 - 15:07  | 
			
				| 
					Blou & blou 
					Windgat is nie die woord nie my vriend......jy het nog niks 
					gesien nie.Soos my regte vriend KAT SE SNOR tereg gese het : 
					"watch this space"
					 
						Posted by Maanhaar (Potch) on Monday, 
						August 21, 2006 - 15:08  | 
			
				| 
					Ja ek wil net graag vir maanhaar en kss ook elke maandag 
					hier sien as hulle verloor het, want hulle kruip mos altyd 
					in hulle dieretuin (of is dit 'n sirkus)weg as hulle 
					verloor!
					 
						Posted by NOORDE BUL (Polokwane) on 
						Monday, August 21, 2006 - 15:09  | 
			
				| 
					Ons sal die raad van 'n ware rugby kenner soos jy volg en 
					hom dophou Maanhaar .......
					 
						Posted by Koning Blou (Centurion) on 
						Monday, August 21, 2006 - 15:09  | 
			
				| 
					Ons sal die raad van 'n ware rugby kenner soos jy volg en 
					hom dophou Maanhaar .......
					 
						Posted by Koning Blou (Centurion) on 
						Monday, August 21, 2006 - 15:09  | 
			
				| 
					Daar is 'n bietjie van 'n kru uitdrukking wat ek 'n bietjie 
					sal afwater as julle my sal toelaat (siende dat ek die ou is 
					wat die meeste kla oor die vuiltaal) 
					Maanhaar, 
					Dit is lekker om te toilettreer as jou maag vol is!!! 
					Geniet dit terwyl dit goed gaan met julle - hef aan lê voor.
					 
						Posted by Blou&blou (Pretoria) on 
						Monday, August 21, 2006 - 15:13  | 
			
				| 
					Die beste van alles is dat die sharks saterdag so vrot was 
					en amper nog steeds gewen het, en dieselfde geld die vorige 
					week toe ons onsself in die steek gelaat het! Die partytjie 
					gaan tot 'n hengse crash kom kss en maanhaar......MARK MY 
					WORDS!
					 
						Posted by NOORDE BUL (Polokwane) on 
						Monday, August 21, 2006 - 15:15  | 
			
				| 
					1 2 3 blog myself
					 
						Posted by min_gepla (Pretoria) on 
						Monday, August 21, 2006 - 15:15  | 
			
				| 
					Aag asseblief tog ou Noorde bul ????? 
					Anders as jy sal ons nie die Ref die skuld gee "as" ons 
					verloor nie.Ek dink dat die meeste van ons (LEEUS) is of was 
					regte groot sport manne en weet dus hoe om n verloor te 
					hanteer.En ons kan doen met al die bul mis wat op loftus le 
					hier in die diere tuin.
					 
						Posted by Maanhaar (Potch) on Monday, 
						August 21, 2006 - 15:16  | 
			
				| 
					Sjoe Maanhaar, groot sport man EN rugby kenner. Jou yster!!
					 
						Posted by Koning Blou (Centurion) on 
						Monday, August 21, 2006 - 15:18  | 
			
				| 
					Noordebul:  
					Ons sal elke maandag hier wees!!!! Ons is ten minste nie 
					bang om te erken as ons verloor het of sleg gespeel het nie. 
					Dit is meer as wat enige vlou bul kan se!!! 
					 
					Maanhaar:  
					Ek staan agter jou my vriend. Ons is ten minste nie bang vir 
					Vrystaat nie!!!!!! Ons is nou so op dreef ek dink die rugby 
					unie moet sommer weer n game reel tussen Leeus en die Vlou 
					bulle dat ons hulle net weer n punt kan bewys!!!!!
					 
						Posted by Kat se Snor (Johannesburg) 
						on Monday, August 21, 2006 - 15:19  | 
			
				| 
					Ja julle weet hoe om 'n verloor te hanteer oor dit al is wat 
					die afgelope weet nie hoeveel jaar nou al die geval is in 
					leeu rugby! Ja julle het nie eintlik enige mis nodig nie, 
					dit peul by julle monde uit soveel praat julle daarvan! 
					Anyway om terug te kom al die BULbloggers, sien Pote wil nou 
					meer 'n expansive game speel? Dink nog steeds die basics in 
					die voorspelerspel moet eers regkom!
					 
						Posted by NOORDE BUL (Polokwane) on 
						Monday, August 21, 2006 - 15:20  | 
			
				| 
					Tyd om op die Ben Schoeman te gaan sit en tyd mors!  
					Praat more weer met almal - lekker aand!!
					 
					ALTYD BLOU!!!!!!!!!!!!
					 
						Posted by Koning Blou (Centurion) on 
						Monday, August 21, 2006 - 15:24  | 
			
				| 
					Noorde bul 
					"EXPANSIVE" rugby ??? Liewers nie,speel liewers met daai 
					magtige bul voorye.
  
						Posted by Maanhaar (Potch) on Monday, 
						August 21, 2006 - 15:24  | 
			
				| 
					Maanhaar/kat se snor 
					Ek weet julle unie is so groot en great dat julle nie eers n 
					webwerf het nie. Ek meen tot die griekwas het een en hulle 
					is kleiner en speel beter rugby.
					 
					So as julle wil rugby praat is julle welkom maar as julle 
					nie wil sin maak nie gaan praat twak op keo
					 
						Posted by min_gepla (Pretoria) on 
						Monday, August 21, 2006 - 15:25  | 
			
				| 
					Baai KONING!!! 
					JOU YSTER!!!! 
					Sterkte, ek gaan oor so half uur tyd mors na die anderkan 
					toe!
					 
						Posted by NDB (Johannesburg) on 
						Monday, August 21, 2006 - 15:27  | 
			
				| 
					Min gepla 
					Ons het nie n web nie omrede bulle soos julle nie rugby 
					kenners is nie en net gemors praat soos jy dit huidiglik 
					doen!!
					 
						Posted by Kat se Snor (Johannesburg) 
						on Monday, August 21, 2006 - 15:28  | 
			
				| 
					Maanhaar / Kss 
					Hoekom gaan sit julle nie solank en maak 'n paar sharks die 
					duiwel in nie, dis die laaste keer wat julle die kans gaan 
					kry om julle te verlustig in 'n wen! En dan gaan julle 
					cheetah blog toe en begin solank verskonings soek hoekom 
					julle gaan verloor oor 2 weke!
					 
						Posted by NOORDE BUL (Polokwane) on 
						Monday, August 21, 2006 - 15:28  | 
			
				| 
					Komaan manne, 
					Bedaar, ons het nodig om mekaar gunste te bewys. Ons moet 
					mekaar nie nou aanvat nie, Kom ons kom eers saam daar dan 
					kan ons mekaar mos so bietjiet byt of hoe?
					 
						Posted by BLOU MAMBA (Johannesburg) 
						on Monday, August 21, 2006 - 15:29  | 
			
				| 
					min-gepla..... 
					MAANHAAR laat hom nie voorskryf nie,ek praat net waar en wat 
					ek wil. So doen liewers wat jou naam voorstel,want dit klink 
					soos n draad sitter.
					 
						Posted by Maanhaar (Potch) on Monday, 
						August 21, 2006 - 15:29  | 
			
				| 
					Kat se snor  
					as weer daaraan dink...Julle het nie n webwerf nie want daar 
					is nou juis veel om oor te praat nie
					 
						Posted by min_gepla (Pretoria) on 
						Monday, August 21, 2006 - 15:29  | 
			
				| 
					Cheers Koning Blou 
					 
						Posted by Terry (Pretoria ) on 
						Monday, August 21, 2006 - 15:32  | 
			
				| 
					Cheers Manne, 
					Dit was lekker om met almal te gesels vandag en ek glo ons 
					sal weer so maak more. Geniet die aand verder.
					 
					Min gepla: 
					Onthou nou om jou bloedruk pille te gaan drink want ek sal 
					dit regtig like as ons weer more kan gesels. 
					 
					Maanhaar: 
					Jy moet n lekker brul aand he!!!!!!
					 
					Cheers tot wedersiens!!!
					 
						Posted by Kat se Snor (Johannesburg) 
						on Monday, August 21, 2006 - 15:34  | 
			
				| 
					Kat se snor 
					Praat more
					 
						Posted by min_gepla (Pretoria) on 
						Monday, August 21, 2006 - 15:35  | 
			
				| 
					Hoor hoor min_gepla 
					Dit wil voorkom of die welpies na grashalms gryp en dink as 
					hulle na ons website kom sal ons dalk hulle prys...... of 
					wil hulle dalk ons join in die super 14 volgende jaar oor 
					hulle gaan vodacom cup speel! Ja boys dis swaar vir julle, 
					maar gaan tjank by die spears!
					 
						Posted by NOORDE BUL (Polokwane) on 
						Monday, August 21, 2006 - 15:36  | 
			
				| 
					Noorde bul 
					Nee wat,niks om jou oor te bekommer vir volgende jaar se 
					super 14 nie,alles is onder beheer.Ons besoek julle site om 
					sommige van julle net meer te leer van die spel !!!!
					 
						Posted by Maanhaar (Potch) on Monday, 
						August 21, 2006 - 15:41  | 
			
				| 
					Lekker aand almal. 
					Gesels weer more met julle!
					
  
						Posted by NDB (Johannesburg) on 
						Monday, August 21, 2006 - 15:42  | 
			
				| 
					maanhaar 
					Ek hou daarvan as iemand met hoself joke. Jy is welkom hier
					 
						Posted by min_gepla (Pretoria) on 
						Monday, August 21, 2006 - 15:43  | 
			
				| 
					Kat se Snor 
					Ry asseblief die Ben Schoeman om en gee vir Koning blou n 
					lift. Lekker slaap my vriend.
					 
						Posted by Maanhaar (Potch) on Monday, 
						August 21, 2006 - 15:45  | 
			
				| 
					Cheers al die bloggers en maanhaar..... 
					Uit die week vir werk en is die naweek in Petoorsdorp vir 
					die grote (of nie) op Loftus!
					 
					Mag die bok opstaan!
					
  
						Posted by NOORDE BUL (Polokwane) on 
						Monday, August 21, 2006 - 15:45  | 
			
				| 
					maanhaar  
					Wie is daai hakker van julle????
					 
						Posted by min_gepla (Pretoria) on 
						Monday, August 21, 2006 - 15:48  | 
			
				| 
					Nag bulle.. 
					Lekker gesels............en gaan nou loop.
					 
						Posted by Maanhaar (Potch) on Monday, 
						August 21, 2006 - 15:49  | 
			
				| 
					ETTIEN REYNEKE
					 
						Posted by Maanhaar (Potch) on Monday, 
						August 21, 2006 - 15:50  | 
			
				| 
					Min_gepla 
					Ettienne Reyneke het nou ook bo John Smit ingeskuif en Smit 
					is nou van die lys van top hakers af.
					 
						Posted by NOORDE BUL (Polokwane) on 
						Monday, August 21, 2006 - 15:52  | 
			
				| 
					Min gepla: 
					Praat jy dalk van Ettiene Ryneke??
					 
						Posted by Kat se Snor (Johannesburg) 
						on Monday, August 21, 2006 - 15:52  | 
			
				| 
					Web is bietjie stadig. sorry
					 
						Posted by Kat se Snor (Johannesburg) 
						on Monday, August 21, 2006 - 15:53  | 
			
				| 
					Noorde bul  
					Nou het jy net aan my bevestig dat jy niks van die game weet 
					nie.....
					 
						Posted by Maanhaar (Potch) on Monday, 
						August 21, 2006 - 15:55  | 
			
				| 
					As dit daai blodekop knaap is is dit die een. 
					Die ou speel. Ek is nogal opgewonde oor die jong talent reg 
					oor die land
  
						Posted by min_gepla (Pretoria) on 
						Monday, August 21, 2006 - 15:56  | 
			
				| 
					Ettiene Ryneke het saam my Rugby gespeel en was saam op 
					skool. Hy gaan nog baie ver kom met sy rugby. Garry botha 
					moet pasop!!!
					 
						Posted by Kat se Snor (Johannesburg) 
						on Monday, August 21, 2006 - 15:56  | 
			
				| 
					Hi Julle - die Web site is ge-update: 
					http://www.cs.up.ac.za/cs/hventer/bbb_home.htm 
					Het nog nie vandag weer verder gelees nie - te besig. MOet 
					ook nou alweer hol. Lekker aand vir julle!
					 
						Posted by Bullebak (Centurion) on 
						Monday, August 21, 2006 - 15:58  | 
			
				| 
					ok ouens ek is op lunch...praat later of more
					 
						Posted by min_gepla (Pretoria) on 
						Monday, August 21, 2006 - 15:58  | 
			
				| 
					Kat se Snor 
					Dit lyk vir my ons het die site oor geneem........
					 
						Posted by Maanhaar (Potch) on Monday, 
						August 21, 2006 - 16:01  | 
			
				| 
					Hallo Bullebak 
					Jy moet ons voorstelle vir T-shirts op jou side sit, dan kan 
					almal vote vir die mooiste een.
					 
						Posted by Terry (Pretoria ) on 
						Monday, August 21, 2006 - 16:06  | 
			
				| 
					Terry... 
					Is daar n LEEU op
					 
						Posted by Maanhaar (Potch) on Monday, 
						August 21, 2006 - 16:07  | 
			
				| 
					Maanhaar 
					Waarvan praat jy, jullle kan nie ons side oorneem nie. Al 
					wil jy hoe graag ook julle eie he.
					 
						Posted by Terry (Pretoria ) on 
						Monday, August 21, 2006 - 16:10  | 
			
				| 
					Toemaar Terry.... 
					Kyk net of lewe julle nog ,wil nie die blog he nie want hy's 
					blou !!!!!
					 
						Posted by Maanhaar (Potch) on Monday, 
						August 21, 2006 - 16:16  | 
			
				| 
					Maanhaar, 
					My ou maat, jy moet erken dis lekker om saam met ons op die 
					BLOU blog te gesels of hoe?
					 
						Posted by BLOU MAMBA (Johannesburg) 
						on Monday, August 21, 2006 - 16:18  | 
			
				| 
					Blou mamba 
					Ja,al is ek al ou wat sense praat......
					 
					Lekker slaap manne en bulle.
  
						Posted by Maanhaar (Potch) on Monday, 
						August 21, 2006 - 16:21  | 
			
				| 
					Maanhaar, 
					Praat weer môre.
					 
					Cheers vir eers 
					 
						Posted by BLOU MAMBA (Johannesburg) 
						on Monday, August 21, 2006 - 16:23  | 
			
				| 
					Maanhaar 
					Nee
					 
						Posted by Terry (Pretoria ) on 
						Monday, August 21, 2006 - 16:24  | 
			
				| 
					BLOU MAMBA  
					Het jy al ons voorstelle gesien?
					 
						Posted by Terry (Pretoria ) on 
						Monday, August 21, 2006 - 16:25  | 
			
				| 
					Terry, 
					Nee ek het nie. Ek soek 'n e-mail adres waar ek vir jou my 
					e-mail adres kan stuur.
					 
						Posted by BLOU MAMBA (Johannesburg) 
						on Monday, August 21, 2006 - 16:28  | 
			
				| 
					Gee my jou e-mail address dan stuur ek al die goed vir jou.
					 
						Posted by Terry (Pretoria ) on 
						Monday, August 21, 2006 - 16:38  | 
			
				| 
					Terry, 
					Wil nie my e-pos adres hier wys nie. Nou-Nou kry die ouens 
					wat dit nie moet hê dit in die hande. Enige ander 
					voorstelle. 
					 
						Posted by BLOU MAMBA (Johannesburg) 
						on Monday, August 21, 2006 - 16:46  | 
			
				| 
					BLOU MAMBA 
					Kyk maar op die voorige topics het ons ons e-mails op gesit.
					 
						Posted by Terry (Pretoria ) on 
						Monday, August 21, 2006 - 16:54  | 
			
				| 
					BLOU MAMBA 
					Gaan hierin en dan e-mail jy vir Bullebak, dan sal hy vir 
					jou alles stuur.
					 
					http://www.cs.up.ac.za/cs/hventer/contact.htm
					 
						Posted by Terry (Pretoria ) on 
						Monday, August 21, 2006 - 16:59  | 
			
				| 
					Ek dink die manne moet net by die gym uitkom hierweek. Dalk 
					is die afweek nie so 'n goeie ding nie.
					 
						Posted by boerbulll (alberton) on 
						Tuesday, August 22, 2006 - 08:21  |